'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Tuesday, October 4, 2011

Wat is 'n huis tog sonder 'n moeder?

Dit was nou al vier slapies sonder jou.  En ek het klaar weer my les geleer. Ek kan nie sonder jou lewe nie.  Dis net nie lekker om tuis te kom en jy is nie hier nie. Dis nie lekker om aandete te maak, en jy is nie hier nie. Dis nie lekker as die kiddies so baklei, en jy is nie hier nie. Dis nie lekker in die bed in die aand, en jy is nie hier nie...

Ek weet nie hoekom ons so kan vassit by tye nie. Ek weet net die goeie tye is baie meer as die slegte tye. Ek verlang na jou...

Ek is so bly jy kom volgende week terug!

1 comment:

  1. Mens lees sommer die verlange staan sterk hier!!

    Annelie, kuier lekker, maar moenie te lank wegbly nie. Jou man sal wegkwyn sonder jou!!

    ReplyDelete

En jy daar, wat sê jy?