Daar was vriende wat my nie geglo het dat hierdie boek bestaan nie... Moet nooit met my oor boeke stry nie...
Dog ek wou net sê...
'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!
Wednesday, September 14, 2011
Saturday, September 10, 2011
Die tragiese verhaal van die einde van 'n Droom...
Eendag lank, lank gelede, verlede Saterdag om presies te wees, het die jongste prins in die Koninkryk van Schmidt besluit om 'n boer te word. Tydens die kerk se fees het hy twee kuikens gekoop. Hulle name is dadelik gegee as Mollie en Wors. Die vader van die huis was diep geskok- hy het nie eers geweet dat die jongste weet wie is Mollie en Wors nie.
En so is die droom van Stephan's Fried Chicken gebore. Nou nie in die prins se gedagtes nie, hy is lief vir diere. Hy sien net groot hoenders en baie kuikens in die agterplaas in sy gedagtes... Maar sy ouers sien Barrells en Nuggets!
Saam met Mollie en Wors het 'n sakkie kuikenkos gekom, en gelukkig is daar 'n leë voëlhok in die agterplaas.
Die hele week het ons die gerusstellende tweet tweet tweet uit die hok gehoor. Die boerdery was op koers, die toekoms blink. Maar Woensdagaand het die doodsengel van klein kuikentjies die eerste keer opgedaag. Wors is wreed uit hierdie wêreld weggeruk. Sy plek is leeg, sy stem is stil. Sy nageslag sal nie meer 'n reuse besigheid kan oplewer nie. Donderdagoggend lê Wors bones in de lite in sy kosbak. Daar is ook geen waardigheid in die dood nie! Daar is plegtig begrafnis gehou, en Wors is te ruste gelê onder die ou Kareeboom in die pastorie.
Mollie het diep getreur. Die lewe sonder haar Wors was vir haar net te veel om te hanteer. Sy is gediagnoseer met Major Depressie. Die lied in haar hart was weg. Die toekoms het soos 'n eindelose reguit pad deur die woestyn voor haar gelê. Is daar Prozac op die mark vir 'n twee weke oue kuiken sonder 'n mammie of 'n pappie, en sonder haar lewensmaat?
Die las was net te swaar om te dra. Die dekselse doodsengel van klein kuikentjies was weer in die omgewing. Gisteraand het Mollie nog verwese gepiep...piep... piep. Maar dit het al swakker geword. Die vonk van lewe het al laer gebrand. Die prinses van die koninkryk het dit gehoor, en vir 'n slag haar ontferm oor die swakkere. Sy het Mollie in die donkerste duisternis gaan haal, en in die huis in 'n boks kom sit...
Helaas- die skok was te veel. Vanoggend, toe die son opkom, was Mollie nie meer met ons nie...
Die hartseer eindig ongelukkig steeds nie hier nie...
Gisteraand, tydens die noodbehandeling, het die mediese personeel 'n inspuiting gebruik om die moeë Mollie te rehidreer.
Vanoggend, na die hele treurspel in die lig gekom het, het Stephan oudergewoonte die inspuiting gegryp, en vol water getrek, en in sy mond gespuit. Kort daarna het die skokkende nuus gekom: daardie inspuiting het dan Mollie probeer help...
Stephan was dadelik in 'n toestand. Hy weet genoeg van kieme en besmetting om dadelik in sy gemoed die prentjie te sien van 'n dodelike hoendervirus wat Mollie geëis het, wat nou ook op hom vatplek gekry het.
Sy prognose, selfgediagnoseer, is dat hy nou vyf maande oor het om te lewe. En dadelik is hy depressief...
Sy suster gebruik natuurlik die geleentheid om hom te verseker dat hy nou hondsdolheid het...
Dis die einde van die Wêreldwye Hoender Franchise droom- Stephan's FC sal nooit KFC inhaal nie.
Nou is Stephan baie depressief. En as hy depressief is, haal hy sy kitaar uit. Hy verwoord sy pyn in musiek, in die tradisie van Leonard Cohen, of Ella Fitzgerald, of Edith Piaf. Die lewe se pyn word melodie en rym... ongelukkig kon ek nou nie presies die woorde hoor daar in die tuin nie.
So geliefdes, dink asseblief vandag aan hierdie huis van smart... Ons pyn is diep...
Maar met die genade sal ons dit seker maak...

Tuesday, August 30, 2011
Anderkant jou en my, lê daar 'n Berg... *
"Ek het 'n vriendin, ver by die blou see... Teen die hange van Tafelberg, as die son sak.." Koos Kombuis- Lisa se Klavier
Ek weet nie wat is vandag in my lewe aan die gang nie. Ek het hierdie ongelooflike hunkering om in die Kaap te wees vanaand. Om die sonsonder oor Robbeneiland te sit en aanskou, met verskuldigde eerbied, van die Blue Peter se stoep af. Ek het die behoefte om saam met goeie vriende daar 'n Pizza te eet, en 'n tweede en 'n derde bottel rooiwyn saam leeg te maak.
Ek verlang na die Kaapse paaie met my motorfiets. Ek verlang na daardie uitjaag verby Atlantic Beach se hobbelpad, verby Derdesteen, waar die Suid-Ooster my altyd verby my topspoed druk in die rigting van Melkbosstrand. Ek verlang na die draaie daar verby Rooi-Els, die Franschhoekpas, Helshoogte. Ek verlang na die reuk van Kalkbaai, selfs die pong daar voor Simonstad is reg met my vanaand. Ek verlang na die uitsig van Millers Point en Slangkop en Chapmans Peak.
Ek verlang na die Afrikaans van die blommeverkopers in die middestad, ek verlang na Ferryman's se Bosun's Bitter bier. Ek verlang na Exclusive Books in CAnal Walk, en die boekwinkel agter die Windpomp by West Coast Village.
