'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!

Thursday, May 19, 2011

Camino de Santiago- D-Dag minus 7 dae 19 ure...

Dit is nou 7 dae en 19 ure en 38 minute voordat ek op die vliegtuig klim na Spanje.

'n Hele paar mense het begin vra hoe lyk die afstande wat ek wil stap. Ek is nog nie seker hoe ver ek elke dag gaan kom nie, die plan is om van Léon na Santiago toe te stap. Dit is BAIE ver vir 'n lui ou soos ek! Hier is vir julle 'n rowwe kaart, en die afstande tussen dorpies. As ek kan, sal ek op facebook of op hierdie blog ietsie probeer skryf, soos ek asem terugkry en 'n internetkafee raakloop.



Plek
km
Hoogte
hoogte vt
Km na Santiago
Leon
0
822
2696
317.6
Virgen del Camino
8
905
2968
309.6
Oncina
3.5
887
2909
306.1
Chozas de Abajo
5.5
880
2886
300.6
Villar de Mazarife
4.5
875
2870
296.1





Villavente
10
870
2854
286.1
Hospital de Orbigo
8
819
2686
278.1
Villares de Orbigo
2
919
3014
276.1
Santibanez
3
845
2772
273.1
San Justo de la Vega
9
855
2804
264.1
Astorga
3
869
2850
261.1
Murias de Rechivaldo
5
882
2893
256.1
Santa Catalina
5
977
3205
251.1
El Ganso
4.5
1020
3346
246.6
Rabanal del Camino
7
1149
3769
239.6
Foncebadon
6
1495
4904
233.6
Cruz de Ferro
2
1504
4933
231.6
Manjarin
2
1451
4759
229.6
El Acebo
7
1156
3792
222.6
Riego de Ambros
4
920
3018
218.6
Molinaseca
4.5
595
1952
214.1
Campo
2.5
560
1837
211.6
Ponferrada
5.5
543
1781
206.1
Columbrianos
4.9
540
1771
201.2
Fuentesnuevas
2.7
535
1755
198.5





Camponaraya
1.9
490
1607
196.6
Cacabelos
5.5
483
1584
191.1
Villafranca del Bierzo
7
511
1676
184.1
Pradela
8.2
930
3050
175.9
Trabedelo
2.9
600
1968
173
La Portela de Valcarce
4.2
630
2066
168.8
Vega de Valcarce
2.4
630
2066
166.4
Ruitelan
2
690
2263
164.4
Herrerias
1
680
2230
163.4
La Faba
4
917
3008
159.4
Laguna de Castilla
2
1098
3601
157.4
El Cebreiro
2.5
1300
4264
154.9
Linares
3
1270
4166
151.9
Alto do Poio
3
1337
4385
148.9
Ponfria del Camino
3.5
1290
4231
145.4
Triacastela
9
665
2181
136.4
Samos
11
532
1745
125.4
Sarria
12.3
420
1378
113.1
Barbedelo
5
580
1902
108.1
Morgade
7.5
580
1902
100.6





Ferreiros
1.5
600
1968
99.1
Portomarin
9
330
1082
90.1
Gonzar
7.5
550
1804
82.6
Castromajor
1
550
1804
81.6
Hospital de la Cruz
2.6
550
1804
79
Ventas de Naron
1.5
550
1804
77.5
Ligonde
3
550
1804
74.5
Eirexe
1.5
610
2001
73
Palas do Rei
7.5
565
1853
65.5
Casanova
6
490
1607
59.5
Leboreiro
3.5
500
1640
56
Furelos
4
500
1640
52
Melide
2
454
1489
50
Boente
5.5
440
1443
44.5
Castaneda
2
440
1443
42.5
Ribadiso de Baixo
3.5
230
754
39
Arzua
3
389
1276
36
Calle
8
389
1276
28
Salceda
3
370
1214
25
Empalme
3
370
1214
22





Santa Irene
1.5
405
1328
20.5
A Rua
2
405
1328
18.5
Arca
1
290
951
17.5
Lavacolla
7
300
984
10.5
San Marcos
4
300
984
6.5
Monte del Gozo
2

0
4.5
Santiago
4.5
264
866
0






Ek wil graag van Santiago af na Finisterre toe stap/ bus ry- die mees westerlike punt van Spanje, op die Atlantiese kus (Baie, Baie ver bokant Bloubergstrand...)

Ek begin ook ernstig wonder wat om alles weg te gooi by die huis om die rugsak nog ligter te maak.
Die vlinders op die maag neem steeds toe.

Wednesday, May 18, 2011

Die roem en die eer in John Knox se kerk

John Knox en Mary, Queen of Scots
Die een ding wat ons mense graag wil hê in hierdie wêreld, is so bietjie erkenning vir dit wat ons ons lewe voor opoffer. 

John Knox (1514-1572) was die leier van die Skotse Reformasie.  Hy is in die Universiteit van St Andrews opgelei as Roomse priester en georden in 1536.
Hy het met baie groot persoonlike opofferings weggebreek van die Roomse Kerk, om eers by die Church Of England aan te sluit.  Hy was bv nie baie gewild onder die invloedryke Rooms Katolieke adel van sy dag nie, omdat hy uit Daniël 7 die Pous met die Antichris vergelyk het. (tydens sy intreepreek in een van die gemeentes wat hy bedien het.) Twee van die belangrikste konsepte waar hy van die Roomse Kerk sy lewe lank verskil het, was die outoriteit van die Bybel alleen (Sola Scriptura) en die redding deur geloof alleen (sola Fidé). In die prediking hieroor kon hy nogal baie hard oorkom.


Op 29 Julie 1547 het 'n vloot van Franse galleie St Andrews binnegeval, en hom saam met ander protestantse adellikes gevange geneem. Hy het vir 'n tydperk (19 maande) as galleislaaf geroei vir die Franse. Dit het sy gesondheid 'n ernstige knou gegee. Hy is in 1549 vrygelaat, hoe dit gebeur het is nie heeltemal seker nie.

Toe Mary of Tudor koningin van Engeland word en die Rooms Katolieke kerk in Brittanje in ere herstel, moes Knox land-uit vlug, onder andere na Genéve en later na Frankfurt toe. (In Genéve het hy vir Calvyn 'n harde tyd gegee.) Hy het later met die Church of England gebreek oor meningsverskille rondom liturgie.

Hier rondom 1560 het die Skotse Reformasie ernstig aan die gang gekom. Knox is in hierdie tyd terug in Edinburgh, waar hy vir Mary, Queen of Scots, ('n Rooms Katoliek) 'n verskriklike doring in die vlees was. Hy het soms openlik gevra dat die Koningin tereggestel word vir haar Roomse geloof! Hy het onder andere gesê hy is bereid om haar heerskappy te aanvaar, net soos wat Paulus Nero se heerskappy aanvaar het. Van 1560- 72 was hy by die St Giles Church in Edinburgh die leraar, en gedurig besig om te karring aan die Britse koningshuis.  Hy was vir geen mens bang nie, en sou die hel met 'n emmer water bestorm as hy kon! Hy is op 24 November 1572 oorlede terwyl sy jong vroutjie vir hom gelees het uit 1 Korintiërs.

John Knox was revolusionêr, en het selfs geweld goedgepraat om sekere doelwitte te bereik. Hy het hard baklei vir die vryheid van mense, en het ernstig gepreek teen 'n onregverdige regeringstelsel wat mense onderdruk.  John Knox het die Rooms Katolieke invloed in Skotland omver gewerp, en het die vader van die Presbuteriaanse kerkstelsel wêreldwyd geword. Hierdie stelsel het hy verkies bo die meer algemene Anglikaanse kerk van sy tyd.

