'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Wednesday, May 25, 2011

Camino de Santiago- D- Dag minus 2 dae 10 ure- steeds vulkane

Die afgelope paar ure het ek met belangstelling my oë op Ysland gerig, waar ene Grimsvötn probeer om my vlug Spanje toe te steel. Die nuus op die oomblik lyk darem meer gerusstellend- die vulkaniese as word oor die noordelike deel van Skotland en boontoe gevoer deur die lugstrome.


Gisteraand se skets op CNN se website is ook baie meer gerusstellend, die wind sal darem woes suidwaarts moet draai om Spanje te beïnvloed.  Intussen tik die horlosie stadig maar seker af- vandag ek bespreek het en dit nog 200 dae was, het dit afgekom na "oormore" toe.

Ek het gisteraand my rugsak, polar fleece en moonbag teruggekry met die embleem van hierdie ekspedisie opgewerk, dit lyk pragtig, dankie Anja, Ronel en Neeltje- ek gaan dit met trots dra! Dié wat nie onthou nie, so lyk Anja se ontwerp:

Vandag gaan baie besig wees. Ek sou die Interkerklike biduur sewe-uur gelei het, maar niemand het opgedaag nie- iemand se dagboek êrens was deurmekaar. Toe kry ek kans om gou-gou hierdie neer te pen.  Ek moet nog heelwat mense sien voor my verlof more begin.  Mooi dag daar by jou!

4 comments:

  1. Geniet dit! Gaan baie lekker wees, ek is seker. Drink baie wyn en eet baie ham!

    ReplyDelete
  2. Die Duitse lughawens was vandag vir 'n ruk toe, maar die BBC sê so pas dat alle Duitse lughawens weer oopgestel is vir lugverkeer. Hoe dit my raak- ek vlieg met Lufthansa via Frankfurt Madrid toe.

    ReplyDelete
  3. Ewald - het nou oor en oor van mense gehoor wat reeds geloop het: koop sommer dadelik vir jou 'COMPEED' by die eerste apteek wat jy kry in Spanje. Dit kom in verskillende vorme en is blykbaar uitstekend vir blase op die voete.

    Voorspoed met die voorbereidings en die senuwees! Ek dink jy moet nou net rustig wees - dit is wat dit is van hier af!

    Buen camino!

    ReplyDelete
  4. Dankie Emilene, ek raak nou excited!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?