Een en twintig jaar gelede, in 1989, het 'n jong man en 'n jonge dame die Blyderivierspoort staptoer saam aangedurf. Hulle was nog nie getroud nie, en dit het veral twee moeders baie bekommerd gemaak. Gaan dié twee nie stout wees nie? Die saamgeslapery in die hutte het na groot moeilikheid uit 'n ouer se oogpunt gelyk.
Die jong man was al tevore op staptoere. En daarom was hy baie slim, soos enige vierdejaarstudent mos maar dink hulle is. Al die wysheid klaar in pag. In daardie dae was die Blyderivierspoort staptoer vyf dae lank, en by tye nogal baie lank (22 km 4e dag), en baie moeilik- daardie afsak na Swadini toe op dag 5. Daar is ekstra BLIKKIESKOS ingepak, vir noodvoorraad... Warm klere, droë klere, swemklere... Die dekselse rugsakke het omtrent 'n ton elk geweeg- wel so voel enige iets anderkant 20 kg!
Die staptoer was nogal baie veeleisend destyds. Die jong paartjie was so moeg, en het soms so lekker baklei met mekaar, dat daar nie nog krag was om eers te dink aan stout wees in die hutte in die aand nie. Veral nie as die primitiewe geriewe in elk geval gedeel is met 'n klomp ander vreemde mense nie!
Met 'n redelike ernstige Godswonder het hierdie tweetjies se verhouding die staptoer en 'n paar ander mallighede oorleef, en op 31 Maart 2000 is hulle getroud...
Een en twintig jaar later. Die gemeente Nylstroom-Oos hou jaarliks 'n staptoer in Desember. Die twee het intussen ses geword in plaas van een! En die hele gesin besluit om saam te gaan stap. Gelukkig is die moeilikste twee dae weggeneem, die roete eindig nou by Bourke's Luck kolkgate.
En so, in Desember 2010, het Ewald en Annelie en hulle vier kinders, weer 'n keer die Blyderivierspoort staptoer aangedurf.
Een en twintig jaar gaan so verskriklik vinnig verby. Sou die twee jongetjies op die klip ooit kon dink wat nog alles in 21 jaar sou gebeur het? Die aanpassing van die huwelik, die klaar studeer, die Weermag. Die vroeë beroepslewe, die soek na 'n beroep as predikant. Die ouerskap van vier kinders. Die seer van twee miskrame, en dood van familielede. Die opwinding van die Eiffeltoring en die mooi van Skotland in die herfs.
In die normale gang van die lewe voel dit of daar nie regtig iets gebeur nie, en of alles in die lewe net so stadig voortsleur. Kyk 'n mens oor die voetspore van 21 jaar, dan sien 'n mens 'n duidelike reis.
Ja, in hierdie tyd het ons op 'n paar plekke gebly, Huis JBM Hertzog en die wit woonstelle, die plot Staalwater daar buite Bainsvlei, Bloemfontein. Die weermagbasis se treintrokhuis in Kroonstad. Die skoolkoshuis by die HTS Kroonstad. Die stukkende spoorweghuisie in Papenfusstraat 33 in Kroonstad.
Uiteindelik die beroep na Waterberg gemeente toe, die pastorie in Boshoffstraat, en later, die pastorie langs die kerk in Nylstroom-Oos.
Om na 21 jaar weer op dieselfde punt uit te kom waar ons was as jongmense, was vir 'n slag weer baie lekker. Dit het 'n mens se gedagtes sommer weer op ver paaie laat loop. Een en twintig keer om die son gereis. In hierdie tyd het ons baie liefgehad, soms baklei, baie gelag en soms gehuil, baie geëet en soms geoefen...
Die voetspore agter ons sal ek nie anders wou hê nie. Hoe lyk die voetspore vorentoe? Sal ons oor 21 jaar nog hier wees? Sal ons nog gesond genoeg wees om nog 'n keer die Blyderivierspoort te stap? Gaan ons nog wonderlike mense ontmoet wat ons lewens gaan verryk? Gaan ons nog wonderlike ervarings hê, mooi plekke sien? Gaan die volgende skof net so goed wees soos die eerste een?
Wel, daar is net een manier om uit te vind. Kom ons loop...
'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!
Wednesday, December 29, 2010
Tuesday, October 26, 2010
Die sêd, sêd storie van 1 Oktober 2010
So baie mense het gehoor, en my gevra wat gebeur het met my Drifter op 1 Oktober. Hier is die volle, hartseer verhaal...
Dit was 'n sonnige Vrydag, en my afdag. My vrou wou graag iets by Pick 'n Pay gehad het (enkele dae voor Nylstroom s'n oopgemaak het!)
Ek het rustig die oggend deurgery, en haar inkopies gaan doen. Daarna het ek nie, soos gewoonlik, by 'n koffieshop gestop nie. Ek het uitgery op die Warmbad dampad, want ek het gehoor van 'n Engelse pub so 7 km verby die dam. Julle sal dit nie glo nie, ek het die pub gekry, en nie eers ingegaan nie. Ek het rustig verder gery- die lugversorging aan, mooi musiek op die radio, pragtige kameelperde en bokkies langs die pad. Die tipe dae waaroor 'n mens mos net droom in die "ratrace" ...
So entjie verder draai die Loubad pad uit na regs. Dadelik is daar 'n stewige S- kurwe, wat nie mooi aangedui is met padtekens nie. Die pad was ook pas geskraap. Ek het die tweede draai teen so 40 km/h genader, en toe ek my stuurwiel draai, het die agterkant baie skerp na regs weggebreek. Dan draai 'n mens mos in die gly in, en trap die versneller... maar my voorwiel het die walletjie getref, en die bakkie in die lug in opgeskiet. Ek dra nie graag hierdie bakkie se veiligheidsgordel nie, want dit sit oor my nek. Maar ek moes toe vir lewe en dood aan die stuurwiel vasklou. Nie veel gehelp nie, want toe die bakkie so lê, toe lê ek op die stukkende venster van die passasiersdeur. As dit vinniger was, dan het die bakkie bo-op my beland!
Nou sit ek in die bakkie, en probeer my selfoon vind. EK kry dit in 10 minute se soek glad nie. Al die aankopies lê die hele wêreld vol, en geen selfoon in sig nie. Normaalweg bel so 3 miljoen mense my elke dag. Hierdie oggend- geen oproepe nie! Ek klim toe uit die bakkie uit by die boonste deur. Dis vrek warm, en al wat in die bakkie is, is 'n bottel wyn. Ek kan nie dit begin drink nie, netnou kom die polisie daar aan. Ek stap na die naaste plaashuis toe- en dis verlate. Besef my bakkie lê sleg in 'n draai, en iemand kan dalk in hom vasjaag en seerkry. Gaan wag by die bakkie vir die eerste voertuig wat verby kom. Dit neem toe meer as 'n uur, voor een van die naweekboere daar verby ry. Binne vyf minute is daar skielik nog vier voertuie verby- hoe werk dit? Dié Pieter bel van sy bure in die omgewing, die gesin Swart. Hulle kom met 'n trekker en 'n "winch", en ons katrol die bakkie tot terug op sy wiele. Ons bel vir Annelie, en sy bel terug. Waar kry ek my selfoon? Bo-op die passasiersitplek, teen die grond, met 'n bottel Achar wat oor dit gebreek het. Ek koop nooit Achar nie- dié was die eerste een in my lewe!
In elk geval, ek het stadig teruggery Nylstroom toe, en die bakkie gaan ingee by B+S paneelkloppers, op die versekering se aanbeveling. Nou wag ek maar geduldig-die skade beloop R45000. Om die Achar uit my selfoon te gaan haal- R350. My versekering gaan my verseker nou looi op die premies.