Hy was 'n baie groot invloed in die Gereformeerde Kerkgeskiedenis. Watter erkenning sou hy daarvoor kry by sy eie kerk- St Giles in Edinburgh? Kyk bietjie hierna: Hierdie is nie sy graf in die kerk nie, dis  'n moeilikheidmaker van 'n eeu later s'n.  (James Graham, die 1e Markies van Montrose- 1612-1650)
Sir James Graham, Markies van Montrose se graf binne die kerk. 

En wat het van John Knox se graf geword daar by St Giles kerk?

John Knox se graf- onder parkeerplek nommer 23.
Dit is die ironie van die lewe- John Knox is baie meer bekend in die kerklike wêreld, as wat James Graham ooit kon hoop om te wees.
 Miskien is die belangrike lessie hierin dat ons nie altyd in hierdie wêreld die erkenning gaan kry, of die vrug gaan sien van ons jare se harde werk nie!  Is dit nie dalk wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het mot en roes gaan ons skatte hier op aarde vreet nie, ons moet skatte in die hemel vergader, waar mot en roes dit nie kan bykom nie?

Monday, May 16, 2011

Maandag is nie vir sissies nie!

Kom ek bely sommer heel eerste: ek het vanoggend eers 08h00 my karkas met groot moeite uit die bed gesleep. Fisies voel ek op. Dit kan die naweek se stappery wees, en die feit dat ek nie op die oomblik enige vitamine aanvullings gebruik nie. Ek dink dit kan die week se vol dagboek wees, vanaand gaan weer tot na 9 aanhou met alles wat gedoen moet word. Daar is so baie klein dingetjies wat aandag vra.

Ek dink die probleem is dat Maandag net te kort op Sondag se hakke volg. Na Sondag se aanddiens is daar net die M-Net fliek om jou te help verstaan een week is verby, en die volgende een het begin. Maandag bring soveel nuwe probleme, 'n nuwe siklus van routine. Maandagoggend is so ver van Vrydagaand se braai saam met my geliefdes af.



Ek het gister gesien een of ander baie bright spark is nog steeds baie ongelukkig dat weeksdae na Romeinse afgode vernoem is. Dit is glo die vroeë kerk se skuld. Sommige dae wil ek net histeries begin huil in my hande oor alles wat die kerk se skuld is. Maar in elke bondel nonsens is daar gewoonlik een waarheid, en die betrokke persoon het 'n punt beet, met Maandag. Daarom wil ek hom vriendelik vra om die volgende met die Illuminatie en die Pous in Rome te gaan reël, sommer die Vrymesselaars en die Blinde Taxibestuurdersvereniging van Gauteng ook:
Kan ons nie maar Maandag afstel, en direk oorgaan na Dinsdag toe nie? Maandag is nie bevorderlik vir die geestelike welsyn, psigiese ontwikkeling en fisiese groei van enige mens nie.  Maandag foeter elke mens tog net op. Kom ons stel hom af!


http://www.ginside.com/2007/867/comics-garfield-on-mondays/

Saturday, May 14, 2011

Camino de Santiago- D-Dag minus 12 dae 23 uur...

Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd nou aftik na daardie op die vliegtuig klim nie. Ek worstel deesdae nogal met baie emosies rondom die reis. Party dae gaan dit regtig rof by die gemeente. Daar is so baie mense wat my dringende aandag nodig het, en projekte wat klaar gereël moet word. Verder begin ek baie skuldig voel oor ek my huisgesin so lank alleen gaan los (alhoewel ek steeds glo  vir die eerste week sing hulle elke aand :Happy Days are here again..." )

Ek raak verder baie bekommerd oor die fiksheid. Ek het eergister 10 km met 10 kg rugsak gestap. En altwee die nommer 4 tone het verskriklike blase gekry met die afdraende terug in die dorp in. Een se vel het self afgeval en voel heel rou. Ek was ook vir twee dae baie styf- ek het netnou weer 8 km gaan stap, en voel nou effens losser.

My nuwe CAminovriendin, Emilene, het my weer verwys na die Camino forum. Ek het verlede jaar al daar aangesluit, maar kan nie onthou onder watter naam en epos adres ek dit gedoen het nie. Deesdae doen ek dit sommer onder my eie naam, almal mag maar weet dat ek die Camino gaan stap.
As jy hierdie lees om self voor te berei vir die Camino- die webwerf is : http://www.caminodesantiago.me/

Ek het vanaand twee dinge op die hart wat ek uit hierdie forum geleer het:
  1.  Dit is doodnormaal om te twyfel kort voor die reis. Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid nie, die gedagte is nie om plagiaat te pleeg nie, maar die dinge wat ek leer met julle te deel. 

Is it normal to have Second thoughts?


The question was:
I have been planning my first Camino (Frances) this summer, but just recently am having second thoughts and thinking maybe I need some encouragement. It’s not any one thing, but several recent factors, including physical ability and finances.
Marcella Baglione, 1 month ago
shortly before i left for the camino, i had anxiety attacks and couldn’t sleep. what was i thinking? i can’t do this! i’ll get lost. i’ll run out of money. i don’t even exercise! wahhh!!!
it was THE BEST experience of my life. go. it’s supposed to be a little scary. all the best things in life are =)


Marcella se woorde tref my en inspireer my weer- dit was vir haar die beste ervaring, en dit is veronderstel om bietjie Scary te wees. As dit te maklik was, is dit mos nie een van die beste ervarings in die lewe, waardig van Bucket List status nie. 

2. Dit is die reis wat regtig saakmaak, moenie te veel van die eindpunt verwag nie.

Baie mense het in die forum geskrywe dat die aankoms by die katerdraal in Santiago de Campostelo amper 'n antiklimaks was. Ja, dit klink of die priesters wel jou naam en land van herkoms uitlees. Jy gebruik dalk die pelgrimsnagmaal twaalfuur die middag. En dan skielik is dit verby. Daar was toe nie skares wat jou ingewag het en jou naam geroep het soos by die Argus of Comrades se eindpunt nie.  Die einde van die Camino daag skielik op na dae, weke se hardepad. En vir party voel dit amper leeg- miskien moes daar 'n trompetgeskal uit die hemel uit gewees het, maar die engele was elders besig.

Baie mense hou dan aan na Finisterre toe, die mees westerlike punt van Spanje (Europa?) waar die Romeine geglo het die einde van die wêreld is. Heelwat mense het groter ervarings van die voltooing van die reis daar ervaar, by die Atlantiese oseaan se golwende branders. Ek wil dit ook vreeslik graag beleef- sulke plekke is altyd vir my kosbaar om te besoek, al was my enigste ervaring daarvan die twee kere wat ek al by Kaap Agulhus was. +

Ek het netnou my rugsak gepak soos vir die reis. Ek dink hy is 'n bietjie te swaar. Ek sal nog moet oplees oor wat om te los. Hierdie hele pelgrimsreis wil juis vir my leer om met minder klaar te kom. Minder tyd te mors om vir elke moontlike gebeurlikheid te beplan. Meer vrede te maak met die vreugdes van elke dag se bestaan. Meer afhanklik raak, van die Here se voorsiening en mense se goedheid langs die pad. Minder bekommerd wees oor oormore se moeilikheid wat kom, meer bewus wees van vandag se vreugdes. Vandag se vreemdelinge wat my lewenspad kruis en dit verryk met hulle teenwoordigheid.

