'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Sunday, June 26, 2011

Camino de Santiago- Fotos deel 4- Dag 6 na Molinaseca

Dag 6 het ek vroeg begin by El Acebo, met die gedagte om dit net 'n rusdag te maak tot by Molinaseca. Ek was morsdood na die vorige dag, en dit was Sondag. Die hartseer is dat nie almal die Camino oorleef nie. Net buite El Acebo is 'n Duitse fietsryer deur 'n kar doodgery, en sy vriende het vir hom 'n standbeeld opgerig...



Ek het die afdraande aangepak, na Riego de Ambros toe, en by 'n bruggie uitgekom waar iemand blykbaar baie haastiger as ek was...




By hierdie brug was dit eers tyd vir 'n breuk...



Toe moes ek die volgende stuk na Molinaseca toe aandurf. Dis afdraande, maar baie mooi gebied wat 'n mens deurgaan. Ek het seker gemaak dehidrasie pak my nie weer nie, daarom het ek iets vir die niere saamgebring. Maar dit was swaar, en ek kry nie bier so vroeg in die oggend in my lyf in nie, toe los ek hom daar in 'n boomstomp vir die dors ou wat vanmiddag daar verby gaan kom.


Daar is my beroemde hoed, toe dit nog myne was... Hy is nog steeds besig met die Camino, daar êrens onder Santiago lughawe se aanloopbaan.  Ek kon dit nie glo nie, dat die John Briersley dag 24 van Rabanal tot Molenaseca gaan, 26.5 baie harde kilometers. Ek het dit in twee dae gedoen, en is nie skaam daaroor nie.

Molinaseca is 'n baie mooi dorpie...







Die stadsvaders het selfs in die rivier 'n heerlike swemplek gemaak vir die dorpsinwoners. Maar hierdie dag was net te koud om self gebruik te maak daarvan.




Net 'n vinnige daggie se fotos, ek moet amper gaan aansit by my eerste gesinsmaaltyd in vyf weke waar al my gunsteling mense saam is! Onthou, vandag is Vadersdag vir my...

No comments:

Post a Comment

En jy daar, wat sê jy?