Ek verlang na my vriend die dominee en sy kids, ek verlang na die roomysman, ek verlang na die singende dominee, ek verlang na die kerkgebou van Bloubergstrand. Ek verlang na Ons Huisie restaurant, en sushi by Eastern Fusion op Melkbosstrand. Ek verlang selfs na die wegspring met die fiets onder die Burgersentrum- "everybody says Whoopah!" Ek verlang na Mariner's Wharf se snoek, en die skoenlapperplek van Stellenbosch.
Ek verlang selfs na nuwe vriende wat ek nog nooit persoonlik ontmoet het nie- die dromer oor volgende jaar se Camino, die ene met die oranje huisie by die see, die vriendin met die hartseer oor 'n pragtige wit Run-X. Die een met die helder flitsie by Swellendam, en die suster in die hospitaal.
Ek verlang na die reuk van mos na die oes, calamari langs die strand. Ek verlang na die draairoomys met die sugercone, die stap daar by Dolphin Beach. Ek verlang na die ou wrak wat ek so van News Café kan sit en bekyk oor omelet en toast.
Vanaand wou ek graag DAAR wees, en nie HIER nie...
Wat gaan met my aan?
* Titel met apologie aan Dozi
Sunday, August 28, 2011
"Life is hard and full of disappointment..." Stephan
Onse jongste is die enigste van ons kinders wat van kleins af belang stel in die teenoorgestelde geslag, in 'n jong, onskuldige weergawe van vaste verhoudings. Hy trek nou by sy tweede meisie. Die eerste een het hom afgesê vroeër vanjaar, en toe ontmoet hy die volgende meisie in sy klas...
Maar in Graad 4 is die verhoudings maar baie turbulent... Ons lei oor middagete af dat hy die "Dear Johnny" briefie onlangs ontvang het. Hy lê sommer daar langs die swembad op sy rug, en speel sy kitaartjie, terwyl hy die "thousand yard stare" van die Vietnam oorlog volmaak naboots... Hy wil nie met sy pa praat nie, en ongelukkig ken hy nog nie die woorde van "No-one knows the trouble I have seen" nie.
Terwyl ek my middagslapie so op die heilige Sondag geneem het, het hy een van die tente opgeslaan in die agterplaas. Hy wil net bietjie uit die huis uit kom... Dinge druk hom...
Ek dink ek moet maar vanaand 'n vuurtjie daar langs sy tent gaan maak, en saam met hom 'n worsie braai en rooikoeldrank drink, dat ons maar soos manne gesels oor ons probleme met die estrogeenfabrieke. Want hy ontdek dit gou- die dames dink en werk so anders as ons. Hy gaan nog baie keer wens vir 'n tent, later 'n motorfiets, om bietjie weg te kom van die moeilikheid van verhoudings.
Miskien is dit 'n goeie ding om vroeg in jou lewe 'n paar liefdesteleurstellings te hê. Dit leer 'n mens dalkies net om die regte een soveel meer te waardeer wanneer sy die dag opdaag. En dalk berei dit jou voor dat die regte een ook nooit die volmaakte een gaan wees nie. Selfs in 'n gelukkige verhouding gaan daar maar soms moeilikheid wees, en af tye, waar 'n mens mekaar goed die duiwel in gaan maak...
My jongste het so die vermoë om sy hele hart in 'n verhouding in te sit. Ek hoop nie seerkry breek dit ooit in hom nie.
Oom Mike Smuts Snr het altyd gesê 'n mens moet bly wees vir elke liefdesverhouding wat nog nie uitwerk nie- dit beteken die Here het iemand in gedagte wat nog beter by jou pas...

Sunday, August 21, 2011
The Legend of Sparky...!
Ek stap verby my naamgenoot se kamer, en sien hierdie teen sy muur...
Hoekom Sparky? Van baie kleins af het sy ogies so mooi geblink, daar was nog altyd so onnutsige kyk in sy oë, en so ondeunde glimlaggie. Van BAIE kleins af. Soos op hierdie foto.
Hy het nog altyd 'n wonderlike sin vir humor gehad, en is baie lief vir lag. Hy het 'n ongelooflike fyn waarnemingsvermoë, en kan mense baie fyn namaak.
Maar asseblief, julle mag hom nie Sparky noem nie! Hy hou niks daarvan as enige iemand anders as ek vir hom dit sê nie.
My legendariese seun het so klein dopamientekort in sy brein. Dit maak dat hy soms sukkel om te fokus. En daarom het hy nie altyd die beste akademiese punt nie. Hy kan ook op die sportveld soms aandag verloor.
Hierdie goetertjies in sy lewe kry aandag op die oomblik. En eendag gaan hy agterkom dat daar niks verkeerd met sy brein is nie, dat daar eintlik 'n ongelooflike kreatiewe instrument daar binne skuil. Eendag gaan sy fokus mooi reg kom, en dan gaan hy sy droom waar maak, en 'n krieketbal oor die grens slaan dat mense vir weke lank gaan soek vir die daardie bal.
Eendag gaan hy sy kop optel, en in homself begin glo. En daardie dag gaan niemand hom weer stop in die lewe nie. En ek beplan om elke tree van die pad saam met hom te wees, om hom aan te moedig...

Tuesday, August 16, 2011
'n Hartseer bladsy uit my fotoalbum... Ilse Schmidt 16 Augustus 1970- 10 Desember 1985
Toe ek in Standerd nege was, en verjaar het, het my jongste sussie hierdie verjaarsdagkaartjie vir my gemaak. Sy was deeglik bewus van my liefde vir motorfietse en karre... Dit is een van my gunsteling besittings, en ek kan dit nie waag om dit uit die album te haal nie, uit vrees dat dit sal disintergreer.
Net na my 18e verjaardag is sy met kanker gediagnoseer. Sy het dapper daarteen baklei, maar die stryd uiteindelik verloor op 10 Desember 1985. Sy was vyftien jaar oud. (standerd 7).