So ja, twaalf dae voor die tyd lei ek aan ernstige twyfel, en dit voel baie onwerklik.  Ek is bly dit is normaal. Ek is ook bly om gewaarsku te wees dat die heiliges en engele nie juis baie fanfare gaan aanhef net oordat ek die reis aanpak en hopelik voltooi nie. Die grootste reis is die een in myself, sodat ek meer vir my gesin en gemeente kan beteken.  Niemand hoef die vrug van die reis te meet nie, solank ek onthou...

Monday, May 9, 2011

Die vloek om vervelig te wees...

Foto deur http://djrazaq.blogspot.com/2007_11_01_archive.html
Vrydagaand gesels so 'n paar van my geliefdes om die braaivleisvuur. Mense wat regtig naby aan my hart lewe.  Mense wat ek met my lewe kan vertrou.


En hierdie goeie mense vertel vir my: hierdie blog van my is uiters vervelig. Dis seker hoekom ek net twee "followers" het!

Ek dink dit is die enkele ding wat ek nog altyd mee gesukkel het. Ek is 'n vervelige persoon. Punt.
Daar gebeur nooit regtig iets opwindends in my lewe nie, behalwe wanneer my vrou my die dag wel soen.  Of die kinders my beursie uitlos. Of die kat nie teen my bed piepie nie. Sulke dinge is baie opwindend in my lewe!

Ek is maar 'n doodgewone mens. Ek het nog nooit in sport presteer nie. Ek het gewoonlik reserwe vir die Hoërskool se derde span gespeel, behalwe wanneer daar genoeg ouens vir 'n vierde span was- dan het ek reserwe vir die vierde span gespeel.

Ek het ook nie op skool in die kring van die nerds tuisgekom nie, met 'n C- gemiddeld in matriek kan jy nie as akademiese reus gereken word nie.
Ek het nog nooit valskerm gespring nie. Ek het nog nooit 300 km/h op 'n motorfiets gery nie. Ek het nog nooit in 'n regte, egte Ferrari gery nie, wel 'n kit-car ene. Ek het lanklaas 'n donut met my kar of motorfiets gespin. Ek is die stadigste fietsryer in die dorp, en ry ook die stadigste motorfiets van almal wat verder as die Pick 'n Pay ry.


Ek is nog altyd met dieselfde vrou getroud, het nog nie eers ogies gemaak vir 'n ander man se vrou nie. Ek het nog steeds dieselfde kinders wat ek soms help grootmaak. Nog nie ander op 'n ander dorp gaan maak nie.

Ek is nie die handsomeste ou in die dorp nie. Ook nie in die straat nie. Nie eers in my eie huis nie.
Ek kan nie ander tale praat nie, selfs die Engels kom krom en skeef uit. Ek kan nie die Bybel in Grieks of Hebreeus aanhaal nie.

Opwinding in my lewe is om my hare anders te kam. Om nuwe onderbroeke by Woolworths te gaan koop, is vir my exciting! Ek hou van 'n nuwe boek, om daar eenkant op die party te sit en lees. Vakansie is om die Weg op die toilet te sit en lees. Die diepste lewensfilosofie wat ek verstaan, is Bart Simpson, nie Karl Barth nie. My gunsteling stokperdjie is om in die veiligheid van my studeerkamer ander mense se opwindende lewens op die blogs op die internet te volg.

Ek is 'n pliggie in my werk- sal nooit stir nie, en nooit moeilikheid maak nie. Ek sal alles presies doen soos my kerkraad van my vra. Ek het nog nie op 'n sinode opgestaan en iets gesê wat die gang van die geskiedenis verander het nie.

Die tagtigs se musiek is vir my mooi.
Die mooiste vrou in my wêreld is 45 jaar oud.

As my lewe so boring is, dan is daar ook nie iets opwindends om oor te skryf nie. En as ek iets boring skryf, is daar net twee lewendige mense wat dit lees.
So, haal jy nog asem?

http://dimensionministries.com/blog/?m=200904

Camino de Santiago- D-dag minus 18

Die horlosie tik genadeloos af- Nog 18 dae 04 ure voor ek daar agter in die Lufthansa vliegtuig kan klim, en saamry tot by die ander kant van die wêreld.

Die senuwees begin nou nog meer te knaag. Verlede Maandag het ek 12 km gestap met 'n ligte rugsak. Dit was die laaste keer. Ek het netnou, net na 12h00, besluit om 'n vinnige 8km te gaan stap, met die volle rugsak op.  Ek kom nie eers by daardie halfuur uit daagliks wat aanbeveel is nie.

Dit was nogal baie warm in die son in ons ou dorpie met vanmiddag se stappie. Met die ekstra gewig in die rugsak voel ek weer my bene pla. My tone wil-wil begin blase maak onder, van die afdraende stap met die gewig op die rug. My lae rug pla so bietjie, ek weet nog nie of die nuwe 55 liter sak reg gestel is nie.

Al die toerusting is gereed, ons moet nog net die embleem opwerk,   dan is alles reg vir die vertrek. Alle papierwerk is gereed, moet net bymekaar gesit word. Vliegtuigkaartjie, paspoort en visum, reisversekering, en daardie eerste twee nagte in Madrid se hotelbespreking- al die papiere moet nou bymekaar uitkom en saam in die rugsak gebêre word.

Ek moet nog by die tandarts uitkom om daardie gebreekte tand van September laas jaar te fix. Ek moet by my huisdokter uitkom, self 'n ywerige stapper, en die verkorte kursus kry oor hoe om blase te behandel op my voete.

Dit voel net of daar so baie dinge in die gemeente is wat net nie wil klaar kom nie. Sekere groot projekte mis op die oomblik kernleiers.  Dié goed laat my deesdae wakker lê in die nag. Ek hoop as 'n mens eers begin stap op die Camino sal ek in daardie ritme van net bestaan kom, waarvan so baie ander op hulle blogs en in hulle dagboeke praat. Ek hoop 'n mens sal vinnig kan afskakel van die normale lewe,  wat in elk geval weer vir my wag as 'n mens die dag terugkom.

Ek is ook op die oomblik besig om reisgidse op te som in 'n klein A6 grootte sakboekie, om ekstra gewig te spaar.  Die reis kom nou so vinnig nader, maar dit voel so onwerklik. En die klok tik al hoe vinniger... 18 dae 3 ure 55 minute...

Sunday, May 8, 2011

Om eendag met waardigheid te gaan deur die Jordaan...

Ek was vanoggend by 'n baie besondere troosdiens. My pa is al in 1993 oorlede. My ma het nooit weer getrou nie. Die afgelope sewe jaar (ongeveer) het sy 'n Engelse vriend in haar lewe gehad.  Hulle twee was baie goed vir mekaar, en dit het die eensaamheid in albei se lewens weggejaag.

Die Engelsman is Saterdagoggend aan kanker dood. Hy was op pad 72 toe.

By die troosdiens vanoggend het baie mense geleentheid gehad om te sê hoe hy hulle lewens aangeraak het. Ja, ek het geweet hy was in sy jonger dae maar baie bedonnerd gewees, en het nie altyd goeie verhoudings met sy gesinslede gehad nie. Ja,  ek weet dat die verhouding tussen sy kinders ook nie altyd so lekker is nie.

