'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Monday, May 23, 2011

Camino de Santiago- D-Dag minus 4 dae en 06 ure!

Nou is die reis besig om ernstig 'n realiteit te word. Ek is besig om alles bymekaar uit te pak en alles te heroorweeg. Die rugsak, moonbag, fleecetop en die hemde kry Anja se Camino Embleem op op die oomblik.

  • Paspoort en visum is gereed.  Pelgrimspaspoort met Credential is reg.
  •  Toerusting is gereed: rugsak (K-Way Alpine 55) , slaapsak (First Ascent Travelite en opblaaskussing, en 'n paslaken) , stapskoene (Wolverine Fortis) en reënklere (K-Way reënbaadjie en broek, en kamaste) is uitgesorteer. Een paar fake Crocs. Een lekker boshoed.
  • Klere is reg- maar ek dink ek vat te veel saam: Een aanzip reis-langbroek met reishemp, van First Accent. Twee First Ascent Aqua stapbroeke, en een gewone FA stapbroek. Drie Dri-sport hemde van Mr Price Sport. Een K-Way Fleece top. Een liggewig sweetpakbroek. Vier pare Timberland stapkouse. Een "large" moonbag vir die reisgidsie en beursie.
  • Medisyne is gereed: anti-naar, anti- diaree, anti-biotika, merchurochrome en watte, pleisters by dosyne, anti- histamiene.Sonbrandolie en voetpoeier.
  •  Was by die tandarts, en die dokter, om seker te maak alles loop reg. Gaan netnou haarkapper toe vir 'n nommer 2 sny, ek wil nie sukkel met hare nie!
  • Buitelandse valuta is nog 'n probleem, daar is nog geen! Ek wou Vrydag 'n paar Euros koop, met my paspoort en visum in die hand. Nee, hulle soek die vliegkaartjie ook, en 'n bewys waar ek bly. Nou sal ek maar in die laaste minute op Jan Tambo vlughawe moet ruil.
  • Moet nog tou en wasgoedpennetjies inpak- sal seker daai kant eers seep koop. 
  • Moet nog badkamersakkie inpak, en klein botteltjies kry vir die shampoo. Klein buisie tandepaste koop. Tandeborsel se handvatsel afsaag... nee wag, dalk nie. First Ascent sport handdoekie.
  • Bord en Swiss Army Knife (onthou- rugsak, nie handbagasie nie!) en 'n SPORK. 
  • Petzl koplampie. Notaboekie en pen. 
  • Stapstok- my getroue Bushbaby wat ek 4 jaar gelede by Shoprite gekoop het vir R99, werk baie lekker. Waterbottel- 2 l. 
Ek dink dit is dit. Nou besig om verwoed in die gemeente rond te hardloop om 'n klompie siekes te besoek, en seker te maak my projekte gaan loop. Twee weke na my terugkeer vat ek ons belydenisklas weer vir vyf dae Drakensberge toe. Dié jaar behoort ek fiks te wees!

Ek lees verwoed blogs en websites oor die Camino, maar ek dink dit is nou tyd om te begin ontspan, en te vat soos dit kom. Deel van die oefening is tog juis om nie altyd in beheer te wil wees wat in my lewe gaan gebeur nie, sodat ek verras kan wees met die uitkoms.  Ek het wel die eerste twee aande in Madrid, en ook die laaste aand voor ek terugvlieg, goedkoop dog (hopelik!) netjiese hotelle bespreek. 25 en 30 Euro per nag is seker nie te sleg nie, en veral as ek terugkom van die Camino se auberges af gaan die enkelkamer met 'n stort, tv en warm water soos 'n paleis voel.

Die horlosie tik genadeloos vinnig af...

3 comments:

  1. Jy het alles in jou lysie behalwe die belangrikste. Waar´s die kamera, ek wil sien wat jy sien. O, en nog ´n baie belangrike ding, ek belowe jou, jy sal dit so nodig hê. `n Klein 10ml botteltjie teatree oil. Dis vir alle bakteriele goggas brood nodig. Swamme op die voete, uitslag op die vel, keelseer & vrot asem(2 druppels in warm water gorrel)Sweet uitslag, ontsteking in seertjies, insekbyte, koorsblare en die belangrikste....die stink reuk van sweet verwyder jy as jy so bietjie skoon onder jou arms aansmeer. Wanneer klim jy????

    ReplyDelete
  2. Jinne ek's seker jy's al verskriklik opgewonde! Stem saam dat die kamera amper eerste op die lysie moet wees :-) (Vir een of ander rede het ek ook altyd 'n klein naald en gare saamgevat)

    ReplyDelete
  3. Nie opgesit nie! Soos julle my leer ken, dis altyd nommer 1. Ek het spesiaal 'n Canon Powershot D10 gekoop vir die reis! Hy is so sturdy soos 'n Casio G Shock horlosie, kan van 1.5 m af maar val en behoort niks oor te kom nie. 'n Mens kan 10 m met hom duik. Ek het ook 2 memory kaarte, en 3 batterye vir hom. Ek het ook 'n Canon 350D, met baie lense en goeie flash- maar die gewig is te veel, en die kamera het al voorheen seergekry op 'n bike-trip. Ek het al 2 cheapies gehad ook in klein digitale formaat, hulle kon nie die punch vat nie. So ja, die D10 gaan net na die paspoort ingepak word!
    Baie dankie vir die teatree olie tip- nog nie daarvan gehoor nie, maar dit klink of ek dom sal wees om dit nie te vat nie... Klim Vrydag 27Mei om 18h00, as die vulkaan ons net gaan uitlos!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?