'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Thursday, March 21, 2013

Pasop, die Ou Katte se naels is nog skerp...

More begin die Nylieweek in alle erns. Dit is die Hoërskool Nylstroom se sportweek in die Paasvakansie. Vanmiddag het die ander gasteskole in alle erns begin opdaag. Ons sien uit na baie lekker dae van sport, en ek hoop almal gaan dit baie geniet, en heel anderkant uitkom.

Maar die wedstryd wat ek die meeste na uitsien, is more middag 17h00.  Dan speel Hoërskool Nylstroom se Eerste Hokkiespan teen... drumroll... Hoërskool Nylstroom se eerste Hokkiespan... van so paar jaar gelede. Daar is 'n span saamgestel uit 'n paar oudskoliere, en ek het hulle netnou bietjie gaan dophou. Daar is 'n paar plaaslike legendes in daardie span!

Maar die een wat my oog natuurlik sal vang, is die Legendes se doelwagter- die Goallie met die rooi hare. Sy mag dalk vaagweg bekend lyk- 2 jaar gelede se 1e span Goallie:

Mag daar genade in oorvloed op die veld more middag wees!

1 comment:

  1. Dit was toe 'n fantastiese wedstryd. Aan die een kant was die Hoërskool se eerste span, wat lekker fiks en baie goed afgerig was. Maar aan die ander kant was 'n klompie ouer dames, sommiges nie meer so fiks nie, wat nooit as 'n span saam gespeel het nie. Maar hulle elkeen was op hulle dag sulke uitstekende spelers- soveel natuurlike talent.

    So wie het die wedstryd gewen, dink jy?

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?