So dikwels dink ek aan wat alles moontlik kon wees. Sy wat volwasse kon word, kon studeer, kon liefhê en trou en kinders hê.
So dikwels dink ek aan hoe ek as matriekseun glad nie geweet het hoe om haar siekte te hanteer nie. Hoe ek dit maar probeer ignoreer het in die hoop dat dit net sal weggaan. Hoe ek nie geweet het hoe om te sê dat ek eintlik hel baie omgee, en nie geweet het hoe om dit te wys nie. Dat daar 'n helse stuk seer in my hart was, wat net op my motorfiets soms uitgeklim het as ek roekeloos deur die draaie van die dorp gejaag het, en soms afgebliksem het in die proses. Hoe ek nie geweet het hoe om na haar te luister nie, dat ek te bang was om te vra omdat ek nie die antwoorde geken het nie... (nog steeds nie...)
Ek het al baie gewonder hoe het ons, as gesin wat lief is vir fotos neem, niks beter fotos van haar het as hierdie een in die Newcastle Advertiser se berig nie.
Haar dood het in my eie lewe 'n geweldige leemte gelos. Dit het vir my nog altyd daardie vrees gegee om iemand lief te hê- kyk hoe seer is dit as so iemand weggevat word. Dit het vir my van al my onskuld beroof- skielik gebeur slegte dinge nie net met IEMAND ANDERS nie. Die spook van kanker in ons familie maak my steeds bang...
In ons gesin van oorsprong het dit elkeen van ons nog meer in ons eie hoekies toegeverf. Na Ilse se dood was niks meer dieselfde nie.
En enkele weke later moes ek die ouerhuis verlaat, en my pad gaan oopveg in die universiteit. Skielik moes ek die grootmenslewe hanteer, die ontgroening in die koshuis, om skielik 'n kamermaat te hê, om Grieks en Hebreeus te probeer deurkom. Ek het net nooit die tyd gevat om behoorlik oor Ilse te rou nie... En daardie seer kom nog steeds elke nou en dan uit. Verlede jaar sou sy 40 gewees het, dit het my baie hard geslaan. Elke jaar op 16 Augustus onthou ek...
Ek wens ek was 'n beter ouboet. Ek wens ek het meer gehad om te gee. Ek is jammer. Jy was baie spesiaal! En ek was te fucked up om jou so te behandel. Ons ander sussie kry swaar op die oomblik. En weer weet ek nie hoe om te wys ek gee om nie, en weer weet ek nie hoe om te help nie...
Monday, August 15, 2011
Ma, luister tog as die kinders praat...
Dis interessant as 'n moeder 'n bemoedigende boodskap vir die gesin wil skryf, en dit so lelik op haar kan backfire... Dit lyk my die Vrug van die Gees van Vriendelikheid is so bietjie in Short Supply in die pastorie op die oomblik...
Saturday, August 13, 2011
Plattelandse basaar, en hoogmoed kom weer tot 'n val!
Vandag was weer NG Gemeente Springbokvlakte se jaarlikse basaar. En al is dit 'n entjie van ons huis af, is dit een van die hoogtepunte in die Schmidt familie (of dan twee derdes van ons) se jaar.
Die Ma van ons huis staan vyf dae 'n week baie vroeg op om almal gereed te kry vir skool. So behalwe vir nasionale rampe en uiters groot prettige geleenthede, staan sy nie vroeg op 'n Saterdag op nie. En nommer 3, my naamgenoot, is ook van nature baie lui en lief vir sy bed. Hierdie tweetjies wou nou nie saam vanoggend uitry Tuinplaas toe (waar Springbokvlakte gemeente is nie...)
Ons moes sewe uur daar wees, want die gemeente het 'n baie lekker fietswedren. 'n 48 km bergfietsren deur 'n paar plase vir die baie fikses, en 'n kort 10 km om die een oom se mielieland vir ons kinders en onfikses soos ek. My jongste wou al baie lankal weet wanneer is hierdie fietswedren, want sien, hy het verlede jaar 'n R3300 bergfiets gewen in die "lucky draw" by daardie gemeentebasaar. 'n Mens sou kon sê hy beskou hulle nou as sy familie! En Pa moet hierdie jaar saamry. Want verlede jaar was Pa saam. Maar ek het dieselfde sinusdrip gehad as hierdie jaar. Verlede jaar het ek agter in die bakkie gelê terwyl die seuns fietsry. Hierdie jaar het ek besluit om 'n beter pa te wees as dit. En tog maar op my ou geel bergfiets ook saam gery.
Ousus was ook saam, haar een hokkievriendin met dieselfde van as ons het by die biltongstalletjie gewerk. En Ouboet wou ook vreeslik graag saamgaan, hoekom het ons nie verstaan voor die tyd nie. Dit blyk nou dat daar 'n blonde klasmaat is, 'n baie mooi meisie, saam met wie hy heerlik die hele oggend gekuier het. Vriendskap is darem 'n kosbare ding!
Ek en Kleinboet het in die koue maar onse sweetpakke afgestroop. Die ou vlakte is vandag baie, baie koud! Daar is nie baie wat deelneem aan die fietswedren nie, skaars so vyftien. Ek en jongste is heel agter van die begin af, hoofsaaklik vanweë ekke... Ons draai van die teerpad af in, langs die oom se huis verby. Dis 'n groot boerdery, met die mooiste trekkers onder die afdak. Die eerste drie kilometer is 'n droom. Dis turfgrond hier, en die paadjie is lekker hard, met sulke fyn krakies in. Ek voel sommer goed en baie fiks. So ek het nie so baie verloor van die Argus af nie! Een van die boere ry voor in sy Landcruiser bakkie. En toe draai hy verkeerd af. Hy wou ons seker help op 'n kortpaadjie. Die oorspronklike plan was dat ons om die buiterand van die landerye sou ry, in die harde paadjie. Die nuwe kortpad is hier tussen die lande deur, en die pad word skielik geploegde grond. En nou: my bande op my fiets is Continental Town & Country. Hulle is gemaak om op teerpad te ry (75%) en as jy op harde grondpad sou ry, sak hy so bietjie in, en gee dan vir jou lekker traksie. Sand? Moeilikheid met 'n M! Amper sê ek met 'n K!
