'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Wednesday, May 16, 2012

Bernard is nou sestien!

Dit voel so onwerklik- die klein mannetjie wat destyds so vinnig gebore is, en so rustig van kleins af was, het Maandag 16 jaar oud geword. Die klein mannetjie is nou 'n hele ent langer as ek. Hy is nog steeds baie rustig en vredeliewend. Tot hy op 'n rugbyveld opdraf! Ek is so bly hy hoef my nie te tackle nie!

In elk geval, Maandag moes Bernard eers 'n ou toetsie deurwerk so op sy verjaardag. Daarna het ek hom by die Hoërskool gaan uittteken. Eers het ons sy ma en sy vermoedelik siek boetie by die Koffieshop in die dorp ontmoet vir koffie en koek. Daarna het ek en hy die pad stad toe gevat.

Ons het heerlik motorfietse gaan kyk by Honda (sy belangstelling) en BMW (myne...) Ja, dit voel soos nou die dag wat ek 16 geword het, en die leerlinglisensie vir my swart Honda MTX 50 gaan skryf het, en my seun deel die liefde...

Na die motorfiets kyk het ons gaan Calamari ringe eet by die Food Lovers Market in Zambesiweg.





Ons het later sy ousus by Menlyn gaan ontmoet vir 'n vinnige koffietjie by Parrots. En daarna het ons vir die man gaan Rugbytokse koop- hy het nou al meer pare as Francois Hougaardt!

Dit was 'n baie lekker daggie saam met my seun, en ek hoop hy sal sy 16e verjaardag onthou as 'n baie spesiale dag. Vrydag gaan hulle eers teen die Kopstampers rugby speel (Naboomspruit se Hans Strijdom- ek wonder of hulle naam ook nou na Solomon Mahlango verander soos Hans Strijdomstraat in TSwanetoria...)
Daarna gaan hy en die rugbyspan hier braai, ek vermoed ons gaan daarna 'n nuwe pastorie nodig hê!

Een van my oudste vriende Roché Vermaak, leraar in Kalifornië, is in Madrid om die CAmino te gaan stap. Volg gerus sy reis by:  rochevermaak.blogspot.com


2 comments:

  1. Ok, so hier is om te hoop dat Google Translate werk!Lief om te lees oor jou kinders 16 verjaarsdag.Dit is amper skrikwekkend hoe quicklly hulle groei.Ek weet 'n bietjie oor wat soos ek 2 kleindogters draai van 'n ​​hele jaar oud, en 'n ​​ander gaan kyk op die pad!Waar gaan die tyd heen?Net soos dit moeilik om te glo dit was 'n jaar sedert ons was op die Camino onsself!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi ksam- yes the Google Translate does work, but is is sometimes quite funny to see how it is translated! I think about 80% of the meaning does get through though, some sentences from Afrikaans to English just doesnt make any sense at all ( the lost 20%).
      I've been a little bit lazy on this blog the past few months... so nice to hear from you again!

      Delete

En jy daar, wat sê jy?