Dié Engelsman was baie eksentriek. Hy was skatryk- het bv twee maande gelede 'n Prado 4l splinternuut gekoop met al die ekstra lekker dinge in, en hy self het seker nie 100 km in hierdie wa gery nie. Hy het elke Desember sy uitgebreide familie, en my ma, na 'n luukse oord in die Drakensberge toe geneem oor Kersfees. Baie geld gehad. Maar hy het nog steeds vir elke mens wat sy pad gekruis het, gevra wie hulle is en waar hulle vandaan kom.  Dit kon ons soms ernstig irriteer. Dan eet ons in 'n restourant, en hy vind die kelnerin se hele geskiedenis uit- wanneer sy uit Zimbabwe uit gekom het, of sy kans gehad het om verder te leer, of dit goed gaan met haar ouers of sy haar mooi glimlag by haar pa of ma gekry het. Soos sy eie seun sê: soms baie cheesy!

So totaal anders as ek. Maar ek het vandag na getuienis na getuienis geluister oor sy lewe. Hoe so baie mense getuig hoeveel sy gasvryheid vir hulle beteken het- hy het graag by sy kerk se deure gestaan en mense verwelkom. Hy kon dadelik sien as iemand nuut daar inkom. En met sy persoonlikheid kon hy hulle dadelik laat welkom voel.  Hy was dieselfde teenoor hooggeplaastes en motorwagte. Ek voel skuldig dat dit my kon irriteer dat hy so was- ek dink hy het iets verstaan wat ek nog moet leer in die lewe- elke mens wil net so graag raakgesien word, en bietjie erkenning kry vir hulle lewensverhaal.

Op sy sterfbed het ek hom ook besoek wanneer ek ook al vinnig in Pretoria 'n draai gemaak het. En in die hospitaal kon hy nog steeds sy humorsin behou, en ook sê daar is nog altyd iets om voor dankbaar te wees.
Toe hy sterf, was sy versoek om in die eenvoudigste kis moontlik geplaas te word, en veras te word. En hierdie was vir my, wat al baie mense se afskeidsdienste gelei het, 'n eerste. Die kis is Woensdagoggend by sy huis afgelaai, (leeg natuurlik!) Al sy kleinkinders het gekom, en hulle het sy kis versier soos hulle dit graag wou hê. 'n Eenvoudige dennekis het 'n wonderlike familiestorie begin vertel, van kleinkinders wat werklik lief is vir hulle oupa. Elkeen het deel gehad aan die versiering van die kis- hulle almal is omtrent nog voorskools.

Elkeen van ons het maar ons eie kwota klonte. Elkeen van ons jaag maar aan in ons lewe, niemand van ons het die volmaakte storie met ons lewensverhaal geskryf. Maar waar daar liefde is, daar is God die Heer! (Ubi caritas est, et amor, ubi caritas est, Deus ibi est.)

Dankie Robbie, dat ek jou ook kon ken, met jou klonte en al, met jou irriterende gewoontjies, met jou eksentriekheid. Jy was eg jy, sonder om maskers op te sit. En dit waardeer ek die heel meeste van iemand op hierdie stadium van my lewe.
Ek hoop daar waar jy nou is, kan jy baie mooier sing, en 'n lekker dansie dans!

Ter herinnering aan Robert James Douglas Macintosh- 6 September 1938- 30 April 2011

Tuesday, May 3, 2011

Camino de Santiago- D-Dag minus 24

Vrydag oor drie weke is die groot dag waarop ek op die Lufthansa vliegtuig klim. Weet julle, my maag begin draai oor die gedagte. Ek begin wonder: wat op aarde het ek aangevang!  Die vrees pak my beet in die aand in die bed. Hoe gaan ek die stappery oorleef? Ek het gisteroggend weer 12 km gaan stap, met 'n ligte rugsak. Ek het nie naastenby geoefen soos ek moes nie. Ek het nog nie die Spaanse taal CD's hierdie jaar geluister nie. En daar is nog so baie om in die gemeente te doen hierdie tyd van die jaar, gaan ek al my takies klaarmaak voor die tyd?  So baie klein jakkalsies kom vreet snags my wingerd op...

Aan die ander kant, ek het Donderdag sonder enige moeilikheid my Spaanse visum gekry. Daardie Credential briefie van die Confraternity of Saint James is regtig die goue kaartjie van Charley and the Chocolat Factory. Ek het al die toerusting wat ek wou gehad het. Anja het vir my my eie unieke Camino wapen ontwerp. Die oorspronklike is mos die "scallop shell"- daardie skulp wat die Shell oliemaatskappy ook as logo gebruik. Die simboliek agter die Camino skulp is dat alle paaie na Santiago de Campostelo  toe lei- waar die apostel Jakobus volgens legende begrawe lê. Ek wil nie vir Jakobus gaan kuier nie. Ek wil saam met Jesus 'n pad deur my lewe stap, en stilte beleef om net te kan wees, en die koers vir my toekoms te gaan deurdink. Daarom is daar op my embleem die kruis van Jesus bygevoeg- sonder Hom is alle ander paaie redelik nutteloos volgens my verstaan. Hier is Anja se ontwerp, wat op my hoed en hemde en rugsak geborduur gaan word...

My persoonlike Camino logo, soos ontwerp deur my dogter Anja
Aan die een kant raak ek baie versigtig vir die onbekende reis wat voorlê. Aan die anderkant begin die roete my naam al harder roep, en weet ek dis een van daardie geleenthede wat die Here vir 'n mens soms êrens langs jou lewenspad skep, om jou aan te raak en vir altyd te verander.Ek moet bieg dat ek banger vir die onbekendheid is as wat ek soms voorgee. Maar ek is ook so baie, baie lus vir 'n avontuur!

Hoe fiks kan 'n mens nog raak in 24 dae sonder om myself seer te maak? Hoeveel Spaanse woorde kan ek leer in 24 dae? Watter positiewe verskil kan ek nog in 24 dae in my gemeente maak? Soos op my blog gesien, is die klok besig om te tik. Tempest fugit.

Tuesday, April 26, 2011

Die Schmidt familie Wapen


BLAZONING OF THE SCHMIDT COAT OF ARMS

BLAZON (Wappen der Familie Schmidt):
ARMS (Shield):
Azure a lion rampant or, holding a hammer bendways of the second
CREST (Helmet):
On a torse of the colors a lion issuant as in the arms
MANTLE (Decken):
Not deScribed (Mantling is seldom deScribed unless other than the Primary Tinctures are to be used)

MOTTO:
None recorded (It is rare for the German Achievement to deScribe a motto) 
 ARMS (Shield) INTERPRETATION:
Azure - (Means the Shield is Blue (Azure = Blue))
A Lion Rampant Or - (Means, in profile, a rampaging (Rampant) male Lion standing on one hind leg and colored golden (Or = Gold) is placed upon the Shield)
holding a hammer bendways of the second - (Means the Lion is holding a hammer in a diagonal attitude/orientation (Bendways) and it takes the color of the second color mentioned (Or))

CREST (Helmet) INTERPRETATION:
On a Torse of the colors - (Means the next thing deScribed will go upon a cloth wreath (Torse) of 6 twists, alternating between the primary tinctures)
A Lion Issuant as in the Arms - (Means a Lion "comes out" as if from behind the Helmet (Issuant) and is otherwise like the Lion on the Shield (as in the Arms) and is affixed by the Torse (together with the Mantling to the Helmet, which is drawn in Profile with its Visor Closed, or with no Visor nor Grilles - the kind used by a "Bürgerliche" (Esquire/Commoner/Citizen))

SYMBOLISM:
Hammer - (Honor; emblem of the smith's trade)
Lion - (Courage)
Colors:
Azure (Blue) - (Loyalty and truth)
Or (Gold) - (Generosity)
  
Bron: http://freepages.genealogy.rootsweb.ancestry.com/~kuntz/schmidt.html

Vir my kinders- mag ons altyd met eer lewe, vol moed om die toekoms aan te pak en te vorm. Mag ons altyd lojaal wees in dit wat ons in glo. Mag ons lewens van die Waarheid getuig, en mag ons vrygewig wees teenoor almal wat minder as ons het. 

