'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Thursday, May 27, 2010

Die wonderlikste reisgenoot wat ek ooit kon kry!



Soos ek ouer word, besef ek net meer en meer dat die dinge wat die lewe die moeite werd maak, nie met geld gekoop kan word nie.  Ek bevestig deesdae baie paartjies in die huwelik. En ek sit soms ure saam met mense wat die seer van stukkende verhoudings beleef. 'n Wonderlike huwelik is nie vanselfsprekend nie! Daarom is ek so dankbaar vir my heel naaste! In Annelie se arms wil ek eendag doodgaan (dit wil nou sê as die plan om op 96 per ongeluk met die Harley te val, nie uitwerk nie!)  Haar liefde is 'n baie stewige fondament in my lewe. Na 20 jaar se getroude lewe is ek nog steeds verlief op haar! Haar humorsin, haar wysheid, haar menswees maak die lewe vir my die moeite werd.

Hierdie foto was Stephan se heel eerste een in 2006, toe hy maar 6 was! Geneem op ons Kaapse gesinsvakansie in Kaapstad se Waterfront

No comments:

Post a Comment

En jy daar, wat sê jy?