Maar om ongeskonde hier te kon uitklim, nadat van my gemeentelede op soortgelyke wyse dood is of nekke gebreek het, is regtig net genade. Ek wonder egter nog steeds wat die les was wat ek gedurende hierdie Oktober moes leer. Want kort daarna het die weerlig my rekenaar uitgeslaan. 'n reuse moerbeitak het net langs my geval. My dogter het twee keer geval met die scooter. Wat aangaan, is ek nie meer seker nie. Net dankbaar om nog hier te wees...

Friday, August 27, 2010
En toe koop Oom 'n plaas! Of- hoogmoed kom tot 'n val?
So wen die jongste, Stephan, mos toe hierdie pragtige Silverback Reno bergfiets op NG Kerk Springbokvlakte se basaar. En nou hou hy aan by sy pa, wat darem al 16 Argusse voltooi het: Kom ons gaan ry Vrydagmiddag in die Braksloot. Nou die Braksloot is enige 4X4 entoesias se droom: baie hektare vol grondpaadjies, bulte, draaie, slote, dongas, canyons... nou ja- jy kry seker die prentjie?
Net buite Nylstroom, twee kilometer van die huis af. Nou het Pa mos nog sy Trek 800 Trial, met voorste skokbrekers, wat darem 7 Argusse voltooi het. Ja, Pa het nou wel vier maande laas fiets gery, maar vir liefde se onthalwe gaan ons Vrydagmiddag Braksloot toe. Toe was daar so klein berekeningsfoutjie êrens langs die pad. Stephan se fiets het knobly bande op. Pa het Continental Town & Countries op- lekker op die teer, orraait op 'n grondpad, nag in die sand en op klippe.
Ons twee ry in by die Braksloot. Hy is lekker lig, en sweef oor die sand. Pa is, sal ons maar sê so bietjie duideliker, en met my bande sak ek net weg in die dik sand. Toe kom ons op wat lyk soos 'n moto X baan. Lekker hobbels, skerp draaie. Ou Stephan seil deur hulle- hoe moeilik kan dit nou wees as jy 9 jaar oud is, drie weke voor 10? Pa hyg en suig en probeer sy pose hou.
Tot in die eerste draai. Dit lyk darem so maklik! 90 Grade draai na regs, goeie pypvorm, klipperig- soos ek op skool met my "scrambler" van hulle gehou het. Pa verstaan mos hierdie goed. EN die volgende oomblik toe lê pa en klippies uit sy linkerbeen uit grawe, terwyl hy sy bes probeer om nie te donker Afrikaans te besig wat vir die res van die seun se lewe in sy gedagtes sal bly nie!
Deksels- ek sal nuwe tires moet opsit as hierdie 'n gereelde speletjie gaan word. En ek sal beter maniere moet kry om te briek in die draaie. Nou ja, ten spyte van die bloed en die donker gedagtes was dit nog steeds lekker om saam met Stephan te gaan fietsry. Ek hoop net volgende keer is hy nie so wit geskrik vir die helse slag hier agter hom nie!

Linkerbeen gebruik as remskoene is nie 'n goeie idee nie! |
Monday, August 16, 2010
Motorfiets nommer 5: My Aprilia Pegaso 650!
Dit het so gebeur: Eendag, lank lank gelede was daar 'n dominee, wat altyd in sy hart die hunkering na stilte en vryheid het. So lank hy kan onthou, was sy gelukkigste tye op motorfietse gewees. Die tipe vriende wat hy in die motorfietswêreld gemaak het, was dié met wie 'n mens deur 'n oorlog sou kon gaan. Soms harde mense, soms rowwe kante, maar beslis nie soveel maskers en hang-ups as die algemene motorfietslose man op straat nie!
Weens finansies, en daardie een boeboe met die Honda CB 750 F was daar 'n dekade in sy lewe sonder 'n werkende, gewillige motorfiets. En soos in een van die vorige stories vermeld, daag vriend Sam Hoffmann nog boonop op met 'n uitnodiging na Buell se 2006 bekendstellingsdag. Wel, daar het die ou verslawing maar weer vasbytplek gekry. Julle ken natuurlik hierdie dominee, né?
Wel, op pad na die Buell dag toe stop ons by 'n motorfietswinkel in Zambesiweg, Pretoria. En daar op die vloer staan twee ou BMW 650 GS 'e. Dit was wat ek begin dink het om te koop. Maar langs hulle staan 'n Aprilia Pegaso, later model, heelwat minder geld, en dit lyk dieselfde vir my. Ek moet bieg, op hierdie oomblik het ek nog nooit regtig van Aprilia kennis geneem nie. Ek begin later soek op die Internet, en kom agter dat Aprilia die BMW 650 reeks vir BMW in hulle fabriek in Italië bou. Ek leer dat die Aprilia ook met 'n Rotax 648 cc enjin uitkom, daardie Oostenrykse staatmaker wat al verskeie toekennings gewen het vir die beste enkelsilinder enjin in die wêreld.
Laastens: dit het gegaan oor bekostigbaarheid. As geld nie 'n opsie was nie, het ek seker vandag 'n BMW 1200 gery- GS of RT, dalk selfs S soos 'n paar vriende...
Maar: geld was en is steeds 'n groot briek in my drome...
Daarna volg 'n paar weke: elke Donderdag die Junkmail koop. En op 'n goeie dag (eers die volgende Dinsdag) sien ek die advertensie raak: 2000 Model Aprilia Pegaso, net 10 000 km op die klok, R32 000 in Pretoria. Het julle al gesien hoe vinnig kan 'n mens afsprake rondskuif as jy regtig wil? Ek bel die ou: Ja, hy is nog steeds beskikbaar. Gryp Ouboet Bernard, en ry Pretoria toe. En toe die man sy garage oopmaak, en ons hierdie pragtige Italiaanse meisie met die oulike kurwes sien, toe is dit verby! Bernard sê : "Pa, koop hom!" En Pa dink: Watter besondere wysheid en insig is hierdie seun van my nie mee geseën nie!
In elk geval: ons vat hom vir 'n spin. Op daardie stadium het sy nie 'n enkele krappie op gehad nie, net 'n krakie in die windskerm. Ons kom terug en sê: Ons koop haar. In daardie week maar gaan reël vir 'n banktjekkie uit my huislening uit.
Met 'n lied in die hart die motorfiets vol petrol gemaak, en teruggery huis toe, met 'n Pavarotti lied in my hart, iets soos Nessum Dorma. Die eerste keer nie 'n Honda nie, die eerste keer nuwer as 1982! Hierdie motorfiets hanteer soos 'n droom, en was nou al 2 keer met my Kaap toe sonder enige probleme. Die liefdesverhouding duur steeds voort. So nou en dan (deur die Karoo!) wens 'n mens steeds vir daardie een met die blou en wit propellertjie wat anderkant 200 kan gaan, want gelaai sukkel ons twee maar om verby 150 te kom met 'n wind van voor. Maar hier in die dorp, en vir 'n vinnige hospitaalbesoek in Pretoria deur die verkeer het: onverbeterlik!
Kyk mooi na haar naam: Huisbesoek. Dan kan Annelie eerlik sê: Ewald is uit op Huisbesoek! Ek geniet Huisbesoek besonder baie!

Monday, August 2, 2010
Die droom kom nader!
Foto: Jill and David se blog 1 Augustus 2010 |
Iets in my skreeu dit uit: dis tyd vir 'n MOERSE avontuur! Tyd om totaal uit die groef uit te breek. Doen iets wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie.
Wel, so paar jaar gelede het ek en Marthinus Britz 'n lesing bygewoon in die Kaap, waar 'n groep mense opgewonde vertel het van die CAmino de Santiago in die Noordweste van Spanje. Destyds net so effens kennis geneem daarvan: Ja, Ja, dis net vir julle Bloubergstrand rykgatte bedoel! Van verlede jaar af begin die roepstem saggies fluister, tot dit nou in my kop begin skreeu: gaan loop 'n deel van die Camino, dit sal jou baie goed doen!