Monday, April 25, 2011

Klim die berg- omdat hy daar is om te klim.

Gedurende 1988, êrens in April,  het ek bo-oop Mont aux Sources gestaan.
Dit was 'n naweek in my derde jaar. Die universiteit se stapklub het so vinnige wegbreek gereël.

Ek was nog nooit 'n goeie stapper nie, en nog altyd 'n slegter klimmer. Maar die uitdaging was net te groot om nee te sê. My pa het baie keer weggevlug na die berge toe as die lewe vir hom te veel geword het. Hy het vertel van Mont aux Sources se uitsig, ek vermoed dit is waar hy sy een duur kamera  verloor het- dit moes 'n traumatiese long drop gewees het!  My pa het my egter nooit saamgeneem op hierdie trippies van hom nie.  En ek het altyd gewonder hoe voel dit om bo-op die berg te staan.

Die kettingleer daar van Witsieshoek se kant af op was nogal 'n uitdaging. Die ketting was yskoud, en dis 'n redelike fris geleentheid om ver te val daar.  Maar ek dink dit was destyds een van die ervarings op my Bucket List wat ek net moes doen. In elk geval- hier is die fotografiese bewys: ek het al die kettingleer oorwin!

As 'n mens eers daar bo is, dan is die uitsig oor die rand van die afgrond regtig asemrowend. 'n Mens kan baie, baie ver in Natal insien, sommiges sê tot by die see op 'n helder dag. Maar dié dag was so effens deinserig.  Ons het ons tente bo op die eskarp opgeslaan in 'n sirkeltjie.  Daardie nag het dit koud geword daarbo- minus 14 grade volgens een se termometertjie. So koud dat ons op 'n stadium 14 mense in 'n driemantent gesit het, en kaart speel en schnapps drink- jy wou net nie gehad het die ysbere moet jou alleen aantref nie. Net studente kry so baie mense in so klein ruimtetjie in!  Mans en dames gemeng, baie lekker aand gewees!

Die volgende dag het ons nog hoër geklim. Bo-op Mont aux Sources is Crow's Nest 'n verdere koppietjie, met so lekker afgrond aan die een kant. Die stapklub het 'n paar ervare klimmers, wat toue en harnasse saamgebring het. Daar het ek vir die eerste keer absailing gedoen. Praat nou van 'n uitdaging om jou hoogtevrees te oorwin!  Daar is altyd iets om oor dankbaar te wees, dit kon die loodregte afgrond daar waar die Tugela 1 km ver val gewees het!

Die ander eerste, wat ek by Willie Wessels van Wesselsbron geleer het (en nog nooit weer gedoen het nie!) was waar die hele toergroep saam tunaslaai in 'n skoon swart asbliksak maak. Tamaties en komkommer en slaaiblare word daarin opgekerf, rys word op die blou gasstofies gemaak en ingegooi, en 'n paar blikke tuna met mayonaise ingegooi, en goed geroer. Dit was nogal baie lekker- seker so na al die opwinding van die absailing. 

Tunaslaai a la Swartsak
  Party van die meer ervare stappers wou graag die Sentinel gaan klim. Dit is die groot kop aan die linkerkant van Mont aux Sources- hoogste of tweedehoogste punt in die Drakensberge. Maar daarvoor moes 'n mens eers weer af teen die kettingleer, en dan weer op en op en op, en dan is daar glo  'n stukkie regop klim teen 'n rotswand ook betrokke. Daarvoor het ek nou nie kans gesien nie. Eerder die middag gelê en gesels met die dames- dis 'n moeilike werk, maar iemand moet dit doen!


Sondagoggend was dit maar weer tyd om af teen die berg, tot by die polisiestasie in Witsieshoek waar ons geparkeer het. Ons het 'n groepfoto geneem van almal daar teenwoordig. Ek persoonlik kan omtrent net twee of drie van hulle se name nog onthou. Maar die ervaring saam met die klomp Kovsies was regtig lekker.

Dit het my geleer dat 'n mens soms 'n berg moet gaan uitklim, net omdat hy daar is om geklim te word. Van die heel grootste ervarings in die lewe kom nie maklik nie. Dit is juis 'n groot ervaring, omdat 'n mens jou eie vrees in die oë moes kyk, en moes deurdruk. Goeie ervarings lê dikwels anderkant jou eie persepsies van waar jou grense lê. Soms moet 'n mens so bietjie vasbyt en deurdruk, om die uitsig van bo af te kan bewonder.
Ek kan nie meer onthou wat ek vir die volgende week se Griekse toets gekry het nie. Maar hierdie ervaring kan ek nog steeds duidelik onthou. Ek vermoed 'n mens moet soms maar ruimte maak om die lewe te geniet ook. Dis wat ek dalk vir die Griekse proffie gesê het toe ek die toets teruggekry het.

Kovsies se Stapklub, Mont aux Source April 1988- met die Sentinel in die agtergrond.





Sunday, April 24, 2011

My Universiteitskamermaat- Heinrich Eksteen


 Dit is Opstandingsondag. Ek kyk na kerk deur 'n ou fotoalbum. En skielik sien ek weer die fotos van my ou kamermaat. EN soos die afgelope paar jaar al, begin ek verlang na hom.

Van die wonderlikste tye in 'n mens se lewe beleef jy op universiteit.  En dit is regtig 'n voorreg om in 'n Universiteitskoshuis te kan woon.

Ek het dit baie geniet om 'n Kovsie te wees. Universiteit van die Oranje Vrystaat.  Ek het ook die voorreg gehad om in die Huis van Meesters te woon, Huis J.B.M. Hertzog.

My eerste jaar was so bietjie van 'n gemors (om dit lig te stel!). Net so voor Geloftedag aan die einde van matriek is my jongste sussie aan kanker dood. 'n Maand later moet ek die grootmenswêreld aandurf, as eerstejaar in 'n koshuis. Ek het baie issues gehad, ek weet dit vandag.

My eerstejaar kamermaat het ook issues gehad, en aan die einde van ons eerste jaar die koshuis verlaat. Dit was nie 'n goeie match gewees nie.

Van my tweede tot my vierde jaar het ek die ongelooflike voorreg gehad om Heinrich Ostwald Peters Eksteen (soms bekend as HOP in sekere kringe) as kamermaat te hê. Maar ek dink dalk sy ergste nagmerrie het waar geword toe hy my as kamermaat gekry het.  Maar Heinrich is 'n mens met ongelooflike uithouvermoë.

Heinrich het saam met my begin teologie studeer. Maar waar ek pas uit die Hoërskool en nat agter die ore daar in Bloemfontein aangekom het, was Heinrich reeds in die weermag, twee jaar as Korporaal by Pantserskool.  Die een ding wat 'n mens dadelik van Heinrich kan sê: Hy is 'n baie netjiese mens.  Die een ding wat 'n mens van my kan sê: ek is nie 'n netjiese mens nie. Ons was behoorlik twee teenpole.
Heinrich se klerekas sou enige dag 'n weermaginspeksie kon deurstaan. Sy klere was in sulke netjiese blokke gestapel. Sy boeke was baie netjies gepak in die boekrak. En ander besittings in sy weermag staaltrommel aan die voetenend van sy bed.

