'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Friday, June 17, 2011

Dag 18= Arca du Piñho na Santiago de Campostelo

En so breek die laaste deel van enige reis ook uiteindelik aan. Ek moet bieg dat dit klein bietjie langer gevat het van Leon af as wat ek gedink het. My liggaam het so bietjie meer ingegee as wat ek wou, my voete het my redelik baie meer moeilikheid gegee as wat ek kon beplan.


EK het gistermiddag maar weer op ñ pelgrimsmenu besluit. My liggaam het dit uitgeskree vir iets anders. So julle wat my goed ken, sal dit nie glo nie. My eerste gereg was ñ gemengde slaai. Tweede gereg was ñ vleis lasagne, want ñ mens kan ook net soveel vegetaries wees, met ñ vla vir nagereg. Voor ons verder gaan, hierdie is alweer een van daai baie weird keyboards, waarop niks soos in Suid Afrika werk nie, baie frustrerend.

EK het vanoggend sesuur opgestaan, om halfsewe in die pad te val, met die doel om die pelgrimsmis by die katedraal van Santiago om 12 uur by te woon. En die wegspring was fantasties, dit was so mooi met die straatligte in Arca of Pedrosa wat nog brand, met die baie donker koningsblou van die lug voor die son opkom. Die eerste gedeelte van die oggend was ook prentjiemooi in ñ bos, in die skemer. Met tientalle pelgrims rondom my in die skemer, almal haastig op pad Santiago toe.  EK het skaars drie of vier kilometer geloop, toe is daar ñ brug onderdeur die pad, met ñ baie mooi koffieshop net daar anderkant. Ook vandag het ek twee stempels in my Pelgrimspaspoort nodig gehad, en het hier my eerste een gekry. Vinnig ñ koffie gedrink, en toe: tragedie ª. My getroue hoed, waar ek self nog ñ Suid Afrikaanse vlag aan vasgewerk het met naald en garing, het ek daar vergeet, hy hang seker nou nog oor die stoel se rand. Dit was bewolk, met reën plek plek, en ek het eers agtergekom ek is hoedloos na çn stewige drie kilometer se klim. Dit is tot agter Santiago Internasionale lughawe se aanloopbaan, die enigste lughawe in die wêreld wat na çn stroom vernoem is waar pelgrims hulle skrotums gewas het voor hulle die heilige stad betree: Lavacolla lughawe.

Ek het nie kans gesien vir ñ verdere ses km by die dag nie, en het maar aanhou stap, met çn traan in my oog.
Van die lughawe af was die roete net nie meer pret nie. DIé wat beplan om die Camino te stap, wees hierop voorbereid. Dit is verder as wat die gidse sê. Die kilometer padtekens hou skielik by die lughawe op by die 13 km bordjie, wat die redelike mens laat vermoed dat dit nog 13 km tot by die katedraal is.
Dan begin die paadjie kronkel deur klomp woongebiede heen. Daar is heelwat opdraandes op die laaste dag, wees daarop voorbereid.

So ses kilometer voor die einde kom ñ mens by çn vreeslike plek uit, net so verby Gallicea televisie se geboue. Die plek se naam is San Marcos, en êrens in çn heilige jaar in die 1990 s het die owerhede dit goed gedink om hier ñ reuse pelgrimsmonument te bou,  baie abstrak, so dat ek dit ook nie verstaan nie. Daar is ñ reuse munisipale refugio, met oor die 500 beddens, ñ amfiteater, en soos die gidse spot= die Pelgrimsweergawe van Disneyworld kom seker ook nog eendag hier.
Net verby San Marcos is çn baie steil afdraande. Daar is çn bordjie teen ñ lamppaal wat sê katedral nog 4.7 km, en dit is waarskynlik reg. Dan lê ñ groot deel van Santiago voor ñ mens. Eers stap ñ mens deur ñ baie moderne deel van die stad. ñ Mens kan die katedraal glad nog nie sien nie. Dan stap jy baie ver. Jy kom later by ñ verkeersirkel uit. Jy stap baie verder. En uiteindelik, as jy voel jy kan nie meer nie, dan stap jy nog ñ MOERSE entª  Dit voel of die katedraal heeltemal aan die ander kant van die stad is, ñ stad wat so groot soos Bloemfontein voel.

