'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Sunday, June 24, 2012

'n Heerlike Sondagoggend se wegloop...

Nee, ek is toe nie na die Bikerskerk se begin toe nie. Maar ek is op verlof.
Ek en Pastoriemoeder was te laat vir die diens in Vaalwater, waar ons goeie vriend se afskeidspreek was.

Ons het maar in die ander buurdorp gaan rondwandel...

Die brekfis was baie lekker...

Dit was te vroeg om behoorlik saam met oom Jack te kuier...


Soms moet 'n mens ook in jou eie omgewing toeris speel... 

Ja, dis lekker om soms naby toeris te wees...
Na die rondloop het ons maar weer huiswaarts gekeer, en die ou Weber opgestaart vir 'n lekker stukkie "tenderised steak" saam met pap en sous, en 'n heerlike broodjie van Pick 'n Pay.  En so bietjie oorskiet poeding van gisteraand. Gevolg deur die moeder van alle middagslapies...

2 comments:

  1. Nie 'n lekker draaitjie gery in die geel bus of op die geel donkiekar nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hulle wou nie staart nie, dit was te koud... :-)

      Delete

En jy daar, wat sĂȘ jy?