My klere was enige plek van die kas tot onder die bed, al die pad tusssenin, in verskillende grade van skoon. My boeke het op die lessenaar gelê in hope. Ek was regtig slordig! Vandag voel ek baie skaam daaroor! (Heinrich, as jy dié dalk ooit lees- ek is toe gestraf- my oudste is 'n rooikop dogter, en sy is drie keer erger as ek!) Mense het altyd baie opmerkings gemaak as hulle in ons kamer instap. Maar Heinrich het dit geduldig aanvaar.

In ons tweede jaar het Heinrich die Universiteit se mobiele klankstelsel gereeld ge"operate". So nou en dan het daardie klankstelsel oornag in ons kamer, in JBM se gang 3, wat so mooi uitkyk op Verwoerd en De Wet. So nou en dan, na 23h00, is die luidsprekers uitgedra, en dan het  Heinrich vir die manne in stereo byklanke gespeel, soos 'n trein wat verby kom. Dit het ook so nou en dan amper tot koshuisgevegte gelei- seker omdat De Wet en Verwoerd vol akademiese reuse was wat hulle slaap nodig gehad het! 

In ons derde jaar het ons 'n kamer gehad by trappe in Gang 7, wat afloop na die universiteit se muurbalbane toe. Ons het baie gereeld na 22h00 in die aande vinnig afgehardloop, en 'n paar balle gaan slaan.
Die koffies saam met Heinrich in die aande is iets wat ek regtig baie mis. Heinrich is 'n diep mens, met wonderlike insigte.

Die Grieks en die Hebreeus het hom egter bietjie gepootjie. Ek het die goed net-net deurgekom, Heinrich het altyd daardie een of twee punte gekort. Dit was eintlik vreeslik snaaks om te sien hoe goed Heinrich kon beplan. Hy kon baie mooi studieskedules opstel met die bietjie tyd wat oor was voor 'n toets. Dan is daar ook ruimte vir 'n muurbal, ruimte vir koffie, saam met my of saam met 'n dame. Dan ruk die kuier bietjie hande uit, dan is sy skedule deurmekaar, en dan herbeplan hy weer. Hy het verskriklik baie tyd aan beplanning afgestaan. Ek het nooit beplan nie, net in die laaste minute soveel as moontlik inligting in my deurmekaar verstand probeer inprop. En dit het daai 2% verskil gemaak tussen ons.

Heinrich was altyd 'n galante heer met die dames. Hy sou altyd verskriklik belang stel in iemand, haar soos 'n regte dame laat voel, en absoluut soos enige skoonma se droom optree met die skoner geslag. Hy het nooit soos baie van ons 'n dop te veel gevat nie, hy het 'n reguit pad as gelowige gestap.

Ons paaie het ongelukkig geskei na ons koshuistyd. Heinrich het sy droom laat vaar om dominee te word. Hy het vir die SAUK gaan werk. Ek het uit die koshuis uitgegaan om te gaan trou. Ons het kontak verloor, iets waaroor ek verskriklik jammer is.

Ek het klaargemaak met universiteit, en ook maar deur die weermag gaan worstel. Heinrich sou geglimlag het om te hoor dat die luitenant wat ons opgelei het in basies, eendag die ander manne in die bungelow geroep het om na my kas te kyk- dit was die standaard wat hy graag by hulle almal wou sien! (Dit het egter nie gehou nie!)

Soos ek ouer word, mis ek my kamermaat baie. EK het hom op facebook raakgeloop, maar hy is nie baie aktief daar nie. Hy het, 21 jaar na my, uiteindelik 'n kamermaat gekry met wie hy die langpad kan saamstap. Ek het die facebook fotos van sy huweliksmaat gesien- Mercia is 'n pragtige vrou!

Ek het ook onlangs 'n CD raakgeloop wat hy opgeneem het, met sy selfoonnommer op. Maar ek is nog half huiwerig om hom te skakel.

Heinrich, jammer vir die kere wat ek 'n drol was! Jammer vir die onnetjiese kamer wat jy in moes bly. Baie dankie vir jou geduld, jou humorsin, en dat jy regtig daardie tyd 'n great ou was, ek hoop jy is dit nog steeds. Dankie vir jou aanvaarding, jy het regtig 'n baie groot rol in my lewe gespeel, en ek kon dit nie destyds regkry om dit te wys of vir jou te sê nie. Dankie vir sulke wonderlike tye saam!

Ek verlang verskriklik na 'n koppie koffie saam met jou. Ek sal so graag vir Mercia wil ontmoet.

Monday, April 18, 2011

Die Camino de Santiago se tweede groot uitdaging...

Die eerste groot uitdaging van die Camino de Santiago in Spanje is mos maklik- dit is om daardie stryd teen jouself te wen. Daar is altyd verskriklik baie goeie redes om nie die Camino de Santiago op jou Bucket List te sit nie. Jy is nie 'n Rooms Katoliek nie. Jy glo nie in heilige relekwieë soos die beendere van sekere mense nie. Jy hou nie van stap nie, in elk geval nie verder as van die bed af badkamer toe nie. Jy het genoeg geld om Spanje met 'n Travalgar toer te sien. Jy deel nie graag jou slaapkamer met 80 vreemde mans en vrouens nie. Jy reis nie oorsee voor jy nie eers die hele wonderlike Suid-Afrika gesien het nie. Soos ek gesê het, daar is baie goeie redes om nie die Camino te stap nie.

Maar as daar dalk net so 'n klein vlammetjie van avontuurlus in jou hart brand, as jy soos daardie beroemde Spanjaard Christopher Columbus net so bietjie vir 'n rukkie van die huis en die beskawing wil wegkom, dan kom daardie eerste uitdaging- kom stap 'n gedeelte van die Camino de Santiago. Net afgetredenes het tyd om die hele erkende 728.2  km van St Jean Pied de Port net oor die Franse grens (anderkant die PERINIEë- daar waar Contador en Schleck mekaar so gas gee op die Tour d' France- daai bulte!!!) tot in Santiago de Campostela te stap- dit vat 'n goeie vyf weke vir redelike fikse mense. Jy moet ten minste 100 km ononderbroke loop- die laaste 100 km, om daardie gesogde Campostela sertifikaat teen jou studeerkamermuur te kan sit. Dis uitdaging 1- oorwin al jou verskonings, en sê ja vir die roepstem van die Camino.

Uitdaging twee lê nader aan jou vertrekdatum. Jy het vir jou 'n vliegkaartjie Spanje toe geboek, jy het 'n rugsak wat gemaklik sit en nie te groot is nie, aangeskaf. Jy het stapstewels gekoop en ingestap. Jy het opgelees oor wat om te verwag. En die datum kom vinnig nader. Uitdaging twee: Die SPAANSE AMBASSADE! Jy het 'n Schengen visum nodig, en Spanje is waarskynlik die land in Europa waar jy gaan arriveer, en die langste gaan wees. Al wat ek vir jou wil sê, is STERKTE! Spanje se ambassade is in Afrika! En dit voel soos 'n Afrikaland se red tape!