Die pelgrimsreis is al bekend van ten minste die 12e eeu af. Die oorspronklike bedoeling daarvan was om te voet/perd en later ook fietse te reis van jou huis af na CAmpostelo, waar die legende lui dat Jakobus, die broer van Jesus, begrawe sou lê. Iets te make met ikone en ander heilige goeters van die Rooms Katolieke. Nou wel, die legende klink maar baie effentjies, siende dat Jakobus in Jerusalem tereg gestel is. Die mite sê die ander dissipels het sy liggaam geneem, en 'n boot sonder seile of roeispane het by die Middellandse See verskyn, die liggaam geneem, en daar by die einde van die wêreld gaan aflaai, waar dit in latere eeue deur spesiale openbaring aan 'n priester uitgewys is.
Nou kyk, ek het nie 'n saak met heiliges of hulle bene nie. Maar wat my trek, is daardie fisiese uitdaging. Dit lyk of dit 'n baie mooi deel van die wêreld is. Daar is verskriklik baie "refugio's" langs die roete- spesiale "backpackers lodges" net vir pelgrims. Dit kan taai raak- een skof is bv 38 km lank. Daarom moet 'n mens fiks wees, en lig pak, verkieslik nie meer as 10 kg rugsak nie. Dis wat my trek. Ek is tans goed oorgewig, ernstig op pad na 'n hartaanval toe, en sukkel om van die bed af toilet toe te loop sonder om te hyg. Ek voel vasgevang tussen 'n oormaat aardse besittings wat elke dag om aandag vra, en dreig om uitmekaar te val as daar nie DADELIK iets herstel word nie. En die roepstemme van 1700 mense wat almal dadelik huisbesoek wil hê, anders gaan hulle per ongeluk hel toe of so iets, maar net 200 wat rerig iets groter tot stand wil bring wat 'n verskil in die wêreld kan maak. (Oeps- hierdie een moes dalk op my anonieme blog verskyn het! :-) )
Dis die droom: kry iets om weer fiks voor te word. Kom vry van die aardse dinge. Kom in die natuur, kom in aanraking met mense wat my glad nie as DOMINEE ken nie. Weet nie presies waar ek vanaand slaap, of wat ek gaan eet nie. Ag, ek dink die enkele woordjie waarna ek soek, is 'n stukkie VRYHEID! En hoor dalk net weer die Here se fluisterstem in die storms en die wind, die son en die see.
Waar anders in die wêreld kan jy vir amper verniet deur 'n mooi land stap, waar jy as pelgrim met groot gasvryheid behandel word, en tyd kry om weer stil te word, sonder selfone wat lui, en mense wat dringend 'n klomp nonsens goeters met jou wil bespreek?
En die droom begin nou vlerke en voete kry. Verlede week my nuwe paar Wolverine Fortis skoene op die kredietkaart gekoop. Gisteraand my vliegkaartjie met my huislening betaal. Lufthansa via Frankfurt na Madrid: 27 Mei 2011. Terug na die realiteit 20 Junie 2011. Wens ek kon nog langer wegraak. Maar Annelie kan nie saamgaan nie, en ek verlang te veel na 3 weke- die nadeel van 'n gelukkige huwelik!
Het nou al 10 km op my nuwe skoene gesit. Blase: 3.
Nog baie ver na 39 km/dag af, maar ons het 'n begin gemaak. Campostelo, hier kom ek!
Foto: Wolverine Fortis ICS Hiking Boots- van hulle website af. Hulle waarborg dit is die lekkerste skoen wat jy nog ooit gedra het, of jou geld terug na 'n maand.
Friday, July 16, 2010
Daardie dag met die Harley...
My vriende weet: die tweede naweek in Maart is ek altyd weg uit Nylstroom uit. Dan is dit tyd vir twee van die mees kosbare afsprake in my lewe. Die kleiner ene is om om Tafelberg met die fiets (trap) te gaan ry- so klein dingetjie genaamd die Argus, met sy 40 000 ryers, die Suid-Ooster ens. Maar die groter afspraak is met my vriend Marthinus en sy familie in Melkbosstrand- kosbare mense in my lewe. Dit kan dalk ook soms gebeur dat 'n bottel KWV 5 jaar oud per ongeluk sy *** sien, maar dis ook weer 'n ander storie.
Een van die liefdes wat ek en Marthinus deel, behels twee wiele en 'n enjin. So gebeur dit een jaar dat my foon lui een sonnige dag in Februarie. Dis Marthinus. En hy sê as ek weet wat is goed vir my siel, dan sal ek sorg dat ek al die naweek voor die Argus by hom is. Nou kyk, as daar een mens in my lewe is wie se aanbevelings ek dadelik vat sonder om vrae te vra, is dit Marthinus Britz s'n- 'n wyse man, voorwaar!
Ter wille van my sondige siel sorg ek toe dat ek al die naweek voor die Argus by sy huis in Melkbosstrand inklok. Die saak staan nou so: Marthinus en 'n paar vriende het 'n verjaardagklub gehad. Elke maand betaal elkeen so iets in. En as dit jou verjaarsdag is, dan maak hulle een van jou drome waar, solank dit nou nie Pamela Anderson of so iemand behels nie...
Marthinus se vriende het vir hom gehuur: 'n Haley Davidson Electra Glide- die oumeneer van die HArley's.
So ry ons na Kaapstad se middestad toe, en gaan boek die Harley uit. So 'n vormpie word ook geteken dat as jy hom beskadig, gaan dit jou R10 000 kos. Marthinus teken braaf, daarna trek hy en Elna weg met die Harley, en ek agterna in sy Tiburon (die dae voor hy BMW kon bekostig!)
Nou ja, om uit die familie uit te praat- daardie eerste draai om die eilandjie was amper rampspoedig. Want Marthinus sit hom netjies, versigtig op sy kant neer. Ek lag niks nie- ek belowe. Hardloop om hom te gaan help.
Die Saterdagoggend was pret. Die Suid-ooster het so liggies gewaai, nie te kwaai nie. Marthinus en Elna is op die Harley, ek in die Tiburon, en ons gaan Hermanus toe. Maar die ou windjie waai. Marthinus spook maar met die fiets. En ek sit lekker in die Tiburon, musiek kliphard. Lekker geëet in Hermanus, terug Melkbos toe. Daardie middag het die vriende wat help betaal het, ook kom saamspeel.
Sondag moes Marthinus preek. Maar ek was nie in sy diens nie! Een van my drome het toe ook waar geword. Lucy Jordan se ballade het mos gesê dat sy toe nooit deur Parys met 'n sportmotor gery het, met die wind in haar hare nie. Wel, ek het toe deur Kampsbaai se hoofstraat met die grootste Harley gery, geparkeer voor 'n koffieshop, en met so lekker windgat houding daar ingestap, asof die plek aan my behoort. Een ding van die Bucket List af!
Twee goedjies wat ek graag wil noem- kyk daardie helmet op die foto. Marthinus vat seker 'n Medium helmet. Ek het 'n XXL nodig. Ek moes my bakore so netjies opvou en probeer indruk. Toe die helmet met 'n tienpondhamer slaan om op my kop te pas. En dadelik hoofpyn gekry soos die ding my druk. Maar vir sekere sake is ek bereid om te ly! Drome waar maak is een van hulle.
Tweede ding: ek verstaan toe hoekom die Harley so maklik gaan lê het in die eerste draai. Die blêrrie ding weeg seker 'n halwe ton! En in die verkeer bestuur hy amper soos 'n Olifant tenk. Dis verseker nie 'n fiets wat ek sal koop om mee te "commute" nie! Maar daardie "potato-potato" klank, en die bleek outjies in hulle Merc's en Shitty Golfs se gesigsuitdrukking maak die intimidasie faktor so heerlik macho!
Ten spyte van die gewig was dit baie, baie lekker om Chapman's Peak se draaie te gaan vat met hom. En ja, hy pas in by Kampsbaai se hoofstraat (-strand!) Image het hy verseker.
So het Marthinus een van my drome waar gemaak. Thanks Pal! Wat nou van Route 66 in Amerika met twee sulke menere? (Onttrekkings by Nedbank met balaklavas en ons 9 mils sal seker dit kan finansier?)

