'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Saturday, May 14, 2011

Camino de Santiago- D-Dag minus 12 dae 23 uur...

Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd nou aftik na daardie op die vliegtuig klim nie. Ek worstel deesdae nogal met baie emosies rondom die reis. Party dae gaan dit regtig rof by die gemeente. Daar is so baie mense wat my dringende aandag nodig het, en projekte wat klaar gereël moet word. Verder begin ek baie skuldig voel oor ek my huisgesin so lank alleen gaan los (alhoewel ek steeds glo  vir die eerste week sing hulle elke aand :Happy Days are here again..." )

Ek raak verder baie bekommerd oor die fiksheid. Ek het eergister 10 km met 10 kg rugsak gestap. En altwee die nommer 4 tone het verskriklike blase gekry met die afdraende terug in die dorp in. Een se vel het self afgeval en voel heel rou. Ek was ook vir twee dae baie styf- ek het netnou weer 8 km gaan stap, en voel nou effens losser.

My nuwe CAminovriendin, Emilene, het my weer verwys na die Camino forum. Ek het verlede jaar al daar aangesluit, maar kan nie onthou onder watter naam en epos adres ek dit gedoen het nie. Deesdae doen ek dit sommer onder my eie naam, almal mag maar weet dat ek die Camino gaan stap.
As jy hierdie lees om self voor te berei vir die Camino- die webwerf is : http://www.caminodesantiago.me/

Ek het vanaand twee dinge op die hart wat ek uit hierdie forum geleer het:
  1.  Dit is doodnormaal om te twyfel kort voor die reis. Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid nie, die gedagte is nie om plagiaat te pleeg nie, maar die dinge wat ek leer met julle te deel. 

Is it normal to have Second thoughts?


The question was:
I have been planning my first Camino (Frances) this summer, but just recently am having second thoughts and thinking maybe I need some encouragement. It’s not any one thing, but several recent factors, including physical ability and finances.
Marcella Baglione, 1 month ago
shortly before i left for the camino, i had anxiety attacks and couldn’t sleep. what was i thinking? i can’t do this! i’ll get lost. i’ll run out of money. i don’t even exercise! wahhh!!!
it was THE BEST experience of my life. go. it’s supposed to be a little scary. all the best things in life are =)


Marcella se woorde tref my en inspireer my weer- dit was vir haar die beste ervaring, en dit is veronderstel om bietjie Scary te wees. As dit te maklik was, is dit mos nie een van die beste ervarings in die lewe, waardig van Bucket List status nie. 

2. Dit is die reis wat regtig saakmaak, moenie te veel van die eindpunt verwag nie.

Baie mense het in die forum geskrywe dat die aankoms by die katerdraal in Santiago de Campostelo amper 'n antiklimaks was. Ja, dit klink of die priesters wel jou naam en land van herkoms uitlees. Jy gebruik dalk die pelgrimsnagmaal twaalfuur die middag. En dan skielik is dit verby. Daar was toe nie skares wat jou ingewag het en jou naam geroep het soos by die Argus of Comrades se eindpunt nie.  Die einde van die Camino daag skielik op na dae, weke se hardepad. En vir party voel dit amper leeg- miskien moes daar 'n trompetgeskal uit die hemel uit gewees het, maar die engele was elders besig.

Baie mense hou dan aan na Finisterre toe, die mees westerlike punt van Spanje (Europa?) waar die Romeine geglo het die einde van die wêreld is. Heelwat mense het groter ervarings van die voltooing van die reis daar ervaar, by die Atlantiese oseaan se golwende branders. Ek wil dit ook vreeslik graag beleef- sulke plekke is altyd vir my kosbaar om te besoek, al was my enigste ervaring daarvan die twee kere wat ek al by Kaap Agulhus was. +

Ek het netnou my rugsak gepak soos vir die reis. Ek dink hy is 'n bietjie te swaar. Ek sal nog moet oplees oor wat om te los. Hierdie hele pelgrimsreis wil juis vir my leer om met minder klaar te kom. Minder tyd te mors om vir elke moontlike gebeurlikheid te beplan. Meer vrede te maak met die vreugdes van elke dag se bestaan. Meer afhanklik raak, van die Here se voorsiening en mense se goedheid langs die pad. Minder bekommerd wees oor oormore se moeilikheid wat kom, meer bewus wees van vandag se vreugdes. Vandag se vreemdelinge wat my lewenspad kruis en dit verryk met hulle teenwoordigheid.

So ja, twaalf dae voor die tyd lei ek aan ernstige twyfel, en dit voel baie onwerklik.  Ek is bly dit is normaal. Ek is ook bly om gewaarsku te wees dat die heiliges en engele nie juis baie fanfare gaan aanhef net oordat ek die reis aanpak en hopelik voltooi nie. Die grootste reis is die een in myself, sodat ek meer vir my gesin en gemeente kan beteken.  Niemand hoef die vrug van die reis te meet nie, solank ek onthou...

1 comment:

  1. “Is it normal to have second thoughts?”
    Fortunately the right answer to this question is : “Yes, but do the Camino anyway!”
    Do your own Camino. Walk your own speed and distance. There are plenty of possibilities to stop on the way. The Camino is not a competition or a race!!!!
    On your way you may also feel this regret, but do not let it stop you from continuing. Remember to have your days of rest, and this may be the right time for it. Take a day off just to enjoy the local area, before you continue.

    Maybe you will regret going, but I doubt it. If however, you do not go, you are sure to regret it for the rest of your life.
    Also remember the saying that did comfort many of us:”No pain,no gain!”

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?