Kom ek help jou net met 'n paar tips:
1. Sluit so vinnig as moontlik by die Suid Afrikaanse Confraternity of Saint James aan, en kry deur hulle 'n Pelgrimspaspoort. Die Confraternity of Saint James is die organisasie wat die Camino de Santiago vir die Rooms Katolieke kerk bestuur. Hulle plaaslike tak in Kaapstad is baie hulpvaardig, en dit kos so ongeveer R100 om vir 'n jaar aan te sluit, en jou Pelgrimspaspoort te kry. Saam met die Pelgrimspaspoort kry jy 'n "Credential del Peregrino"-brief wat soos die goue kaartjie in Charlie and the Chocolate factory is! Die Spanjaarde is baie skepties oor mense van Afrika wat in hulle land wil kom toer- daar kom te veel onwettige immigrante deur Marokko uit Afrika daar aan. En daar is seker  baie wat sê hulle gaan daar studeer, wat ook net wegraak in die Europese Unie. Spanje kry baie gas daaroor by die huisvergaderings van die EU. Daarom is hulle BAIE taai oor besoekers aan hulle land, behalwe as jy 'n miljoenêr is!  Maar geheimpie- hulle hou baie van pelgrims!  Soek die CSJ by www.csjofsa.za.org- sluit aan. Jy het in elk geval 'n Pelgrimspaspoort nodig om in die refugio's te bly, en daarin elke dag die stempel te ontvang wat sê jy was 'n eerlike pelgrim. Daarsonder kry jy nie 'n CAmpostela nie.

2. Kry die NUUTSTE inligting oor Spaanse visumvereistes, op hulle webwerf- www.embassyinsouthafrica.maec.es  Jy mag net elektronies inbetaal vir jou visumaansoek, en dit MOET presies die regte bedrag wees, anders aanvaar hulle stelsel dit nie. Vir 2011 (van 1 April af) het die prys gestyg na R574 toe.

3. Maak seker jy het AL die dokumentasie reg, anders gaan hulle jou huis toe jaag. Hulle voel vere of jy 1000 km afgelê het om by die ambassade uit te kom- as jou goed nie reg is nie, gaan jy dit regmaak en weer kom. Die ambassade is net oop tussen 9 en 12 op weeksdae, en die kantoor is in Brooklynweg 337 in die Lord Charles gebou in Hatfield, Pretoria. Jy moet visums persoonlik inhandig. (daar is ook 'n kantoor in Kaapstad, maar daarvan weet ek niks...)

Regte dokumentasie is:
  •  'n Geldige paspoort wat nog ten minste 6 maande geldig is, en ten minste 2 visumbladsye oop het. En 'n fotokopie van die inligtingsblad van jou paspoort, die gesig en paspoortnommer deel.
  • 2 van die regte visumaansoekvorms (kry dit by hulle voor die tyd!)  
  • Twee paspoortfotos- 45 X 35 mm in kleur met 'n WIT agtergrond- een plak jy op die vorm, een sit jy met 'n paperclip op dieselfde vorm vas, gesig ondertoe. 
  •   Jou vliegkaartjie, met 'n duidelik vertrekdatum terug waar jy vandaan kom, hulle soek jou nie op hulle welsyn nie!
  • Reisversekering- ten minste R300 000 mediese dekking, en "Assistance", nie "Refund" nie, as jy iets daar sou oorkom en teruggevlieg moet word, of, mag jy gespaar word, as jy daar sou sterf en daar veras moes word. Betaal jou vliegkaartjie met jou kredietkaart en kyk of die versekering nie outomaties genoeg gaan wees nie...  Pasop vir Flight Centre se toonbank reisversekering, ek het by my eie bank 1/4 daarvan betaal vir beter dekking! 
  • Bewys van inkomste- drie maande se bankstate, kredietkaartstate en wat jy ook al kan bewys dat jy beskikbaar het. Die inligtingsvorm sê jy moet Euro 562 beskikbaar hê vir die eerste week, en Euro 68 per dag daarna om in te kom.
  •  Bewys van akkommodasie- my Pelgrimspaspoort was genoeg bewys. Ek het ook 'n tentatiewe roetebeskrywing aangeheg net vir ingeval!



Die storie van die Visumaansoek:

Vanoggend is ek sewe uur by die huis weg, om darem nege-uur eerste in die tou te staan by die Spaanse Ambassade. Groot verrassing. Toe ek half nege daar stop, toe gaan ek deur 'n metaalverklikker, en vat 'n nommer. Daar binne sit alreeds omtrent 15 ander mense. Baie van hulle groet mekaar soos ou bekendes- van hulle was al 'n paar keer daar, en kry net nie al die dokumentasie reg nie. 'n Hele paar was by reisagente, wat hulle verseker het die koste van die visumaansoek is R563, en dit het hulle elektronies inbetaal. Die man wat langs my sit, het van Port Elizabeth af vir die dag ingevlieg om sy aansoek in te dien.  Aan die ander kant sit 'n egpaar van Indiese oorsprong van Rustenburg af- almal nog die verkeerde bedrag inbetaal. So Engelse dame vertel leedvermakerig aan hulle almal hoe hulle net-nou rondgeshunt gaan word.

Nege- uur maak die glasvenster in die wagkamer se blinders oop. Daar agter sit so aantreklike Spaanse dametjie, met 'n gesigsuitdrukking wat sê: "Moenie met my *** soek nie!" Eers val daar 'n ry mense in 'n tou- dit is die gelukkiges wat hulle visums na 5 werksdae kom afhaal. En hoor my lied- as jy jou visum gaan haal, maak seker jy is 9 uur presies betyds in daardie kantoor, anders gaan jy 'n nommer vat en sit tot twaalfuur toe.
Die ontvangers van visums word redelik vinnig gehelp- voor jy die kantoor verlaat moet jy seker maak jou visum is reg, anders gaan jy die hele proses van voor af moet doen. Een dame s'n is verkeerd, die Spaanse dametjie raak weg vir tien minute, en kom dan met 'n gewysigde visum na vore.

Nou is dit die aansoekers se beurt. Die leedvermakerige Engelse dame het gewaarsku dat dit tot 'n kwartier per persoon gaan vat. En my nommer is E 45! Gelukkig begin die aftelling op die rooi letterbord toe by E37. Ongelukkig is die PE mannetjie, en die Indiër egpaar voor my in die ry. Hulle almal probeer vinnig R11 oorplaas. Nee, sê die Spanjaard, so werk dit nie. Jy moet die presiese regte bedrag elektronies inbetaal, en dit moet op ons state reflekteer, dan kan ons jou help. Ons sal die R563 terugbetaal, maar jy gaan R574 elektronies inbetaal. Ons neem nie kontant hier nie. PE se skouers hang, die Indiërs bel haastig vir Mohammed. (Wat toe hulle seun blyk te wees, nie 'n langgestorwe Arabiese profeet uit die 6e eeu nie!)

Net voor my in die tou staan twee swart persone. En elkeen van hulle het omtrent tien aansoeke in die hand. Hulle is Visa- agente. Mense betaal hulle om in die tou te gaan staan. En omtrent nie een van die aansoekers se papierwerk is op datum nie. Dié een het swart en wit fotos opgeplak, daardie een het nie reisversekering nie... Dit voel of dit ure en ure neem.