Sunday, July 11, 2010
Met 'n rugsak reis jy op die "road less travelled"
Kan ek een ding van my hart af kry? Ek kry verskriklik swaar op 'n staptoer, my hele lewe lank al. Daar is iets aan 'n rugsak wat my doodmoeg maak. En al is ek hoe fietsryfiks, hierdie is 'n ander tipe fiks wat ek net nie bemeester nie.
Maar net so moeilik as wat dit is, so is daar iets wat my van kleins af trek rondom 'n rugsak, 'n blou gasstofie, en 'n pad waar my kar nie kan ry nie. Ek dink dit het al in Standerd 4 begin, toe ons met die Voortrekkers by Graskop Veldskool was. Ek het in Standerd 8 die Fanie Botha gestap saam met 'n paar vriende. EK het die Holkrans wandelpad op Lisa van Niekerk se plaas twee maal gestap- bestaan hy nog? Die Blyderiviers saam met Annelie toe ons nog net uitgegaan het. (FAmilie was bang ons gaan saam stout wees, maar ons was te moeg om daaraan te dink!)
Op Universiteit was ek saam met die Stapklub in die Drakensberge, tot bo- op Mount Aux Sources. Ek het in my eerste gemeente 'n staptoer gereël daar bokant Pelgrimsrust. EN in Nylstroom-Oos gemeente het my vorige kollega begin met die ding om die belydenisklas Drakensberge toe te neem. Ek was een keer saam na Cathedral Peak toe, maar dit was 'n baie erge ervaring, veral met hulle gewoonte om een nag 12 uur kamp op te slaan en na die piek toe te klim met rugsakke en al.
Vandat Lukas na Outjo toe terug beroep is, het ek drie keer die Belydenisklas na Monk's Cowl, daar net langs Champagne Castle hotel toe geneem, nou so onlangs as 5-9 Julie 2010 weer. En dit bly steeds lekker, al is my bene steeds seer soos ek hier sit en skryf! My rugsak was alweer anderkant 20 kg, en met my onfikse lyf was dit erg om hom na bo te sleep, veral daar teen die kant van die Sfinks uit. Maar om die tent in die rivierlopie op te slaan, die heerlike soet water daar bo te drink waar geen mens dit nog kon besoedel nie, en die sterre te sien waar geen elektriese lig hulle glans steel nie- dit bly die lewe!
Ek het die voorreg gehad om my dogter hierdie jaar saam te neem. En ek is baie trots op haar. Sy is nou nie heeltemal die grootste aanhanger van kampeer nie, en hierdie was haar eerste ervaring van 'n rugsak, en om 6 km van die naaste toilet af te wees. En tog het sy dit baie goed gevat, selfs haar 17e verjaarsdag opgeoffer om dit saam met haar pa te doen.
Die lekker van stap met 'n rugsak is om weg te kom van beskawing. Weg van televisie en internet, weg van brandstofrekeninge en geraas. Om weer vir 'n slag op jou rug te kan lê in die winterson, en te kyk hoe 'n arend hoog bo die bergpieke sweef- dit maak die lewe weer die moeite werd.
Die groot droom begin opbou- Die Camino de Santiago in Spanje, maar dis 'n ander storie.
Saturday, July 3, 2010
Reis soms buite die gemaksone...
Om op reis te wees, is nie altyd maklik nie. EK hou baie van my eie bed. Ek geniet dit as die stort 3 m weg is, en die naaste toilet nie verder as 10 m nie.
Maar van kleins af was daar ook 'n ander stem wat soms diep in die nag fluister. Daardie stem van die natuur, om te gaan waar my kar nie kan loop nie. Om onder die sterretjies te slaap. Om nie te bad nie, water uit die rivier te drink. Terug na die basiese ding van menswees.
Die een goeie ding wat ek by my vorige kollega geërf het, is die belydenisklas- daardie jong manne en dames in Graad 11, wat gereed maak om die grootmenswêreld self aan te durf. En Sondag na Sondag sien ek of my vriend Danie hulle na kerk. Sondag na Sondag het ons 40 minute om hulle rustig te kry, om die gejaag van die normale lewe stil te kry, en ietsie van 'n Hemelse Vader se liefde met hulle te deel. Amper onmoontlik. Maar in die Julievakansie kry ons die geleentheid van 'n leeftyd. Die goeie tradisie is dat ons almal wat kan, saamneem na die Drakensberge toe. Hoekom in Julie? Want ons is bang vir die weerligseisoen! Hoekom die Drakensberge? Want dit is 'n baie spesiale plek om die Here te ontmoet. 'n Plek waar jy nie anders kan as om stil te word, en oorweldig te word deur die grootheid van die mooi nie.
Voorheen was ons by Cathedral Peak- en dit lyk mos regtig mooier as enige katedraal! Deesdae gaan ons by Monk's Cowl- net veiliger, en net so mooi. Ons slaap die eerste aand onder, soos julle my op die foto kan sien. 'n Mens klim mos nie in daai tentjie in nie, jy trek hom aan! In elk geval, hier lyk ek op my mooiste, net voor alles in die rugsak kom. Dan klim ons teen eie pas op tot bo by Blindman's Corner. 'n Gepaste plek om outjies heen te vat, sodat hulle oë kan oopgaan...
Maandag 5 Julie sal my amptelike derde toer wees wat ek gereël het. Ek gaan weer self die Kinderhuis se bus bestuur. Ek gaan baie moeg wees as ons daar aankom! Die volgende dag gaan ek my onfikse bas teen die berg opsleep, en probeer om nie te lyk asof Saffas my enige oomblik gaan kom haal nie. Bo gaan ons kamp opslaan, kos maak, en dan net.... WEES!!! Ons gaan stil wees, ons gaan mens wees, ons gaan DAAR wees... Wat gaan ons doen? Ek weet nie regtig nie. EK gee ook nie om nie. EK het nie hierdie jaar 'n gedrukte program nie. In ons stil wees vertrou ek dat ons die sagte fluistering van die Heilige Gees, en die lied van die wind, en die teenwoordigheid van die berg sal beleef.
Vrydag 9 Julie sal ons waarskynlik, DV, teen sononder weer by die huis aankom. Ons sal warm kos eet, warm bad, skoon klere aantrek, en in 'n warm bed klim. Die jonge manne en dames gaan hopelik 'n nuwe waardering vir hulle Hemelse Vader, vir hulle eie huise, ouers, kos, menswees hê. Ek vertrou dat dit vir my net so blywend gaan aanraak- 'n nuwe stuk dankbaarheid gaan losmaak, net om weer te kan WEES...

Tuesday, June 22, 2010
2005- Buell bekendstelling- die vonk vat weer flam!
Op 'n goeie dag in 2005 kom my goeie vriend Sam Hoffmann met hierdie blink voorstel: Buell gaan hulle 2006 reeks motorfietse op Gerotek bekend stel, en hy het kaartjies. Sou ek dalk belang stel? SOU EK BELANG STEL!!!? Op hierdie stadium was ek nou al jare lank sonder 'n werkende motorfiets, en die uitnodiging was dieselfde as om vir 'n alkoholis te vra of hy dalk 'n dop wil hê!
Natuurlik het ek belang gestel, en so is ek, en Sam, en sy seun Wouter (Aprilia tegnikus van formaat!) met onse motorfiets kleertjies na Gerotek toe.
Eers gou 'n ou vrywaringsvormpie geteken wat sê as ek my vrek val, ek nie 'n hofsaak teen Harley Davidson sal maak nie. Dapper teken ek.
Ons begin die dag met die Ulysses. Buell se destydse poging om die BMW 1200 GS aan te vat. Tot my skaamte moet ek erken: ek is te kort vir hierdie fiets! As ek op hom sit, raak my tone net-net grond. Die fiets het heel skaflik op daardie kronkelpad teen die berg uitgery. Maar toe die moeilikheid, hulle neem ons na 'n steil helling, met 'n klipperige grondpad. En een na die ander sit die manne die fietse neer. Maar ons Nylstromers was geseënd- nie een van ons het omgeval nie. Genade, nie vernuf nie! Die fiets was net te hoog om grond raak te trap as ek gly.