Ons ry so entjie. Skielik duik daar 'n kontoerwal op. Jongste het geen probleem nie, sy fiets het die regte bande op, en hy is so lig soos 'n veertjie. Hy sweef oor die sand. En sy pa? My voorwiel begin gly. Ek kry nie my voet uit die pedaal uitgeklik nie. Ek koop 'n plaas. Die eerste een. Daar is so bietjie velle af op my linkerbeen. Dit gebeur maar in die beste families, dis seker tyd vir my jaarlikse val. Nog tweehonderd meter, nog 'n kontoerwalletjie, nog dik sand. Voorwiel gly, kry nie my voet uit nie, plaas nommer 2. En na nog 100 meter - digte los turfgrond. Voorwiel gly, voet sit vas, plaas nommer 3. Gelukkig is ons teen hierdie tyd ver agter almal. Want ek het die behoefte om lank en aanhoudend lelik te praat...
Ek laat jongste aanry, terwyl hy so goed doen. Daar is nog 6 km oor. As ek teen 3 valle per km gaan aanhou, gaan ek êrens seerkry, twee valle was weer op my linkerarm wat verlede jaar in die bakkierol seergekry het. Ek besluit om maar die km terug te stap na die harde pad toe, en dan terug te ry. Jongste ry aan. Gelukkig kom daar 'n back-up bakkie op daardie stadium aan, en laai my op. Daar is alreeds twee ander ook agterop. Gelukkig het ek niks om vandag te probeer bewys nie. Ek klim met 'n lied in my hart op die bakkie. Intussen het Jongste gas gegee, hy het sommer die bondel ingejaag sonder my wat hom terughou. Hy het sy wedren verskriklik baie geniet, en sommer 'n medalje ook gekry.
Die Plattelandse basaar was verderaan baie lekker. Ek het so 'n ontbyt van lewer en pap en suursous gekoop. Met 'n ordentlike sosatie om dit mooi af te rond. Daar is ook pannekoek geëet, en die heerlikste Peppermint Crisp tert vir R5.00. Verskeie koeldranke is gedrink. Die kinders het lekker gekuier met al die vriende. Ons het gebly vir die Lucky Draw, maar die keer het ons nie weer 'n fiets gewen nie...
Die seuns het die Waterballe baie geniet.
Hierdie is 'n klein gemeentetjie, wat swaar geraak word deur die ontvolking van die Platteland. Hulle het die probleem dat kleiner boere dit nie meer maak ekonomiesgewys nie, en verkoop aan groter boere. En tog het die groepie wat agtergebly het, besluit dat hulle gemeente sal voortbestaan, hulle gaan hul bes daarvoor probeer. Daar was nie so baie mense by hierdie basaar vandag nie. En tog was die atmosfeer baie, baie lekker gewees. Ons sal maar volgende jaar weer so maak!

Sunday, August 7, 2011
Saterdagoggend, tussen Villiers en Frankfort
So is ons mos toe die naweek na Bethlehem toe om vir ons goeie vriende, die Staatse, op Bethlehem te gaan kuier. Ons beplan om koud te kry, die warm vriendskap te geniet, sneeu te sien en voor die kaggel te sit met sherry in die hand.
Op Pad na Bethlehem toe is ons deur sewe padverleggings. En hier volg die grusame, dog ware verhaal van een so 'n stop.
Ons kom vir die sewende keer op ons reis tot stilstand by 'n Padverlegging. Ons ry in Maya die By, my pragtige geel gerolde Mazda Drifter, met die sleepwaentjie aan.
In die bakkie bulder die musiek kliphard- 80's Rock wat ek by die Grové's se sentrumpie in Pretoria gekoop het.
1. Die Ma van die Huis:
Lyk baie vriendelik en opgewek. Sy sien baie uit na die vriendin by wie ons gaan kuier, hulle twee verstaan mekaar se harte mooi. Maar die foto is effens misleidend, want eintlik is sy effens gatvol vir die ousus langs haar, en vir die bestuurder se donker Afrikaanse woorde met die aankoms by nog 'n padverlegging.
Op die agterste sitplek sit sussie, matriek. Sy hou nie baie van die res van ons nie. Sy word baie karsiek, en is gewoonlik ook in 'n redelike bedonnerde bui as ons langpad ry, haar broers irriteer haar. Sy gaan my vir altyd haat vir hierdie foto, en my in 'n aaklige ouetehuis sit oor ek dit waag publiseer het. Oudste en jongste seuns is die twee apies wat agter die Canopy uitloer. Dié twee kom nogal oor die weg met mekaar, en kan daar agter sit en giggel oor die res van ons.
Middelseun sit voor langs my. Hy kan baie snaaks wees, en mense baie goed na-aap. Maar hy kan ook die res van die kinders redelik in die rooi rev. Daarom sit hy nou voor op hierdie stadium- hy sê ook hy word karsiek wanneer dit hom pas.
En die bestuurder?
Ook loshande die lelikste foto van my, en ek sal dringend moet begin Weighless na die feesseisoen. Self geneemde foto. Die bestuurder praat donker Afrikaans as daar NOG 'n padverlegging is, terselfdertyd sing ek hartlik saam met Pat Benatar, en irriteer my tieners, wat vir my sê nie al die musiek uit die tagtigs was mooi nie. Ek hou van die langpad, want ek is verskriklik lief vir reis. (Maggies, ek lyk deur die bruin goed hier...!)
Ek het vir my dogter belowe ek sal 'n mooi foto opsit van haar- ek het niks gesê van die ou een afhaal nie...
