'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Tuesday, June 28, 2011

Camino Fotos deel 7- dag 11 O Cebrero na Triacastellia

Dis eenvoudig 'n basiese beginsel van die lewe- jy kan nie vir altyd op die bergpieke bly nie. Soms werk jy baie hard om bo uit te kom, en soms is die uitsig van daar bo af baie mooi. Maar aan die anderkant van elke bergpiek is 'n afdraande, wat ook maar deel van die reis is. So moes ek van O Cebrero af die volgende dag- 22 kilometer na Triacastella toe. Ek het oor hierdie dag sommer 'n tweede keer geblog.

'n Mens begin die dag in plantasies, dit voel baie soos op die Oos Transvaalse staproetes vir so drie kilometer. Dan begin 'n mens alweer klim.




Ja, dit is 'n redelike klim tot hier! Daardie standbeeld vertel nogal baie van die afgelope twee dae se Camino- hier is hy om meer te kan geniet...


Soms is die lewenspad mos maar so, en die Camino versinnebeeld dit net beter vir ons- soms beur 'n mens maar teen die elemente, die natuur, en dikwels ook teen jouself, om vorentoe te beweeg.

Maar soos altyd is die uitsig ongelooflik, en dit maak die reis die moeite werd.


Soms het 'n mens weer deur klein dorpies gegaan, sommige van hulle maar baie vervalle...


Ja, kerkgeboue in Spanje het gewoonlik twee klokke, 'n grote en 'n kleintjie. Dan speel hulle dikwels nog deuntjies ook daarmee.

Net buite Triacastellia kry 'n mens hierdie pragtige boom. Ek dink dis 'n Kastaiingboom (Horse Chestnut) maar moet my nie te veel op hierdie diagnose vertrou nie...


Triacastellia beteken "Drie kastele". En daar was lank lank gelede wel drie kastele daar gewees, maar daar is niks daarvan oor nie.
Net 'n waarskuwingtjie vir dié wat baie van privaatheid hou- soms lyk dit soos hier waar jy oorbly. En 'n mens raak selfs dit gewoond. John Brierley sê dit so mooi in sy gids- die Pelgrim leer dankbaarheid aan, dankbaarheid vir enige sagte bed en warm bord kos wanneer jy dit in die hande kan kry.



En soms, as die begroting nie groot genoeg is nie, of 'n mens net uitgeëet is aan 'n Pelgrimsmenu, dan eet 'n mens snaakse goeters uit 'n blik uit- alles vir energie na 'n lang dag se stap. Hierdie was toe nie te sleg op brood saam met 'n lang bier nie, dit was toe botterboontjies, en iets soos varkpense?

2 comments:

  1. Afval in 'n blikkie - dis 'n eerste! Hoop dit het darem lekkerder as die katkos van een van die ander dae geproe!

    ReplyDelete
  2. Daardie "katkos" was darem seekat, maar ek dink ek het dit opgevoeter met my boereresep (ou familiegunsteling, pas uitgedink...) Enige iets is moontlik, so leer maar daai Spaans Emilene!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?