Tweede sessie was met die Lightnings om die baan. En hier was ek maar bietjie "nervous in the service..." DIt was die eerste keer in jare wat ek regtig op 'n motorfiets gery het. En die selfvertroue was maar min met die "cornering" op die baan. Van die skoolseun wat met genot sy MB se "footrests" in die draaie skuur, was daar niks te sien nie. Maar dit het stadig al beter begin gaan. Die vrees het verdwyn, die glimlag het verskyn, ek was weer in die hemel...!
DIe derde sessie was genoemd "Battletrack"- 'n sport wat in Amerika op die Malls se parkeerterreine ontstaan het. Jy vleg tussen kegels deur teen die stophorlosie, die doel van die oefening is om jou bestuursvernuf te toets. EN ek moet sê: hierdie Buells het deksels lekker hanteer! Hulle is baie korter as 'n gewone motorfiets tussen sy aste, en die swaartepunt is ook lekker laag. Ek dink hierdie moet omtrent die ideale fiets wees om deur die verkeer te vleg op die Ben Schoeman snelweg. Hierdie sessie was regtig lekker- die ou "skills" het stadig weer begin terugkeer.
Na ons drie sessies het ons lekker geëet op Harley se rekening. En toe is ons terug baan toe, waar Craig Jones (internasionaal bekende waagkunstenaar) vir ons gewys het wat kan 'n mens alles met 'n Buell doen. Wheelies, fronties, donuts spin... al die dinge op meesterlike gebied. Waar ek regtig respek vir hom gekry het, was toe hy 'n Harley V-Rod gewheelie het. Dan was daar ook so klein Thai mannetjie wat met custom handvatsels op die voorwiel van 'n Buell sit. Craig doen 'n frontie, en dan druk daardie mannetjie sy helmet teen die grond dat die vonke spat! Gelukkig het hy nie volunteers gevra nie, ek sou myself bevuil het!
Dit was 'n wonderlike dag in my lewe. Die probleem is dat die ou, sluimerende monster diep in my weer wakker gemaak is. Ek het toe geweet ek moet weer 'n motorfiets in my lewe kry. DIe lewe is net te kort om nie een te hê nie! En dit is wonderlik hoe vriende soos Sam jou weer op die regte pad kan help in die lewe!
Foto
Craig Jones en die Thai mannetjie in aksie. Hy draai om, en dan raak sy kop die teer. Foto bietjie klein, geneem met klein digitale kameratjie!
Thursday, June 10, 2010
As die lewe 'n reis is, moet mens soms vinnig vertrek!
Ek het vanoggend opgestaan, en besluit: tot hier toe en nie verder nie. Ek het baie verlof, ek het 'n karavaan, en ek is nou lus vir die see. Geld is nou natuurlik 'n ander kwessie.... Maar nou ja- ek bel ATKV Natalia by Winkelspruit, en siedaar- daar is net een karavaanstaanplek beskikbaar. Is dit nou nie 'n teken van Bo af nie, praat ek myself verder in hierdie storie in.
Toe begin die geskarrel. Die karavaan was drie jaar laas verder as 20 km van die huis af! Die wielbearings moes gekyk word, bande gepomp word, perdebyneste uit die elektriese proppe verwyder word, afgespuit word... Niks onoorkombaar vir 'n man wat more sy tone in die see wil druk nie.
As julle nie lank voor die tyd hiervan geweet het nie, liewe vriende, ek ook nie! Tot vanoggend was ek more op pad skoonma toe. Maar die lewe is 'n reis, en soms kan ons self die stuurwiel draai by die Ben Schoeman- links op die N3, of regs op die N1.
Liewe see, hier kom ons!
Foto- die laaste keer wat ons by Natalia was, net na Stephan se geboorte in 2000.

Wednesday, June 9, 2010
Honda CB 750 F- net te oud!
My vierde motorfiets, glo dit as jy wil, was my vierde 1982 model Honda! Dit het so gebeur...
Ek het met groot trane in my hart my Honda CB 400 N aan my vriend verkoop. Dit was in 1992. Ek was deur die weermag, deur die tyd in Kroonstad as Dienspligkapelaan en Proponent. Ek het my eerste beroep gekry in Nylstroom, later my tweede beroep, ook in Nylstroom. Vier kinders is gebore. Daar was eenvoudig net nooit weer geld vir 'n motorfiets nie.
MAar die honger het nooit verdwyn nie. Elke keer het ek daardie ver af uitdrukking in die oë gekry as die motorfietse deur ons dorpie brul. Daardie sirkusleeu wat so op en af in sy hok loop, en met dooie oë na die maan staar- ek ken sy hart se gevoel.
Op 'n dag (min of meer, ongeveer, by benadering, plus minus 2002) staan ek in my vriend Jimmy se fietswinkel. Ek vra hom of hy nie weet van enige tweedehandse scooters in 'n redelike kondisie nie. Op daardie stadium staan oom Kleyntjie in die winkel, en hoor my versoek. Hy nooi my om saam te kom kyk wat in sy motorhuis staan.
Hierdie Honda CB 750 F het 'n hartseer storie. DIt was ook Kleintjie se seun se fiets. Sy seun was toe al twee jaar oorlede in 'n motorongeluk, en die fiets staan intussen net in die motorhuis. Hy soek 'n goeie baas vir die fiets. Die motorfiets was pragtig opgepas, ook nie 'n krappie nie, soos julle op die foto kan sien. Die Cowley 4-1 uitlaatpyp was indrukwekkend. Die enigste moeilikheid is: die fiets het baie lank gestaan. Ek het die motorfiets by oom Kleintjie gekoop vir R8 000.
Ek was een keer Poison Rally toe met die motorfiets- toe dit nog in Potgietersrust aangebied is. Op pad terug het daar vuilgoed in die tenk losgekom, en in die vergassers verstop geraak. Dit het veroorsaak dat die fiets petrol teen 'n redelike spoed by die oorvloeipypie uitgegooi het. Ek het begin soek na 'n motorfietshandelaar wat die vergassers kon regmaak. Maar oral het ek gehoor: Jammer- hulle werk nie aan sulke ou fietse nie. Hulle ken nie die Carbs nie. En daar is spesiale sinkronisasie of kalibrasie nodig tussen die vier verskillende vergassers, wat hulle nie kan doen nie.
Hierdie arme ou dame het vir 'n jaar in my motorhuis gestaan, waarin ek net nie die regte antwoord kon kry vir haar geriatriese toestand nie. Ek het in totaal minder as 1000 km met haar gery. Ek was later so gefrustreerd. Op 'n dag het 'n jong man by my gestop, en gevra na die motorfiets in die garage. Ek het hom die hartseer verhaal van haar spysverteringsprobleme vertel. Die jong man het gesê hy ken hierdie fietse. Hy het my R7500 vir haar aangebied, voetstoots, wat ek dadelik aanvaar het.
Ek het hierdie motorfiets nog een keer gesien. Die jong man het die vergassers reggekry, en die motorfiets silwer geverf, met 'n blou potloodstrepie. Die fiets was te koop vir R14 000. Ek gun hom enige wins, want ek kon die fiets nie tot haar reg laat kom nie. Ander eienaars van hierdie model motorfiets het getuig van groot betroubaarheid en jare se vreugde. Myne het net te lank gestaan. "I did own the wings, but I never flew..."

Honda CB 400 N- vat my na my meisie toe!
My hart was gebreek oor my gebreekte Honda MB5. Maar dit was seker maar bedoel om my in die grootmenswêreld in te dwing- 'n mens kan ook nie by 50cc bly vir die res van jou lewe nie!