Na 'n ewigheid het die robot groen geword, en kon ons verder gaan op ons heerlike reis na die koue van Bethlehem, en die warmte van ons goeie vriende se harte en huis toe...
Op Pad na Bethlehem toe is ons deur sewe padverleggings. En hier volg die grusame, dog ware verhaal van een so 'n stop.
| 'n Dark and stormy day- tussen Villiers en Frankfort in die Vrystaat |
In die bakkie bulder die musiek kliphard- 80's Rock wat ek by die Grové's se sentrumpie in Pretoria gekoop het.
1. Die Ma van die Huis:
| Die moeder- on the edge... |
Lyk baie vriendelik en opgewek. Sy sien baie uit na die vriendin by wie ons gaan kuier, hulle twee verstaan mekaar se harte mooi. Maar die foto is effens misleidend, want eintlik is sy effens gatvol vir die ousus langs haar, en vir die bestuurder se donker Afrikaanse woorde met die aankoms by nog 'n padverlegging.
| Ousus, geïrriteerd, twee apies- giggelend... |
| Middelboet- hoekom is sy bynaam Sparky?! Hy steek die vuur aan... |
Middelseun sit voor langs my. Hy kan baie snaaks wees, en mense baie goed na-aap. Maar hy kan ook die res van die kinders redelik in die rooi rev. Daarom sit hy nou voor op hierdie stadium- hy sê ook hy word karsiek wanneer dit hom pas.
En die bestuurder?
| Pa: Derek... |
Ek het vir my dogter belowe ek sal 'n mooi foto opsit van haar- ek het niks gesê van die ou een afhaal nie...
| Ousus: op pad vir aandjie uit... |
Na 'n ewigheid het die robot groen geword, en kon ons verder gaan op ons heerlike reis na die koue van Bethlehem, en die warmte van ons goeie vriende se harte en huis toe...
Thursday, August 4, 2011
Die vreugde van 'n Bosberaad...
So nou en dan moet 'n mens se werk ook die baie lekker oomblikke hê! Ons gemeente is geaffilieër by die Suid Afrikaanse Vennootskap van Gestuurde Gemeentes. En so nooi Hannes Peens van Marken gemeente ons leraars om saam met Frederick Marais van Stellenbosch 'n aand om 'n kampvuur in die bos te gaan sit.
Uiteindelik kon net vier van ons dit bywoon, Frederick Marais, Hannes Peens, Tokkie Scheepers van Ellisras- Wes gemeente, en ek.
En wat 'n heerlike aand was dit nie gewees nie!
Ons het gisteraand, so in die winter, in tente geslaap. Ek dink as 'n mens nou in die winter moet in tente slaap, is Marken seker een van die beter plekke om dit te doen.
Die twee tente is baie netjies opgeslaan onder 'n reuse ou Maroelaboom. In hierdie boom is die mooiste hamerkopnes!
Nadat ons ingetrek het, het ons die vuur aangesteek. Daar is baie lekker gesels rondom die vuur! En ja, daar was toe rooiwyn ook gewees om die gesels aan te help. Frederick het vir ons 'n botteltjie Durbanville Hills Cabernet gebring (dit kom na die tyd uit dat dit op Marken se drankwinkel gekoop is, een van die vier geboue in Marken!) Daar is so 'n heerlike boma, waar ons kon gesels oor baie diep dinge. Hoe dit met ons en ander kollegas na aan ons harte gaan. Ons kon gesels oor die kerk in hierdie tye. Diep dinge, seer dinge, lekker dinge is gesels tot na elf.
Vanoggend het die manne weer vroeg begin beweeg. Ons het 'n heerlike koffietjie gedrink om die vuur- 'n Franse koffie gemaak in 'n aliminium plunger van Checkers, baie lekker manier om die dag te gaan begin. Daarna het ons gaan stap in die veld. En ek het my kamera in die tent vergeet! Ons het by 'n dooie hardekoolboom gaan staan. En eendag sal ek hom moet gaan afneem. Hannes sê as hierdie bome besluit om te vrek, dan vat hulle 400 jaar om dit te doen. En wat 'n pragtige stomp! Daar is die mooiste patrone deur die wind en weer, en jare se veldbrande op dit uitgekerf.
Ons het tussen kierieklappers en groot aalwyne, Bruidjie van die Bosvelds en papierbasse, knoppiesdorings en groot, lewendige hardekoolbome deurgestap. Ons het in verwondering wind-af van 'n jongerige rooibokram gestaan en kyk, hoe hy heerlik wei, later van ons teenwoordigheid bewus raak en seker vir twee minute stip na ons gestaan en gluur het op so veertig meter afstand. En toe 'n neushoringvoël bler, toe spring hy weg. Ons het koedoespore en blouwildebees gesien, daar was die spore van 'n groot luiperd, en die mis van 'n bruin hyiena. Ons het op 'n koppie met die mooiste rotsformasies geklim, en dit net geniet om mens te wees, met soveel skoonheid in die natuur om te bewonder.
Heelwat later het ons gaan brunch maak. Van gisteraand se pap en sous warm gemaak, en die twee varktjops wat oorwas in repies gesny en daar in gegooi. Daar was 'n heerlike boerewors, en oorskiet slaai van gisteraand. So oor die ete het ons gesels oor ons roeping as Gestuurde gemeentes. Ons het saam gedroom oor die pad vorentoe. En besluit dat volgende jaar daar 'n tweedag oorslaap moet wees, om dit met meer verskuldigde eerbied af te handel!
Dit was ver om te ry, maar dit was lekker. Dit is wonderlik om te hoor hoe dink ander kollegas wat al lankal dink oor die roeping van die kerk. Dit was so spesiaal om mekaar oor die boeretroos en hardekoolvuur beter te leer ken.
