'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Sunday, August 21, 2011

The Legend of Sparky...!

Ek stap verby my naamgenoot se kamer, en sien hierdie teen sy muur...

Hoekom Sparky? Van baie kleins af het sy ogies so mooi geblink, daar was nog altyd so onnutsige kyk in sy oë, en so ondeunde glimlaggie. Van BAIE kleins af. Soos op hierdie foto.

Hy het nog altyd 'n wonderlike sin vir humor gehad, en is baie lief vir lag. Hy het 'n ongelooflike fyn waarnemingsvermoë, en kan mense baie fyn namaak.

Maar asseblief, julle mag hom nie Sparky noem nie! Hy hou niks daarvan as enige iemand anders as ek vir hom dit sê nie. 




My legendariese seun het so klein dopamientekort in sy brein. Dit maak dat hy soms sukkel om te fokus.  En daarom het hy nie altyd die beste akademiese punt nie. Hy kan ook op die sportveld soms aandag verloor.

 Hierdie goetertjies in sy lewe kry aandag op die oomblik. En eendag gaan hy agterkom dat daar niks verkeerd met sy brein is nie, dat daar eintlik 'n ongelooflike kreatiewe instrument daar binne skuil. Eendag gaan sy fokus mooi reg kom, en dan gaan hy sy droom waar maak, en  'n krieketbal oor die grens slaan dat mense vir weke lank gaan soek vir die daardie bal.

Eendag gaan hy sy kop optel, en in homself begin glo. En daardie dag gaan niemand hom weer stop in die lewe nie.  En ek beplan om elke tree van die pad saam met hom te wees, om hom aan te moedig...

2 comments:

  1. Klink asof jy my oudste beskryf. Vandag is hy 22, positief en vol selfvertroue. Hou moed, die pad lê voor oop.

    ReplyDelete
  2. Dankie Paula, skielik kry die man in die 90's vir sekere vraestelle... Ek hoop hy volg jou seun se voorbeeld!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?