Ek het elke Desember vakansie by Yskor se aanleg in Newcastle vakansiewerk gedoen. Die Desember van my 1e Universiteitsjaar beland ek toe by Hoogoond no 5. Daar het ons 12 uur skofte gewerk, en baie goeie geld verdien. Ek het met my pa oor die universiteitsgelde onderhandel, en hy het uiteindelik gesê dis reg- koop maar weer vir jou 'n motorfiets. Een van my vriende in Bloemfontein het my vertel dat sy buurman 'n Honda CB 400 N wil verkoop, vir die fenominale bedrag van R1400. En ek het dit toevallig in my bankrekening. Hy het my die fiets gaan wys, en ek was dadelik verlief. Daardie kurwes! Daardie kleur! Nie 'n krappie op nie! En so het een van die mooiste verhoudings in my lewe begin!
As 'n man gewoond is aan 'n 50 cc, dan was hierdie 400 'n stukkie hemel op aarde. Ek het met haar my groot motorfietslisensie gedoen. Die Spietkop wat my getoets het, was nog wit geskrik in die gesig nadat 'n medelandsburger hom met 'n 3 ton lorrie vir die ry van sy lewe gevat het! In elk geval, die man het net vir my gesê: "Boet, sien jy daardie stopteken daar (so 75 m weg!) As jy tot daar en terug kan ry sonder om jou nek te breek, dan skryf ek jou lisensie uit." Boet se nek is nou nog heel, en nou ry ek wettiglik groot motorfietse- in elk geval wat lisensie aanbetref, spoed is dalk 'n ander kwessie.
Hierdie tweesilinder was 'n droom. Nie vinnig nie, ek kan nie onthou dat ek ooit veel meer as 160 met haar gery het nie. Maar ek het byna nooit moeilikheid gehad nie.(Daar was die een keer met die "crankshaft", maar Rhenier Nel het dit mooi reggemaak.) Sy het soos 'n droom om die sirkels op Kovsiekampus gegaan. Sy het my veilig huis toe in Newcastle gevat as geen studente kon saamry met die motor nie. En toe ek en Annelie begin uitgaan, en sy soms soos 'n vrou maak, dan het die motorfiets my weer gekalmeer daar op die Bainsvlei pad uit.
Annelie kan mos soms 'n idee in haar kop kry... In my 3e jaar maak sy uit, en gaan hou skool in Oos- Londen. En Februarie in my 4e jaar vra sy my weer om uit te gaan- maar dis 'n storie vir 'n ander keer. In elk geval- nou is ek woes verlief. My meisie sit 560 km weg in Oos- London. Ek leer ken al die Oos- Londen studente op kampus, en ry amper elke naweek met die Passat af, hulle betaal die petrol. Maar as niemand wil saamgaan nie, dan ry ek met die motorfiets Vrydag na klas. En ry Sondagmiddag so 16h00 weer terug Bloemfontein toe.
So gebeur dit dat dit een naweek begin reën, en ek skryf Maandag 'n toets. Ek moét terug. En dit reën. Ek weet nie veel wat van Queenstown af gebeur het nie, want toe is ek al klaar nat deur my reënpak. En dit hou aan en aan met reën. Heelwat later nader ek die groot en indrukwekkende Vrystaatse dorp Smithfield. Smithfield het die fluksste Spietkop in die land... Sondagaand agtuur sien ek net buite Smithfield so vae liggie in die pad waai. Kan ook nie mooi sien nie- die water loop oor die Lafé se "visor" en dit is nog half toegewasem ook. Ek het eers 'n hele interne debat aan die gang oor wat my oë sien, en wat my gepaste reaksie behoort te wees. DIt skop toe in dat die liggie dalk aan die spietkop se arm verbind is, en dat ek DADELIK moet begin rem. Wat ek toe ook doen, en so amper op sy bruin gepoleerde skoen tot stilstand kom. DIe omie wou toe net sien of my lisensieskyfie op datum was. Amper 'n groot gemors! Hier is wyse raad vir elke Spietkop: as dit katte en honde reën, moenie met 'n flou liggie in die pad gaan staan en motorfietse probeer aftrek nie. Ons kan byna niks sien nie, veral nie vir jou nie, jy gaan seerkry. Maar erger as dit: ek gaan seerkry, en dit gaan ons vriendskap ruïneer!
Die Honda CB 400 N het my baie goeie diens gegee. Ek was baie lief vir daardie motorfiets. Toevallig ook 'n 1982 model, nes my eerste twee motorfietse!
In my weermagjaar het dinge begin skeefloop met my finansies. My ouers is ook deur 'n moeilike finansiële krisis getref. OP 'n dag moes ek noodgedwonge die motorfiets verkoop, want ons eersteling was skielik op pad. Gelukkig het my goeie vriend Marthinus Britz haar gekoop, sy het darem nie in 'n vreemdeling se hande beland nie. Ongelukkig het 'n kar voor Marthinus ingery, en het hy bo-oor die bonnet gevlieg. Gelukkig is hy nog met ons, vandag nog my vriend, en nog meer mal oor motorfietse as ek.
Die foto hier bo is waarskynlik geneem op een van die vele Oos-Londen trippies. Soos ek gesê het- daardie blou kleur het dit altyd vir my gedoen! Ek mis daardie fiets, ek het van my heel gelukkigste tye in my lewe op haar geniet, en 'n goeie 5 1/2 jaar se diens uit haar gehad. Ek het nooit met haar geval nie. Ek hoop daar is 'n hemel vir soet motorfietse wat hulle kant in hierdie lewe gebring het, want hierdie een het dit regtig verdien om daardie kronkelpad tussen die wolke mee te maak!

Friday, June 4, 2010
Honda MB5 en die "footrests" skuur op die pad!
Ek het vertel hoe ek die eerste trotse, en later gefrustreerde eienaar was van die heel eerste MTX in Newcastle. Later, heelwat later, sou Honda 'n waterverkoelde MTX 50 uitbring, wat darem amper met die Yamaha DT kon meeding. Die een groot frustrasie was as my vriende 100 km per uur ërens heen kon ry, en ek net 80. Dis sleg om altyd die agterste ou te wees! (Ek dink êrens in my toekoms lê ten minste die nuwe BMW R100RR!)
Die eerste motorfiets wat ek uit my hart uit voor lief was, was die Honda MB5. Myne het na my kant toe gekom deur die leed van 'n goeie vriend. Nicky Samwell se ma was ons wiskunde onderwyseres, en sy pa 'n wetenskaponderwyser van formaat. Hierdie egpaar was slim verby! Maar Nicky het nou nie soveel in die akademie belang gestel as sy ouers nie. En hy was die trotse eienaar van die pragtige MB hier bo op die foto. Sy punte het kwaai geduik in een van sy ouers se vakke. (Dalk 2%, ek kan nie meer so mooi onthou nie!) Toe besluit sy pa- dis sy motorfiets se skuld. Hoe op aarde kan 'n motorfiets 2% by akademiese prestasie steel, wonder ek deesdae. Dit maak dan juis dat jy vinniger by jou boeke kan uitkom!
Nicky besluit toe dat sy motorfiets darem in goeie hande moet wees. EN hy verkoop die motorfiets toe aan my vir R330, R10 minder as wat ek vir die MTX gekry het. Dit was die eerste groot bargain in my lewe. Want Nicky het hom mooi opgepas. DIe foto hierbo is op die Memelpad geneem, net nadat ek hom gekry het. Hoe weet ek dit? Hy het nog die standaard uitlaatpyp op.