'n Geleentheid soos hierdie gebeur nou nie so dikwels in my werk nie. Maar dit is lekker as 'n mens so bietjie uit die gemeentegrense met die groter kerk se dinge besig kan wees. Ek het dit nou regtig geniet!
Uiteindelik kon net vier van ons dit bywoon, Frederick Marais, Hannes Peens, Tokkie Scheepers van Ellisras- Wes gemeente, en ek.
En wat 'n heerlike aand was dit nie gewees nie!
| Tokkie Scheepers, Frederick Marais en Hannes Peens |
Die twee tente is baie netjies opgeslaan onder 'n reuse ou Maroelaboom. In hierdie boom is die mooiste hamerkopnes!
| 'n Hamerkop- nes |
Nadat ons ingetrek het, het ons die vuur aangesteek. Daar is baie lekker gesels rondom die vuur! En ja, daar was toe rooiwyn ook gewees om die gesels aan te help. Frederick het vir ons 'n botteltjie Durbanville Hills Cabernet gebring (dit kom na die tyd uit dat dit op Marken se drankwinkel gekoop is, een van die vier geboue in Marken!) Daar is so 'n heerlike boma, waar ons kon gesels oor baie diep dinge. Hoe dit met ons en ander kollegas na aan ons harte gaan. Ons kon gesels oor die kerk in hierdie tye. Diep dinge, seer dinge, lekker dinge is gesels tot na elf.
| 'n Bosveld kuierplek- daar is seker nie beter in die hele wye wêreld nie, as rondom 'n hardekool vuurtjie! |
Vanoggend het die manne weer vroeg begin beweeg. Ons het 'n heerlike koffietjie gedrink om die vuur- 'n Franse koffie gemaak in 'n aliminium plunger van Checkers, baie lekker manier om die dag te gaan begin. Daarna het ons gaan stap in die veld. En ek het my kamera in die tent vergeet! Ons het by 'n dooie hardekoolboom gaan staan. En eendag sal ek hom moet gaan afneem. Hannes sê as hierdie bome besluit om te vrek, dan vat hulle 400 jaar om dit te doen. En wat 'n pragtige stomp! Daar is die mooiste patrone deur die wind en weer, en jare se veldbrande op dit uitgekerf.
Ons het tussen kierieklappers en groot aalwyne, Bruidjie van die Bosvelds en papierbasse, knoppiesdorings en groot, lewendige hardekoolbome deurgestap. Ons het in verwondering wind-af van 'n jongerige rooibokram gestaan en kyk, hoe hy heerlik wei, later van ons teenwoordigheid bewus raak en seker vir twee minute stip na ons gestaan en gluur het op so veertig meter afstand. En toe 'n neushoringvoël bler, toe spring hy weg. Ons het koedoespore en blouwildebees gesien, daar was die spore van 'n groot luiperd, en die mis van 'n bruin hyiena. Ons het op 'n koppie met die mooiste rotsformasies geklim, en dit net geniet om mens te wees, met soveel skoonheid in die natuur om te bewonder.
Heelwat later het ons gaan brunch maak. Van gisteraand se pap en sous warm gemaak, en die twee varktjops wat oorwas in repies gesny en daar in gegooi. Daar was 'n heerlike boerewors, en oorskiet slaai van gisteraand. So oor die ete het ons gesels oor ons roeping as Gestuurde gemeentes. Ons het saam gedroom oor die pad vorentoe. En besluit dat volgende jaar daar 'n tweedag oorslaap moet wees, om dit met meer verskuldigde eerbied af te handel!
Dit was ver om te ry, maar dit was lekker. Dit is wonderlik om te hoor hoe dink ander kollegas wat al lankal dink oor die roeping van die kerk. Dit was so spesiaal om mekaar oor die boeretroos en hardekoolvuur beter te leer ken.
'n Geleentheid soos hierdie gebeur nou nie so dikwels in my werk nie. Maar dit is lekker as 'n mens so bietjie uit die gemeentegrense met die groter kerk se dinge besig kan wees. Ek het dit nou regtig geniet!
Monday, August 1, 2011
Ses leraars oor vyftig jaar in Nylstroom-Oos
Gister was vir my aangrypend mooi in ons oggenddiens.
Ons het op 28 Julie 2011 ons gemeente se 50e verjaarsdag gevier. En ek en Danie het besluit om al ons oud-leraars te nooi, vir 'n Dankdiens op Sondag 31 Julie 2011.
Ons is so geseënd dat al ses die leraars wat in die gemeente bevestig is as leraars, nog lewe, en almal gesond genoeg was om hier by die erediens van Nylstroom-Oos te kon teenwoordig wees. Na die diens het ons hierdie foto geneem:
Die eerste leraar van die gemeente was Ds Piet Smit; 1961-1969 (voor regs). Dan na hom Ds Wiets Botes; 1970-1975 (voor middel) Ds Japie van Deventer 1975-1996 (voor links) ekke was vierde van 1995 af tot tans (agter regs) In 1996-2007 het Ds Lukas Coetzer gedien (middel agter) en laaste het Ds Danie Ueckermann bygekom van 2008 tot tans.
Die erediens het begin met al ses leraars wat ietsie gedeel het oor hulle bedieningstyd in die gemeente, en ons was so dankbaar om veral die voorste drie manne se verhaal te hoor, manne wat almal reeds afgetree het. Stories van baie lank gelede is gehoor, onder andere van die eerste vyftien jaar wat die gemeente in Laerskool Eenheid se saal op Sondae bymekaar gekom het (en die Staatspresident se foto verwyder is om nie aanstoot vir iemand te gee nie!) Stories oor gemeentemense van destyds se lief en leed. En so het die erediens begin met die onthou van 'n mooi verlede. Ds Lukas Coetzer het op sy aangrypende mooi manier die Woord verkondig, met ons Roeping as tema. Ek het die onbeskryflike voorreg gehad om twee kindertjies te doop, Skyelar Ruthven en Stefan Bosman. Daarmee het die kerk van die toekoms die diens vir ons afgesluit.
