'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Wednesday, June 1, 2011

Camino Stap dag 2 Hospital de Orbigo

Gisteraand het ek baie pret gehad hier binne in my sondige gemoed. Na die wonderlike ete, die eerste warm ete sedert laas Donderdag se pizza tuis, dink ek die wyn het n invloed gehad. Hulle gee ook n mampoer saam heel aan die einde. So raak ek en die Duitser in die kamer aan die gesels. Hy begin die gesprek deur te sê hy verstaan nie Engels nie. En ek haal my Standerd 7 Duits uit, en begin met hom in vlot Duits gesels. Dis nou in my ore vlot. Hierdie keybord maak my mal, niks werk nie uitroepteken.  So verskoon al die snaakse verskynsels. Ek vind toe uit hy is Herr Schmidt, en hy is verbaas om te hoor ek is ook Herr Schmidt... En so chat ons in Duits te lekker tot die slaap ons inhaal. .

Vanoggend, toe ek opstaan, was my bene verskriklik styf. Die klomp stappers is met so çn rumoer uit die herberg uit dat ek ook maar 7 uur in die pad geval het. Die eerste skof was 9.5 km gewees na die volgende dorp toe. Reguit pad, mooi teerpad, met landerye van koring en boontjies weerskante. Daar was selfs, liewe boerevriende, çn plaas wat omhein is met stainless steel paleª Ingeplant in sement. Later gesien dis çn regeringsnavorsingsplaas. Hoe lank sou daai pale bly staan het in Suid Afrika vraagteken.

Die blase onder my voete is nie lekker nie, stuur sulke steekpyne deur my lyf met elke tree. Na die eerste dorp is dit nog so 5 km na Hospital de Orbigo toe. Hier het die ridder Don Suero de Quenonnes, in die jaar 1434 of so iets çn toernooi van jousting gehou. Hy het oor çn tydperk van ñ maand 300 opponente op die brug uitgestof om so sy liefde aan sy meisie te bewys. Dit moes deksels seer gewees het om van jou perd af te val op daardie brug|

Ek het vandag net so 14 km gestap, met seer bene. Elke keer as ek stop, dan voel dit of my bene vasvries. Elke keer as ek weer aan die gang kom, lyk ek soos ñ ou oom in die Ouetehuis op pad na die krip toeª  Ek het weer by ñ lekker privaat Auberge uitgekom, en vir € 7 plek gekry. Vir die eerste keer in een slaapsaal met geslagte gemeng, so 24 beddens waar ons slaap.

Dadelik weer klere gewas, en mis regtig die Whirlpool by die huisª  Ek het vanoggend langs die pad çn stukkie brood geëeet, met ñ blikkie sardientjies saam. Ek is nou weer honger, en sal vanaand seker weer êrens graag çn pilgrims menu wil bykom.

More se dag bring weer twee keuses, 15 km langs die snelweg na Astorga toe, of 17 km scenic route. Sal seker maar weer die laaste een kies, maar ek dink ek lyk heel komies, ek waggel op die oomblik soos ñ pregnant duck waar ek gaan. More is nog plat, oormore begin die berge, çn mens klim vir die volgende 50 km, met ñ 700 m styging in die laaste 5 km na die Ysterkruis toe waar ek Marthinus se klip kan gooi.

So ja, ek bars, ek moan, ek vloek so bietjie. Maar dis deel van die reis.
Lesse vandag geleer: Jy kan self kies wat jy wil saamdra in die lewe, maar wat jy kies, moet jy draª
So pak lig, moenie onnodige bagasie in die lewe saamsleep nie. Is dit nie wat ek nodig gehad het om te hoor nie vraagteken.  Kan ek nou maar huis toe gaan vraagteken.  Vandag was moeilik, maar dis deel van die reis, alles is nie net maanskyn en rose nie, soms moet ñ mens gekonfronteer word met die uitdagings van die lewe. Gaan ek dit maak vraagteken. Gaan ek nie op die bus klim na Sarria toe, en net die laaste 100 doen en dan oorvlieg Ierland toe en by my skoonsussie hulle kuier nie vraagteken. As ek dit doen gaan my vrou my vermoor. So ek vat die pyn en leer die les.

Nou gaan ek kos soek, ek is besig om weg te kwynª.

ª is ñ uitroepteken.

No comments:

Post a Comment

En jy daar, wat sê jy?