'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Wednesday, November 28, 2012

Kos vir my geliefde...


Annelie het haar Ma by haar huis gaan aflaai, en Maandagmiddag teruggekom. 
Ek wou nou nie graag hĂȘ dat sy na 'n lang dag honger by die huis aankom, en dan moet kosmaak nie. Soms is dit net nodig om vir 'n vrou te wys hoeveel sy waardeer word, en so het ek besluit om dit 'n feesgeleentheid te maak. Met 'n lekker bottel Bubbly om 'n punt te maak- ons moet ook die klein dingetjies in die lewe vier, soms net die ander een se teenwoordigheid in ons lewe is mos genoeg rede...

Ek is nou nie Masterchef gehalte nie, nie eers naastenby nie. Maar ek kan darem met liefde 'n pakkie macaroni kook, maaklvleis met gemengde groente en 'n Pakkie Pasta & Sauce voorberei, en dit keurig in 'n pot gooi. Glipsie- ek vat toe mis in die rak en vat die Tamato & Chilli pakkie raak, en Mevrou hou nie so baie van brandgoeters nie. Maar met die gemengde groente saam was dit darem hanteerbaar... 

Stephan het die tafel mooi gedek vir sy ma (nie sleg vir 'n 12 jarige seun nie...!) 


Die resultaat? Een gelukkige moeder in ons huis!