Na die historiese lang diens (ons het nog nie in my 16 jaar voorheen by twee ure kerkhou uitgekom nie!) het ons saam gaan tee drink. Deirdré Stoffberg het vir ons 'n leraarsdinee gereël, en haar man Hannes het net so hard agter die skerms gehelp reël en bedien aan hierdie heerlike ete. Tydens die ete het daar nog baie staaltjies gedeel geraak. Vyf van ons (net Danie nie) het in die pastorie op die hoek van Magazijn en Leydstraat gewoon. Ons kon uitvind wie het die dekselse seringbome geplant (oom Japie) en wie het hulle laat uitkap (Ewald) Wie het die suurlemoenbome geplant (Tannie Rita Smit) en wie het hulle uitgekap (Gerda Coetzer) Oor die geslagte heen het die Pastorie net groter en groter geword, met aanbouings deur die eiendomskommissie. Maar ewe koud gebly!
Met hierdie ete kon ons as leraars beleef dat daar dankbaarheid was vir ons rol in die gemeente se geskiedenis, en ons elkeen is regtig uit ons harte uit dankbaar vir hierdie baie mooi gebaar! Dit was 'n historiese dag, wat seker nie weer sal kan plaasvind soos die leraars ouer en swakker word nie. Dit het vir ons ses baie beteken!

Saturday, July 30, 2011
Om hard terug te kom aarde toe...
Van Standerd 9 af het ek redelik gereeld Potjiekos gemaak in my lewe. Ek het nogal gedink dat ek die kuns verstaan...
So is vanaand mos nou 'n baie koue wintersaand. En besluit ek om ou vriende oor te nooi vir 'n Potjie. Ons almal het mos maar op ons eie deur die Springbok nederlaag teen die All-Blacks geworstel (40-7!) en die dag het maar 'n paar beproewinge wat ook voorlê in die Currybeker. Soos toe ook met die Blou Bulle se nederlaag teen die WP waar geword het.
Ek het die vriende oorgenooi, en by Pick 'n Pay die nodige bestanddele vir die potjie gekoop. Van drie uur af het ons die Alva bokkie met die groot gasbottel voor die televisie geparkeer. Fyn gekapte uie is in Olyfolie gebraai. Daarna is die vleis, met 'n sprinkeltjie Captain Morgan en Coke oor, in die pot gebraai tot mooi bruin. Dit is gelos om sag te kook, met kerrie en braaisout, so sprinkeltjie komyn by. Later is aartappels in stukke gesny bygevoeg, en gemengde groente. Heel laaste het twee pakke sampioene gevolg, om op 'n bed met rys voor te sit. My potjie het vir my te pragtig gelyk. Dit het heerlik geruik terwyl die Bulle so lelik pak kry daar op Nuweland. Die vriende het gearriveer, en ons het heerlik oor 'n bottel rooi gekuier voor die televisie.
Alles sou redelik mooi verloop het (behalwe nou vir al my spanne se rugbytellings!)
Toe haak klein Ewald af met die woorde: Hy hou baie van my Potjiekos. Dit gee hom altyd maagwerkings maar dit bly steeds lekker...
En hier dog ek ek kan lekker kosmaak! Ek hoop nie my ander familie en vriende beleef my kos ook soos my naamgenoot nie...
Vandag het 'n paar belangrike dinge lelik in die hek geduik!
Ek het nogal gedink vanaand se kos was lekker...

| Vanaand se Potjie |
Vandag het 'n paar belangrike dinge lelik in die hek geduik!
Ek het nogal gedink vanaand se kos was lekker...
Tuesday, July 26, 2011
Wat sê die Pastoriemoeder nou eintlik vir ons???
In ons kombuis is daar 'n kennisgewingbord, bokant die stoof. Daarop skryf ons die menu van die dag, of persoonlike boodskappe.
In die Pastoriemoeder se handskrif het hierdie een vandag verskyn- sien bo!
Ek is mos nou nie eintlik altyd so Clued- Up oor wat in 'n vrou se hart aangaan nie. Wat sou julle sê is hier aan die gebeur?
Friday, July 22, 2011
Fourty Days in Matriek- 1985
Vandag is 'n historiese dag in my lewe. Vandag begin ek amptelik verstaan dat ek nie meer onder die jeug van Suid-Afrika gereken kan word nie. Want vandag is my oudste se 40 Days by Hoërskool Nylstroom. En dit is een moederse skok vir my. Want dit was eergister toe die 10 A's van Hoërskool Newcastle (1985 klas) onse 40 Days gehad het...
Ons het nog nie, soos onse kiddies vandag, daardie Cross-dressing gedoen nie. Ons was toe nog 'n redelike soet klomp kinders gewees. Ons het daardie dag nog met regte Fanta en braai by die skool se swembad gaan uitspan. Dis eers op Universiteit wat ons die Suid Afrikaanse Brouerye goed sou begin ondersteun met sulke groot geleenthede en mylpale. (Dalk was daar 'n after-party met baie dop en strippers wat ek tot vandag toe nie van weet nie, ek was redelik onskuldig op skool)
Kyk daar, regte Fanta en Lollipops. ( Nie Fantasia en die Lollypop Lounge nie...) Daar in die agtergrond steek my ma se Silwer Golfie uit, NN 408, wat ek baie ernstig in matriek tot die limiete toe getoets het. Volkwagen het gesê die Golf sal nie so maklik rol soos die Beetle nie. Hoe sal ons nou weet as ons nie kyk nie? Daardie Golf kon in draaie sit soos mis in 'n wolkombers... Ek dink nie my ma het ooit geweet hoe stewig daardie karretjie op die pad kan sit nie...
Ek moet die fotos sommer so in my album scan, anders as ek dit uithaal, disintegreer die album. Lyk my dit was dalk 'n rukkie van toe af tot nou...