Uiteindelik is dit E45 se beurt. My broek bewe. Niemand het nog suksesvol 'n aansoek ingedien vanoggend nie, almal het 'n her gekry vir die Spaanse toets.  Die Spaanse dametjie neem my paspoort, en sien hy verval eers in 2016. My aansoekvorms lyk reg. Daar is drie maande se bankstate en kredietkaartstate om te wys ek is nie heeltemal op die Diens van Barmhartigheid se lys nie. Daar is ekstra reisversekering. En wonder bo wonder- daar is 'n afskrif van die "Credential" brief. Haar gesig helder op- die son kom op in daardie kantoor. My niggie was reg- hulle hou van bona fide pelgrims in Spanje! Die aansoek word aanvaar, ek moet die 28e April presies om 9 uur daar wees om my paspoort met sy Schengen visum af te haal. Glo my, ek sal alles in my vermoë doen om presies 9 uur daar te wees! Eers as daardie paspoort weer terug in my besit is, en die visum se datums is reg, sal ek kan ontspan. Eers dan gaan die tweede uitdaging oorwin wees!

Sunday, April 17, 2011

Skoonfamilie is nie altyd uit die hel uit nie...

My Skoonsuster word vandag 50 jaar oud. Swaer is 'n digter, en het al verskeie gedigte aan haar opgedra. In elkeen van sy gepubliseerde bundels sal jy 'n gedig aantref: Vir Retha. Skoonsus het ook verlede week Ouma geword!

Gister het ons daar buite Pretoria as skoonfamilie bymekaargekom en fees gevier.

Skoonma was daar. Vir die meeste ouens is dit 'n krisis, die meeste vrouens verander as hulle dogtertjie trou,  in 'n wrede gedrog met skubbe en  kieuwe en so 'n branderige knoffelasem wat in vlamme uitbars. Ek is een van die bitter min ouens wat nie daardie probleem het nie. My skoonma was van die eerste dag af baie nice met my. Dalk het sy gedink omdat ek 'n dominee is, sal ek nie 'n wrede wolf met haar dogter wees nie. Juffrou, ek is nie 'n wolf nie, maar halloooooooooooooo! Ek dwaal van die punt af. Skoonpa is einde Januarie oorlede. Skoonma begin nou met groter vrymoedigheid wegbeweeg van die huis waar sy so lank vir Skoonpa versorg het. Skoonma was gister daar, en dit was baie lekker.

Een sussie, die jongste sit in Ierland (sy skryf Groete uit Ierland op Blogger). Ons het haar gister baie gemis, saam met haar gesin. Die res van ons was almal daar. Skoonma en Skoonpa het gesorg vir 'n groot nageslag. Hulle het vyf kinders, en elkeen behalwe die jongste het vier en meer kleinkinders voorsien vir die uitbreiding van die volk en vaderland. Gister was daar twee susters, en twee broers, met eggenote en aanwas teenwoordig. Plus nog 'n hele klomp vriende. O ja, as julle dink ons teel woes aan- die een vriendin was daar met 'n pasgebore tweeling. Hoor hierdie een- sy het nou vyf kinders, waarvan die oudste vier is! Pragtige mamma, lyk goed versorgd, haar man lyk so half verdwaasd...

Skoonsus se oudste is 'n chef van die voorste gestoeltes- sy publiseer 'n baie wyd geleesde kosblog.
Ons het gister geëet! Eet is een van die oudste vreugdes wat gemeenskap veroorsaak. Daardie gevoel dat ons saam behoort. Toe ons daar aankom, het swaer die wonderlikste wynversameling uitgepak. Daar was so besondere Italiaanse bottel met daardie geweefde bodempie op, wat hemels was. Verskeie ander belowende bottels beleë vreugde in wit en rooi.

Tussen Skoonma, Skoonsus en Niggie het hulle kos gemaak! (Moenie die prentjie kry van kappies en Voortrekkermonument nie, inteendeel, hulle is heel aan die ander kant van die spektrum van Afrikanerskap...)

Die wonderlike fees het begin met Franse brood, met drie verskillende olyfolies en Dukus (sulke sade en gebreekte neute uit Marokko uit) gedoop in balsamiese asyn. In die Spaanse Tapas tradisie was daar Boggerol (ek weet mos nou nie hoe om dit te spel nie- dis sulke neute wat jy peusel.) Daar was verskillende kleure olywe wat met knoffel gestop is. Daar was sulke wit vissies (is hulle nou die boggerol?) en verskeie kasies. Saam met Sangria. EK en bebaarde swaer (meer tradisionele Afrikaner) het ingelê in hierdie voorgereg. Hierdie swaer en sy vrou ruik aan die wyn se prop, dan het dit al 'n invloed... Ons het gegiggel soos nonne wat wortels rasper in die kloosterkombuis.

Na die voorgereg het ons bymekaar gekom op die stoep terwyl die reën heerlik val daar buite. Swaer Digter het 'n kosbare heildronk op sy vrou ingestel. Hy het een van sy ouer gedigte aan haar voorgelees. Hy het baie emosioneel dankie vir haar gesê vir die kosbare lewenspad saam, vir die ses kinders wat hulle saam kon grootmaak, ook vir seer tye wat hulle saam kon troos vind in mekaar se arms. Hierdie twee mense se liefde vir mekaar en vir hulle gesin is baie inspirerend.

Toe het ons ingeval by die hoofgereg. Ek ken nie al die fensie name nie. Maar daar was wildspasteie, en skaapboud in sulke netjiese snitte. Daar was verskeie slaaie en die lekkerste aartappelgeregte. Die pampoenkoekies was hemels! Een bord kon nie soveel vreugde maklik bevat nie.

Nagereg heelwat later was ook weer iets besonders. Daar was gesmelte sjokelade met marshmellows en piesangskywe, daar was die wonderlikste Pavlova met granaatpitte, daar was 'n bloubessietert, en nog ander gebakte poedings. Maar op hierdie stadium kon ek nie meer 'n enkele ryskorrel inneem nie.

Ek self het nie baie familie nie. Ek het net 'n ma in Suid- Afrika, en 'n oom wat besig is om aan kanker te sterf in Hermanus. Ek het 'n suster in Engeland, wat besig is om te skei, na wie ek baie verlang deesdae. Dis my familie- dié wat ek mee kontak het.
My skoonfamilie het my familie geword. Ek is baie lief vir dié klomp mense.
Ouboet in Heidelberg, met sy unieke humorsin, wat rekenaars programmeer vir die bank.
Ousus wat met Digter getroud is in Pretoria- swaer is ook kerkleier van 'n netwerk- kerk.
Baardman boetie se huis is in Volksrust, hy is 'n elektriese ingenieur en sy vrou is 'n Chemiese kenner en onderwyser.
My vrou is nommer 4. Kleinsus is in Ierland, haar man is 'n elektrisiën.

Die klompie het tussen hulle vir twintig kleinkinders gesorg. En verlede week is Skoonma se eerste agterkleinkind gebore. Skoonsus het Ouma geword, en die jonge heer was ook by sy ouma se partytjie.
My skoonfamilie is so uiteenlopend wat politiek en geloof aanbetref. Daar is soveel verskillende sieninge en waardes in die verskillende huisgesinne. Maar daar is liefde. Wanneer die familie saamkom, is dit met soveel vrede, en soveel humor. Dit is vir my so lekker om deel van hierdie groepie mense te wees. En soms lyk dit of party van hulle nogal oor die weg met my ook kom!

Dankie dat julle ook vir my plek gemaak het in die familie! Die dag toe ek loop vrou vra, het Skoonpa dadelik gesê: "Welkom in die familie." Dankie dat ek nog steeds welkom is.