Kyk, maak geen fout nie- die MB was 'n fantastiese fiets. Maar hy was nog steeds stadiger as die MBXe en RZ's, hy was darem 'n generasie ouer as hulle, en steeds lugverkoeld. Maar in Newcastle was daar 'n oplossing. Corrie Victor Motors het vir ons Expansion Boxes gebou! Free flow exhaust systems! Magiese woorde, wat my hart nou nog warm laat klop. Eerstens het die goed ordentlik geraas. Een van die groot vreugdes was om daar deur die besigheidsdeel in die aand van die koor af huis toe te jaag, en daardie fantastiese geraas te hoor- pure musiek in 'n skoolseun se ore. Vandag is ek so dankbaar my bure het nie sulke goeters op die erf nie! In elk geval, dié Expansion Box het my MB darem saam met die standaard MBX laat loop. Vir die eerste keer kon ek ook gemaklik 100 km/h haal, en dit was vir my soos wat daardie sub 4 myl vir Roger Bannister moes gevoel het. Ander ouens het nog kasterolie met die "two-stroke" gemeng, maar al my geld het in petrol ingegaan. As ek reg onthou, was dit so rondom R3 om die tenk vol te maak!
Die groot vreugde was om met hierdie motorfiets te "corner". Ons het gereeld daaroor gespog om ons "footpegs" te skuur in die draaie, veral daardie lang, slap draai in Gemsboklaan in (is dit sy naam, kan nie meer Newcastle so mooi onthou nie)
Met my MB het ek matriek klaargemaak. EK moes hom aan die begin van my eerste jaar in Bloemfontein kry, want eerstejaars mag nog nie karre op kampus aangehou het nie. Daar was net een manier. My ouers het my Beetle vir my deurgery, en by my oom in Bloemfontein geparkeer. Ek het die vorige dag die 500 km op die motorfiets deurgery. My ma was seker dood van bekommernis, drie weke tevore het ons my sussie begrawe wat aan kanker dood is. Dit was deel van die rede hoekom ek bietjie tyd op die motorfiets wou deurbring- hartseer en vrees vir die nuwe fase in my lewe wat so skielik gekom het.
Daardie MB het my hart verstaan, en was altyd gewillig om my te troos. Sy voetpegs het so lekker geskuur om die sirkels in die hoofpad van Kovsies se kampus. (Ek vermoed die spoedgrens daar is 40 km/h, maar dit kon nooit bevestig word nie.)
My MB het maar 'n hartseer einde gehad. As eerstejaarstudent in 'n manskoshuis leef jy maar in vrees vir die seniors. En jy moet hulle altyd groet, oral waar jy gaan. Ek het een Sondagmiddag by my familie gaan eet. Op pad terug huis toe het een van ons HK lede hand aan hand met sy meisie gestap. Ek het vir hom gekyk, om hom te groet. EN nie gesien dat 'n polisiebakkie van baan verander, en voor my stop om regs te draai nie. Toe ek weer voor my kyk, staan die bakkie doodstil enkele meter voor my- heeltemal te laat. Ek het hom ordentlik "connect". Lekker gelê en kreun in die teerpad, en vaagweg onthou dat 'n ander polisievoertuig my by Unitas Hospitaal se buitepasiente gaan afgooi het. Daarhet hulle my 'n jodium inspuiting gegegee, om op die X-strale te kyk of my organe heel is . Gelukkig was ek nie ernstig beseer nie, en dieselfde aand was ek nog by die koshuis gewees. Maar ek was vir 'n paar dae so styf ek kon nie beweeg nie. Ek dink koshuisouens het my motorfiets gaan oplaai. En later het die polisie my vir roekelose en,of nalatige bestuur aangekla. Ek het dit selfs reggekry om albei die bakkie se agterligte uit te haal. Ek moes R50 skulderkenning betaal, en nog 'n paar R100 om die bakkie te herstel.
Met die skade en die koste van studies saam het ek nooit geld gehad om die MB reg te maak nie. My ouers het wat oor was, ook aan 'n YSkor Appy verkoop, wat hom reggemaak het, en nog vir jare met hom in Yskor se aanleg ingery het.
Vandag wens ek ek kon hom terugkry, vir my seuns om mee te leer ry. Ek het verlede jaar gaan kyk hoe Bernard in Volksrust rugby speel (op my Aprilia deurgeskiet!) Een dag het ek "for old times sake..." in Newcastle gaan rondry, net weer in Drakensbergweg gaan afjaag. EN daar êrens naby Amajuba, by 'n winkelsentrum, staan toe 'n wit MB. Het ek darem heimweë gekry! Gelukkig was daar nie Eks Ferrum ouens met Suzuki GSX 1000's in die kruisings nie (sien die MTX storie vroeër)!
Ek het die MB seker omtrent net 15 maande gery. Maar daardie dapper klein motorfietsie sal altyd 'n ereplek in my gedagtes koester. Ek het op die Internet op hierdie pragtige foto van 'n Europese MB 5 afgekom, en die enigste verskil tussen hom en myne is dat hy die MBX styl rims het.
Wednesday, June 2, 2010
Honda MTX 50- 'n Motorfiets maniak word gebore!
" Fifties" was groot in Newcastle, soos Jaco Kirsten ook in die Weg geskryf het. "If you don't own wings, you'll never fly" sê die Honda advertensie van die dag.
Maar hoe gemaak as jou ma 'n teatersuster is, en sien hoe die manne lyk wat nie meer aan die regte kant van die rubber verkeer nie? Ma sê: "Oor my dooie liggaam sal jy eendag 'n motorfiets ry..." Pa brom: "Koop hom self!"
Maar ons het 5 km van die Hoërskool af gebly, met 'n skotige opdraende op die Memelpad uit op pad huis toe. En fietsry het dit nie meer vir my gedoen nie, nie vir die image nie, en ook nie vir die sosiale lewe nie. Ek begin toe maar in St 6 om koerante af te lewer, en Dinsdae- die Huisgenoot. In die somer heel skaflik, in die winter met die Natalse Ryp nie so lekker op die baaisiekel nie! Standerd 6 en 7 soos 'n slaaf vir Mammon gewerk. En uiteindelik- Desember 1982, net voor my 16e verjaarsdag, is die geld min of meer gereed.
Nou die keuse: Al my vriende ry Honda's. Maar die MBX is net te duur. (Eerste groot fout met voertuigaankope net hier gemaak). Die Suzuki Gamma is ook baie vinnig, om van die Yamaha RZ nie te praat nie. Die Kawasaki was so bietjie verouderd.
Maar ek het 'n streep Moto-Cross weg- dit was so lekker om daarna te kyk op SAUK! Eerder 'n Scrambler- dan kan ek vir my vriende op die plase gaan kuier ook. Vandag weet ek ek moes eerder die Yamaha DT gekoop het. Maar almal wat saakmaak ry Honda. Die ou MT was verouderd. Die nuwe MTX het uitgekom, en hy het net soos die XL 185 gelyk. Ek was die eerste een in Newcastle met hierdie model! Maar hy was 'n DUD!!! Steeds lugverkoelde enjin, nes die MT en MB. Haal die fenominale spoed van 80 km/h waar my vriende die magiese 100 km/h kon haal. ( Dalk 85 in die legendariese "Panty valley" af, met my voete ingehaak agter die flikkerligte, en die wind van agter!)Was ek teleurgesteld!
Wel, met hierdie eerste motorfiets het ek in Std 8 en 9, en 1e kwartaal van matriek 30 000 km gery!
Om die waarheid te sê was ek op skool maar 'n redelike "loner"- ek het net baie moeilik tussen mense aangepas. Vandag weet ek daar was destyds maar ook 'n goeie skoot depressie ingemeng in my menswees. Maar ek het dit nie toe verstaan nie. Ek kon net nie maklik inpas nie! Maar op my motorfiets het ek vry gevoel. Die adrenalien van daardie eerste reise het opgemaak vir die dopamien en ander breinjuices wat te min was. Op my stadige motorfiets was ek die koning van die wêreld. (Hy was darem vinniger as die meeste meisies se scooters, behalwe miskien Anél se Yamaha Jog!)
