'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Thursday, April 4, 2013

Clifton se strand...

So is ons mos nou in die Kaap om my BMW te kom haal, wat Francois so mooi herstel het. Die vakansie is maar 'n vinnige enetjie
Maar 'n mens was nie in die Kaap as jy nog nie op Clifton se strand was nie. Ten spyte van die plek se wonderlike reputasie het AL die dames hulle buitengewoon goed gedra gister. Ek dink die seuns was so effens teleurgesteld. En ek? Nee, soos my niggie my op facebook herinner- ek het nog steeds die mooiste ene aan my sy...

Clifton bly vir my een van die mpoiste strande in die hele wye wêreld. Daardie poeierfyn spierwit sand, die pragtige blou van die see en die lug op 'n helder dag- dis mooi. Baie, baie mooi...


4 comments:

  1. bly julle geniet julle gate uit ..!! ;)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons het so min tyd gehad, maar so baie dinge in daardie min tyd gedoen- dit was fantasties!

      Delete
  2. Lyk as of julle fantastiese weer gehad het...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Uitstekende weer oor die algemeen gehad dankie Amos!

      Delete

En jy daar, wat sê jy?