'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Friday, June 10, 2011

Dag 11- Deel 2- Triacastela

Sedert ek vroeër vandag met julle gesels het, het daar al weer baie water in die see gevloei. EK moes nog 7 km loop tot in Triacastela. Dit was ´n baie lang loop, want die gids wat ek het, is nie lekker op hierdie gedeelte nie. Hy het net gesê van pumt X tot by Triacastela is 12 km. Daar was vier dorpies tussenin. En ´n mens het net nie ´n idee gehad hoe ver nog nie. Die afdraande maak ook baie seer op die voete en enkels. So vandag was 22 km waarvan ten minste 19 woes afdraande was, en so 3 baie uitpittende klimme.

Maar dit is verskriklik mooi omgewing, wens ek kon fotos oplaai.
Die roete is besig om baie vol te raak. Ek was ook bang vir weer so ´n ervaring. DIe Confraternity se gids sê Albergue Oribio in Triacastella is baie lekker, en langs ´n vriendelike supermark. Ek is baie stadig, en daar is verskriklik baie veral Duitse toergroepe, wat hulle mense se rugsakke aanry vir hulle. So wat is die kans.

Triacastela is ook nie te groot plek nie. En as jy inkom van die berg af, is die eerste een wat jy sien, DAAI munisipale Refugio. Ek stap verby, met voete wat voel of ek op kole loop. Ek volg ´n Japanese pa en seun, tot by die Albergue. Die ouma wat daar by die deur staan, hou dadelik van my mooi oop gesiggie. Haar dogter agter die toonbank sien seker ek lyk soos die Kinderbybelduiwel. ´n Woeste argument ontstaan tussen hulle- is daar nou plek of is daar nou nie. Ouma wen. Haar dogter laat Kinderbybelduiwel toe.

Die kamers is pragtig, gemeet teen gisteraand se oorvol standaarde. Ek deel alweer die kamer met ´n klom`p jong Duitse dames, en die Japanese pa en seun. Niemand verstaan my alweer vanaand nie.
Maar die supermark is toe vriendelik! Onthou ALLES in Spanje maak tussen 2 en 5 toe, dis die tyd wat gerus word en klein Spanjaardjies gemaak word, daar word nie gewerk nie! Maar die dame in die Supermark sien my daar rondtrippel, en maak vir my oop. EN dit is die wonder van grootmaat koop. ´n Blikkie Coke, waarna ek al vir ure smag, kos amper € 1.  2 Liter Coke kos €1.40. En ´n groot pak Lays kos E1.  Raai wie hou nou ´n partytjie op sy eie- wens my kiddies kon daarin deel!

EK het nog nie vir julel gesê nie, eergisteraand het ek toe ook die slagoffer van die berugte Camino Bedbugs geword. Ek skat daar is oor 100 byte op my hele lyf, daarom het ek ook so gejeuk gisteraand dat ek nie kon aan die slaap raak nie.

Ek is so dankbaar vir ´n ordentlike bed vanaand. EK sal seker vanaand weer inloer. Mooi bly, tyd vir stort, ek vrot! Daarna Siesta, terwyl ek nou nie klein Spanjaardjies mag help maak nie...

2 comments:

  1. As ek so na jou luister dink ek dit gaan 'n goeie idee wees om maar te begin opspaar vir gastehuise!!

    ReplyDelete
  2. Nee wat, pasop net vir die Xunta s´n, maar dis ook deel van die ervaring... Leer net BAIE Spaans terwyl jy nog tyd het!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?