'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Sunday, December 25, 2011

Kersfees in die Schmidt huisgesin...

VAndag is daar nie baie woorde nie,  a picture is more worth than a thousand words...

Ouma Nell-Marie en Stephan


   
Ewald en Bernard   


Anja en haar tannie Liezel- die Rooi Brigade...


En nou kom Annelie by... 
En dan die foto wat die wêreld geskok het...

Die Boodskap van Kersfees is baie belangrik, die mense in ons lewens is BAIE belangrik, en dan is daar nog so 'n laaste ou ietsie wat die kinders vaagweg onthou...

Ons Kersfees is baie lekker vanjaar- hoop julle s'n is/was ook die moeite werd gewees!

Saturday, December 17, 2011

Wonderlike ervarings wanneer die vis wel byt...

Ekskuus, ek het bietjie lanklaas hier met julle gesels...

So op die Geloftedag het ek en my jongste twee weer die viswaters gaan aandurf!
Twee ervare vissermanne- let op die professionele opset, die netheid...
Ons het die ekspedisie deeglik beplan. Twee houers met erdwurms is aangeskaf, elkeen van hulle 'n vrywilliger wat hulle lewens wou gee vir die groter saak van die bevordering van die mensdom...

'n Paar keer het dit al gebeur dat ons absoluut niks vang nie. Maar nie vandag nie! O nee, vandag sou ons nie met leë hande huis toe gaan nie. Die eerste byt van die dag was epies.  Die poliesman het opgespring op klein Ewald se stok. Net soos op daardie groot hengelprogramme wat ons graag kyk op DSTV, storm my seun nader, en kap behendig die vis vas aan die hoek. 'n Epiese stryd tussen man en vis ontstaan. Dan neem die vis weer 'n lopie wat die lyn afrol van die katrol af, dan word die rem aangedraai, en weer met bultende spiere ingekatrol. Ek en Jongste dra maar koeldrankies aan, en vee die sweet af...  So dis hoekom mense so verslaaf aan hengel kan raak? Daardie oeroue stryd tussen die mens en sy kos...
Na wat soos 'n ewigheid gevoel het, is die vis uiteindelik ingebring tot in die hande van die trotse hengelaar. Ons moes natuurlik eers 'n foto vir die familie se trofeekamer neem, voordat die vis toegelaat is om sy lewe in die dam te gaan voortsit...



Vis nommer 1 in 'n lang tyd! Kurper?

Na die epiese worstelstryd het daar stilte neergedaal oor die waters... die natuur was in rou oor die reus wat geval het...
Maar na so 'n ruk keer die natuur mos maar altyd weer terug na sy gebaande weë- 'n nuwe ekwilibrium word gevind wanneer die sisteem so wreed versteur is. En kort voor lank gebeur dit weer- 'n volgende reus onder visse maak 'n klein berekeningsfoutjie.  Hy hap na die vrywillige erdwurm aan die hoek. Soms is die versoeking net te groot, al het jou ma jou dalk gewaarsku om nie jou mond aan enige ding te sit nie...

En na nog 'n titaniese stryd het vis nommer 2- 'n baars? die stryd verloor teen die kombinasie van man en Shimano...


Vis nommer twee- is dit 'n Swartbaars?
Nou ja, dis vir dae soos hierdie wat ons lewe. Twee pragtige fotos om teen die herinneringsmuur te sit, saam met die marlyne, leeus en olifante wat nog in die toekoms gejag gaan word...
Min dinge is so sleg soos om met leë hande terug te gaan huis toe. En tog is daar ook 'n groot stuk vrede in die "catch & release" beginsel, om hierdie reuse die geleentheid te gee om nog bietjie groter te word, en nog kampioen visse daar tussen die riete te gaan verwek...