Uiteindelik het ek by die katedraal uitgekom. Dit sou regtig lekker gewees het as hulle darem die laaste 3 of so km vir ñ mens met bordjies aangedui het. Selfs wanneer jy by die katedraal aankom, is daar geen bordjies om jou te help waarheen om te gaan nie. ñ MEns vra maar ñ vreemdeling om jou af te neem voor die katedraal. EK het so half twaalf by die katedraal aangekom, en toe was daar al klaar nie meer sitplek beskikbaar nie, die diens is VOL  Bustoeriste wat vir die show gekom het. Ek het in die katedraal heelwat van die mense raakgesien wat ek langs die pad oor weke ontmoet het. Ek het maar in çn hoekie op die grond gaan sit, en so tien minute van die diens uitgehou. Maar ek kon NIKS sien agter die pilare nie, en alles is natuurlik in Latyn. Terwyl ek so sit, en al die ouens wat vandag met rugsakke klaargemaak het, so sit en dophou, het ñ baie sondige gedagte by my opgekom. AS almal nou hier sit in die kerk, dan is daar seker min mense by die Pelgrimskantoor. En net daar het ek opgestaan, en na die Pelgrimskantoor toe gegaan. Dit is so twee blokke na die westekant van die katedraal. Ek het in ñ baie kort ry gestaan, so ses mense voor my. En hulle het nege toonbanke wat werk. So redelik vinnig is my nommer geroep, en het ek my pelgrimspaspoort met al sy stempels voorgelê. Op die vorm het ek aangedui dat my pelgrimstog godsdienstig van aard is, en dat ek te voet van Leon gestap het. En sonder enige moeilikheid het ek my Compostela gekry, daardie sertifikaat dat ek die Camino suksesvol voltooi het. My naam is in Latyn in Gotiese letters daarop geskryf, en daarmee saam is die reis voltooi.

EK kan verstaan dat so baie mense die einde as ñ antiklimaks kan beleef. Dit is baie koud en onpersoonlik in die Pelgrimsmis, ek gaan verseker nie rondhang dat hulle more my naam in die katedraal lees nie. Hulle gaan, ek gaan nie daar wees nie. Ek het oorkant die pelgrimskantoor eers my sertifikaat laat lamineer, want ek is bang hy reën nat, het ek onlangs gesê dit reën vandag vraagteken.

Daarna het ek op my gebruiklike manier sukses gevier met ñ lekker groot bier. €3, elke sent werd.
Toe moes ek my blyplek gaan soek. Ek het in die Belvis klooster bespreek, en ek is aangenaam verras. As ek raad mag gee, bespreek ook hier vir jou aankoms in Santiago. Maar gaan boek EERS jou rugsak daar in, dat jy nie daarmee in die katedraal hoef rond te sukkel nie. Dis ñ reuse ou klooster, met drie vloere vol beddens. Maar NIE bunkbeddens nie. En langs elke bed is ñ locker waarin jou rugsak maklik kan pas.
Ek het net my goed in die locker gestoor, en toe teruggestap al die pad katedraal toe, om die Poskantoor te soek. Ek weet nie wanneer anders ek my geposte goeters kon kry nie.  Poskantoor is ñ blok agter die toeriste inligtingskantoor, kan ek nou vir julle sê. EK het ñ  halfuur gesoek daarnaª

Santiago is vir my baie bedrukkend vandag. Behalwe vir die reën het ñ dronk vrou en ñ paar bedelaars my al gekonfronteer. In die ou gedeelte van die stad verdwaal ek in my glorie in met die smal stegies. En ek het kilometers ver gesoek vir ñ supermark vir kos.
EK is so bly ek kan more Finisterre toe gaan, en die pelgrimstog in die natuur gaan klaarmaak. Ek dink dit is ñ baie meer spesiale einde vir die Camino, om te reis tot waar die land ophou, die einde van die aarde.
Ek moet net nie verdwaal na daai busstasie toe nie. Nou stink ek verskriklik van al die sweet in my reënklere. Ek gaan stort, dalk ñ kort slapie vang, en dan aandete maak. Seker weer ñ ham en kaas boggadilio. Met çn bietjie Sangria, en ñ sjokelade mousse poeding om dit mee af te sluk.

Vergewe asb die spelling en punktuasie, dit was uiters frustrerend om op hierdie rekenaar te tik. Dankie vir elkeen van julle wat die reis so mooi gevolg het saam met my. Die stap is verby, die Camino in my lewe gaan voort. Stap gerus saam verder...

3 comments:

  1. Wel gedaan Ewald! Ek hoop Finisterre is als wat jy verwag!

    ReplyDelete
  2. Hartlik geluk! Jy het vasgebyt. Die reis voltooi. Die wenstreep gehaal! WAT 'n oorwinning!! :)
    (En ek hoop die kommentaar word wel gepos, ek sukkel bietjie!!)

    ReplyDelete
  3. Dankie Toortsie en emilene- ja, T, hy het gepubliseer!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?