Uit Astorga uit op Dag 4 het die roete nogal baie verskillende tipes landskappe gekruis.
Vroegoggend net buite Astorga.
Party dorpe maak regtig moeite met die Camino wat daar deurgaan, soos Murias de Rechivaldo.
Soms is die Camino goed onderhoude grondpad, soos net buite Murias de Rechivaldo op die pad na Santa Catalina de Somoza toe...
Een van die hoogtepunte langs die pad is waar 'n mens soms kan aftrek vir 'n koppie koffie. Leer om te sê : "Café Con Leche Grandé, por favor." Een groot koppie koffie met melk, asseblief. En moenie verbaas wees as dit in 'n drinkglas aankom nie!
In die klein dorpies probeer almal ook maar 'n bestaan maak, deur verkope van Camino goeters soos stapstokke en die "Scallop Shells" wat die CAmino se simbool is- alle paaie lei na Santiago toe. Dit klink vaagweg bekend, want die ander pelgrimstog ken dit ook: alle paaie lei na Rome toe- Petrus se graf...
Soms is koffie nie genoeg vir harde paaie loop nie, en dan word jy verras met heerlike kuierplekke soos die Cowboy bar in El Ganzo, waar 'n lang bier 'n mens soms moed gee om net nog sewe kilometer te oorweeg na die volgende blyplek toe in Rabanal de Camino...
Die gasvryheid van mense langs die roete is soms oorweldigend. Net buite Rabanal was ek lekker moeg en dors na 'n lang dag se loop. EN in die middel van die veld het iemand 'n tafeltjie opgeslaan, met bottels water, en vrugte, met 'n rugsak daar om te wys die eienaar gee om vir die pelgrim, hy was seker self een. Die eienaar is nie naby nie, en daar is net 'n bordjie by- "Donativo"- jy kan vat wat jy wil, en 'n donasie los as jy lus het. Ek sou dit nie in Suid Afrika waag nie...
Na 'n lang dag soek 'n mens blyplek, en die privaat alburgue langs die pad gee baie dikwels baie goeie diens teen 'n billike prys, 'n bed en 'n warm stort, en plek om jou klere te was en uit te spoel soos hierdie heerlike plek: Albergue el Pilar in Rabanal de Camino.
Na Rabanal de Camino raak die lewe baie interessant, 'n dag van klim na die Cruz de Ferro (Ysterkruis toe.) Die dag begin met 'n klim na Foncebadon, wat maar meestal ruïnes is soos hier onder gesien. Let op die gradiënt deur die dorpie...
Hierdie dag is beskryf in Dag 5.
Net na Foncebaddon, as jy water kry, maak vol! Dit kan die laaste water vir 'n moeilike dag wees!
Jy gaan begin klim, verby ou ruïnes in boere se landerye. Die wêreld hier is mooi, die uitsig is ongelooflik. Die Camino is daardie streep wat skuins op beweeg daar agter die ou muurr.
Tot jy uiteindelik bo uitkom by die Cruz de Ferro uitkom. Die tradisie is dat jy 'n klippie (of rots vir party ouens wat 'n groot gewetenswroeging saamgebring het Camino toe) daar op die klipstapel gaan los.
Ek het op Melkbosstrand 'n klippie opgetel, wat ek saamgedra het vir 'n baie goeie vriend en sy gesin, wat die ma van hulle huis in 'n motorongeluk verloor het. En ek het op die lughawe een van my jongste se soldaatjies gevat, as simbool van my eie gesin. Veral vir die twee gesinne het ek baie gebid op die Camino. Ek het vir ons hierdie twee simbole daar gelos, eers mooi op 'n groter klip vir die foto gesit, en toe in 'n skeur tussen die klippe ingegooi dat niemand Stephan se soldaatjie sal steel nie. Ek hoop eendag kan ek en hy saam daar staan op sy Camino. In die vlees, of in die gees...
Anderkant is dit steil afdraande, sonder water. 'n Mens kom vinnig by die baie eksentrieke Roger se Refugio in die dorpie Manjarin, waar net hy en sy vrou, en 'n helse spul katte saam woon. Jy kan hier water en heuningbrood teen donasiebasis kry, jy kan oorbly. Dit voel net baie weird daar...
Hiervandaan klim 'n mens eers op tot by 'n lugmaginstallasie bo op die berg, en dan sak jy baie vinnig deur die veld na El Acebo toe. Onder in die vallei lê die industriële stad Ponferada, met 'n groot kragstasie wat dadelik die aandag trek. (Foto onder, vaagweg sigbaar in regter bo hoek). Toemaar, die Camino stap aan die anderkant verby, deur die mooi deel. Maar dit lê nog in die toekoms.So 'n afdraande soos hierdie in die dorpie in is glad nie pret met 'n rugsak op nie!
El Acebo is egter nog 'n baie klein dorpie, met pragtige huisies tussen ander murasies.
En dit was dag 4 en 5 vir my gewees, baie op en baie af. Maar aan die einde van elke dag is daar 'n stort, kos en 'n bed gewees, al was die dag hoe moeilik, soos dag 5, wat een van die heel moeilikste dae in my hele lewe was. Dankie dat jy saam kyk en beleef!

No comments:
Post a Comment
En jy daar, wat sê jy?