'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Friday, June 24, 2011

Enkele Spaanse Fotos vir dié wat gevra het... Deel 1.

Caminofotos vir die wat die reeks gevolg het oor my Camino. Dié wat nie daarvan hou nie, beweeg net aan na die volgende ou se blog toe.



Airbus se nuwe A 380 en die koets na my droom toe. Baie groot, baie luuks, baie lekker vliegtuig.


Die Prado Museum in Madrid, waar pragtige kunswerke bly.


Spanish Train, die een gaan Leon toe.


Die katedraal in Leon, waar my reis begin het- BAIE nat dag!




'n Deur in Leon- ek wonder altyd wat gaan agter deure aan?


Een van honderde Pelgrimstandbeelde langs die pad.


Net buite Leon kry 'n mens hierdie Tellytubbie tipe huisies. Dit is tradisioneel, weet nie of iemand nog so bly nie. Dit behoort egter nogal 'n verskil te maak in die winter met sy sneeu. Ek dink die somer kan baie ongemaklik wees, en die uitsig is glo ook nie so lekker nie...


By La Virgen del Camino wys 'n moderne Jakobus (staan tussen die ander apostels buite op die kerk) die Pad aan met sy hand- sien ook die "Scallop Shell" op sy hand- die embleem van die Camino.


As 'n mens in St Jean begin stap het, het jy by Leon al 500 km geloop. Genoeg om lekker gatvol vir jou stapskoene te wees! Hierdie gesig, van heel skoene langs die pad, sou nog dikwels plaasvind, en my eie duur stewels kan hulleself gelukkig ag dat hulle nie nou in die Atlantiese oseaan swem nie.


'n Tipiese Pelgrimsete- eerste gereg- groentesop met 'n baie klein verdwaalde stukkie vark êrens, vind hom en wen 'n Datsun! So twee glase rooiwyn en 'n bietjie Spaanse brood is ook deel van die pakket. (Dit kos gewoonlik so 9 Euro)


Die hoofgereg- huil in jou hande, Australian Masterchef! Dit sal nie in enige goeie restaurant deurgegaan het as goed voorberei nie. Gaar, maar smaakloos. En daai tjippies- misdadig. Maar dit is goedkoper as om normaalweg te gaan uiteet, en 'n mens het elke kilojoule nodig wat jy kan kry. Dis nog dieselfde brood en wyn.  En Poeding- dink maar aan 'n Flamby in 'n bordjie- dis gewoonlik een van die keuses, hulle noem dit Flan.


Ontbyt on the go- brood en blikkie sardientjies, goed vir 'n lekker sooibrand. Waar is die Eno's as jy dit nodig het?


Prediker 3 sê daar is 'n tyd om bymekaar te maak, en 'n tyd om te laat gaan. Die bekertjie is by 'n China shop gekoop. Maar hy het so gekeklankeklank buite my rugsak, dat hy my woes geirriteer het. Die sjokelade was toe al die tyd baksjokelade, en vreksleg vir gewone eet. Albei is daar op die muurtjie agter gelos vir die volgende persoon wat verby kom en dit nodig het. Ek hoop die tannies van die plaas kon lekker koek bak vir hulle kiddies met hierdie sjokelade!



Op hierdie brug by Hospital de Orbigo het een van die vreemdste liefdesverklarings ooit plaasgevind. Don Suero de Quinones het in 1434 'n "Jousting" toernooi gereël vir die ridders van sy tyd, op hierdie brug. Hyself het belowe om 300 lanse te breek vir die liefde van sy lewe. Ek sou nie graag in 'n blik-suit van 'n perd af wou val op hierdie brug nie! En om oor te val- verseker verdrinking!

No comments:

Post a Comment

En jy daar, wat sê jy?