O ja, ek het 'n paar groot valle ook aangeteken, om by te dra tot my ma se grys hare. Een oggend het dit vreeslik gereën. Ek het afgery in die Memelpad, tot waar dit doodloop in die Volksrust- Ladysmith pad. Die lig was groen vir my. Van die dorp se kant af het 'n man van Ferrum Hoërskool op 'n Suzuki gesit en wag vir die robot. Destyds het ons nie van Ferrum se manne gehou nie, en ook nie van Suzuki's nie. Ek besluit toe om vir hom so in die draai 'n middelvinger te gooi (was in my ou lewe- verstaan! Ek doen dit nie meer... nie) Wel, in die draai het my gladde agterband 'n oliekol getref, en die volgende oomblik ruineer ek my grys langbroek op die teer. Maar wat die seerste gemaak het, was daardie Ferrum ou se gesigsuitdrukking. EK is so bly ek het nie gehoor wat alles by Ferrum se parkeerterrein gesels is nie! Seker maar die blinde sambok!
Ek het geleef vir motorfiets ry. EK het gewerk vir petrolgeld
Maar omdat ek tien duime het, het ek nie so baie geweet van die ding diens nie. Op 30 000 km het sy enjin bietjie moeilikheid begin gee, dalk van al die sludge in die oliesump! Gelukkig kon ek hom vinnig aan 'n Yskor "Appy" verkoop- net 50 cc's mag ingery het byYskor se hekke na die aanleg toe. Vinnig geleer van waardevermindering- ek het die fenominale bedrag van R1000 neergesit by Hannes Strydom se pa- die Toyota garage het ook die Honda handelaars gehuisves. Met die enjinmoeilikheid het ek R330 vir die motorfiets gekry. Maar dit was toe ook nie so sleg nie, want die selfde dag het ek geleer om op te gradeer na 'n ouer model toe. Dit sal die volgende storie wees.
Daardie Honda MTX 50 was mooi, hy was stadig, maar hy was myne. My eerste voertuig met 'n enjin in. Ek dink die Honda het my gehelp om deur baie moeilike tienervrae te worstel. As daardie Ferrum ou op die Suzuki Gamma ooit hier lees: Sorry, boet!
Foto- Die spieëls is altwee afgeval...

Die vreugde en die vryheid- 'n Motorfiets
As jy elke dag met mense werk, dan raak mense soms een te veel. Elke mens het maar daardie basiese, onbewuste idee dat hy of sy die middelpunt van die heelal is. Selfs ek dink baie keer dat net ek reg dink. Almal wat van my verskil moet êrens iets verkeerd verstaan. Maal dit nou met 'n gemeente van 1700 mense, wat elkeen 'n idee het wat Dominee nou eintlik moet doen vir hulle- goeie diens is belangrik
Wel, soms raak al die stemme te veel. Soms lui die telefoon daardie een keer te veel op 'n dag. Soms is dit net nie lekker om in jou baan te bly, en al die reëls gehoorsaam en slaafs te volg nie.
Hier binne in die dominee is 'n biker wat wil uit. Ek is baie dankbaar vir my 5e motorfiets in my lewe, my Aprilia Pegaso 650 Cube. Hy kan oral ry, maar hy kan dit nie vinnig doen nie. Baie soos ek!
Vir die Argusse van 2009 en 2010 het ek gereël dat my fiets met vriende afgaan Kaap toe. Ek self het met die motorfiets afgery, hierdie jaar saam met 'n baie goeie vriend van jongdae af.
Om met 'n motorfiets te toer, is nie om te jaag om by jou bestemming uit te kom nie. Daarvoor is my Italiaanse meisie met die mooi kurwes in elk geval nie gebou nie. 'n Reis op 'n motorfiets bly 'n avontuur. Om dit reg te doen, moet jy eintlik nie eers 'n idee hê waar jy vanaand wil slaap nie. Jy volg jou voorwiel. Jy stop by elke interessante koffieshop langs die pad. Jy draai af op die minder bekende paadjies, en die meer "scenic route". Eers laatmiddag begin 'n mens wonder in watter dorp gaan jy 'n wonderlike gastehuis ontdek. Watter restourant gaan vir jou daardie unieke dis voorsien, wat so ligjare verwyderd is van Micky D of Wimpie. Soos die skaaptjops wat 'n mens ekstra kan bestel vir R9-00 by die Travalia Padstal, 1 km verby Drie Susters. Of die hamburger van die Merino Restaurant in Victoria Wes. Of die vetkoeke van daardie vriendelike geel kafee reg oor die NG Kerk in Trompsburg.
Op die motorfiets kan die selfoon jou nie pla nie. Jou bankbestuurder wil nie saamry nie. In die draaie van die Huishoekpas sit die tandarts se rekening nie in jou kop nie. Dis net mens en masjien, rubber op die teer, loutere genot. Op die motorfiets skakel jou "worry" deel van die brein af. Dalk werk net die reptielbrein- absolute oorlewing, absolute ekstase. Jy is weer mens, deel van die natuur, reisiger in die wind, die reën, die son. Jy oorleef ou tannies met Corollas in klein dorpies, bye wat in jou baadjie invlieg, vlakvarke op die pad tussen Marken en Ellisras. Bo in Botswana, anderkant Nata, kan jy selfs tussen die olifante deurvleg!
En soms raak die pad op, soos op hierdie foto hier bo. Ewan MacGregor en Charlie Boorman het van bo in Skotland die lang pad af gevat, om ook hier te eindig. Hier by Kaap Agulhas kan jy nie verder Suid nie. Wel, nie in Afrika nie. Hier sit 'n mens en droom oor die pad wat jy afgelê het om hier uit te kom. Hier sit jy en geniet die oomblik van hier en nou. Eers heelwat later begin jy dink om weer op te klim, en verder te ry. Na die Backpackers op Struisbaai. Die pragtige sandsteen gastehuis in Baron van Rheede van Oudtshoorn straat in Oudtshoorn.
'n Motorfiets is in jou bloed. Soms is jou bloed ook op die motorfiets- maar dis 'n ander storie! 'n Mens lewe net een keer. Elke mens het daardie een ding nodig wat ons herinner- ons kom net een maal hierlangs verby. Hoekom nie maar op die agterwiel nie?

Thursday, May 27, 2010
Die ander naaste naastes in my reis.
Die ander reisgenote langs die pad. Nee, die geel ene is nie my seun nie.
Anja, Bernard, Ewald en Stephan.
Groot vreugde, groot trane, groot bekommernis, groot uitgawe, groot hoop, groot toekoms!
Dis tog waaroor die lewe gaan!

Die wonderlikste reisgenoot wat ek ooit kon kry!
Soos ek ouer word, besef ek net meer en meer dat die dinge wat die lewe die moeite werd maak, nie met geld gekoop kan word nie. Ek bevestig deesdae baie paartjies in die huwelik. En ek sit soms ure saam met mense wat die seer van stukkende verhoudings beleef. 'n Wonderlike huwelik is nie vanselfsprekend nie! Daarom is ek so dankbaar vir my heel naaste! In Annelie se arms wil ek eendag doodgaan (dit wil nou sê as die plan om op 96 per ongeluk met die Harley te val, nie uitwerk nie!) Haar liefde is 'n baie stewige fondament in my lewe. Na 20 jaar se getroude lewe is ek nog steeds verlief op haar! Haar humorsin, haar wysheid, haar menswees maak die lewe vir my die moeite werd.
Hierdie foto was Stephan se heel eerste een in 2006, toe hy maar 6 was! Geneem op ons Kaapse gesinsvakansie in Kaapstad se Waterfront
Friday, May 21, 2010
Ek, Ewald
My lewensreis het begin op 1 Februarie 1967 in Pretoria. Ek is nog steeds besig om elke dag te reis die onbekende in. Ek het hierdie een lewe gekry, om daarmee te maak die beste wat ek kan. Ek weet nie wat my telling sou wees as daar 'n eksamen moes wees oor die sukses van 'n mens se lewe nie.
Al lees niemand hierdie ooit nie, wil ek my blog graag gebruik om my eie padkaart te vind, soms te verwoord wat ek ervaar. Ek wil geleentheid hê om maar lekker deurmekaar te wees, soos ek is. En as daar vriende later sou aansluit, baie welkom vir julle.

Subscribe to:
Posts (Atom)