'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Friday, June 24, 2011

Camino de Santiago- Fotos deel 2

Omdat Palomino gevra het, en ek vandag af het... Ek belowe ek gaan nie al 992 fotos plaas nie!


Vir Palomino, wat gevra het hoe lyk die hele kerkie. Jakobus staan daar links bo die deur.

'n Katedraal, meanwhile... baie, baie groter, soos hierdie fotos van Leon se katedraal: Verskoon fokus en foutjies, ek het nie my groot kamera en driepoot hier gehad om dit reg te doen nie! Geen kameraflits toegelaat in die katedraal nie...




 Is dit nou Doriese, Ioniese of Gotiese kolomme? Ek kan nie onthou nie. Maar die argitektuur van die Middeleeue is fassinerend- dit is wonderlik hoe hierdie kolomme daardie dak bo hou deur die eeue heen! Die akkoestiek is manjefiek, ek wens my gemeente se kerkgebou het sulke akkoestiek gehad! Hulle speel Taize tipe meditatiewe musiek in die katedraal, en dit voel baie heilig daar binne! Amper so heilig soos in 'n wonderlike natuurtoneel! :-)



Partykeer was dit selfs onder snelweë baie mooi! Die Spanjaarde is nie bang om 'n snelweg doer bo te bou nie! Hierdie een is nog laag, wag tot ons by Ruitelan kom!



Ek het die een dag geskryf oor David, van Barcelona, wat drie jaar gelede besluit het om weg te breek uit die ratrace, en net die pelgrims te dien wat hier verby loop.  Dis beskryf op dag 3, die skof tussen Hospital de Orbigo en Astorga, en hy is net voordat jy by San Justo de Vega kom. "Nothing is impossible..." Hy het verskillende tees en vrugtesappe, en water, en jy kan vat wat jy wil hê, en kies of jy 'n donasie wil los of nie. Ek hoor by Astorga se Albergue  dat hy somer en winter hier is, dis maar sy lewe...



Hierdie is Gaudi se weergawe van 'n katedraal uit die 1800's, bekende argitek van Spanje, en dit is glo Neo-Goties. Nie almal hou daarvan wat argitektuur ken nie, dit was vir my baie mooi. Dit is deesdae 'n Pelgrimsmuseum, reg langs die klassieke katedraal van Astorga.


'n Syaansig van die klassieke katedraal van Astorga. Jammer, met 'n kompakte kamera kry 'n mens net nie alles altyd in nie!


'n Stukkie van die Camino net buite Astorga, en hierdie tel as 'n slegte teerpad in Spanje...

1 comment:

  1. Ek wil ook gaan! Ek wil regtig! En dankie, jy kan maar NOG foto's opsit. dis SO mooi!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?