'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Wednesday, February 19, 2014

Valentynsbal 2014

Gisteraand het die Hoƫrskool hulle jaarlikse Valentynsbal gehou. Vrydagaand die 14e sou nie gewerk het nie, want daar was 'n groot atletiekbyeenkoms.

Die Valentynsbal begin nou al amper 'n klein matriekafskeid hier by ons raak. Dit maak regtig saak wie jy vra, en hoe julle aantrek.

Ouboet het op Valentynsdag die eerste keer in sy lewe, in matriek, 'n meisie gevra om met hom uit te gaan. Ek het nie 'n idee wat die jongmense dit deesdae presies noem nie!

Vir gisteraand se Bal kon Ousus die Fotograaf nie in die middel van 'n akademiese week huis toe kom nie, daarom moes ek maar die fotos neem. Hier is net twee van die 90 wat ek geneem het. En ja, ek is baie in my skik met my seun se goeie keuse, sy is baie oulik!