Ek weet ook nog nie hoe om 'n Collage te maak van verskillende fotos langs mekaar nie.

Ai, lekker gejol daardie dag. Lekker gebraai. Lekker met ma se Golfie rondgery. Die volgende dag was dit weer terug klas toe. Engels en Wiskunde Standaardgraad was baie lekker...
En kort daarna, die eksamens. En toe die groot hartseer in die familie. En toe sê my eerste meisie my af. En toe moes ek universiteit toe gaan. Dinge het darem net van hierdie dag in ons lewe af baie spoed opgetel, en nog nooit weer laat los nie.
Nou wonder ek net, my kind, gaan jou lewe ook nou so spoed optel? En gaan ons oormore my kleinkinders se 40 days beleef, en dink hoe vinnig die tyd met elkeen van ons op pad is?
Wednesday, July 20, 2011
Die droom van die mensdom- om te kan vlieg!
Vandat ek baie klein was, was ek nog altyd baie lief vir vliegtuie. Ek dink hierdie liefde kom van my vroegste jare af. My ma se jongste broer was 'n lugmag offisier (lugafweer, nie vlieënier nie...) Ons het in die skadu van Waterkloof lugmagbasis gewoon in my eerste jare as mens. En as klein seuntjies het ons die vliegtuie geken wat daar oor ons huise gekom het.Ons kon hulle later aan hulle klank uitken. 'n Mirage F1 klink anders as die Mirage F 3. Die Impala het sy eie geluid, die Buccaneer ook. Die mooiste van al die vliegtuie was as die ou Vampires daar oorgekom het- hulle het so 'n unieke fluitgeluid.
Dan was daar ook die helikopters- die Aluette met sy bubble neusie, die Pumas wat ons die meeste gesien het, en die groot ou Super Frelon- ons het hulle geken...
En so het daar ons mannetjies daar in Monumentpark Laerskool die vliegtuie met mekaar bespreek pouses, baie beïndruk met die manne met die vlerkies en die Raybans...
Ek het eers bietjie later in my lewe die kans gekry om vir die eerste keer te vlieg. Een van die dorp se dokters het 'n Beechcraft Bonanza besit, en het my saamgenooi om eendag na Vryheid toe te vlieg. En dit was 'n wonderlike ervaring in my lewe. Ek was nog nooit bang daarvoor nie. Daardie eerste keer se grond verlaat, met die spoed tydens 'n opstyg, dit was 'n hemelse ervaring! En om van so bo in die lug die klein huisies en karretjies doer onder te sien uit 'n engel se oogpunt uit, dit was absoluut oorweldigend!
My eerste ervaring om in 'n groot vliegtuig (Boeing 747) te vlieg was in Standerd 8, toe ons skoolkoor na Europa toe is met die Hollanders saam (KLM).
My eerste helikoptervlug was eers in die Weermag, toe ons nog tydens opleiding 'n padpatrollie op die N3 by Cato Ridge net buite Pietermaritsburg moes staan. Daar was 'n lugmaghelikopter (Aluette) wat elke nou en dan opgestyg het, gekyk het hoe lyk die verkeerspatrone, en dan weer kom land het. Ek het die kaptein gevra of ek saam kan opgaan (sê die SAS nie "who dares, wins" nie?) , en hy het ja gesê. Om net 1000 voet op te styg by Cato Ridge was ook iets besonders. Dit het gevoel of die Drakensberge sommer hier teenaan lê, met sneeu op die bergpiek. En net by die ander venster uit het Durban se strande gelê, met die blou see, en skepe op pad hawe toe, die hoë hotelle wat lyk soos daardie Miniworld by die Marine Parade in Durban uit die lug uit. Die wêreld lyk sommer anderste van bo af!
Later in my dienspligjaar het ek 'n wonderlike geleentheid gehad om saam met 'n lugmag- en 'n infanteriekaptein in 'n Aluette te gaan vlieg oor die Krugerwildtuin. Die lugmag en die leër (4 SAI in hierdie geval...) is nie altyd lief vir mekaar nie. En die kapelane is neutraal... Die vlieënier het vir my voor die tyd gevra of ek bang is, want hy het al lankal iets teen die weermagkaptein (wat skytbang vir tjoppers was!) En toe ek sê "nee, gaan groot!", toe het hy... Dit was van die lekkerste 90 minute wat ek nog in my lewe gehad het. Ons het daardie koppies langs die wildtuin naby Hazyview bestorm, tot net so bo-oor die koppie. Dan weer daar naby God's Window oor die eskarp gevlieg, en anderkant die neus skerp afgedruk grond toe. Oor die wildtuin het ons baie laag oor die bome gegaan en olifante van redelik naby gesien (sorry Greenpeace!)
En aan die einde van die 90 minute het ons met 'n Combat Landing geland. Excellent!!!
| Daardie Wildtuin tjopper dag- afgeneem teen my muur in my studeerkamer! |
Verlede Saterdag was daar weer 'n Fly-inn in Nylstroom. (seker die vliegwêreld se weergawe van ons motorfietsrallies!) Ons gemeente het daar gaan pannekoek bak. Ek wou graag daar wees. Waar propellers en vlerke is, daar wil ek ook altyd wees. Ek het eers na die tyd uitgevind 'n mens kon vir R1400 'n spin gaan vang met die ou Harvards (foto bo) waarmee ons vlieëniers opgelei is voordat Pontius 'n Pilatus geword het... Dan was ek dalk nou nog dieper in die knyp! Pragtige ou vliegtuie! Die mooiste klank kom uit daardie ou enjins uit.
Van die siviele vliegtuie was hierdie vir my die mooiste een van die dag. Ek het nie 'n idee wat dit is nie, maar daardie lyne van sy ontwerp is klassiek, ek is mal oor gepoleerde aluminium en daardie blou pas so mooi daarby. Kan iemand dalk help met wat dit is?
In Bruce Willis se Disneyfliek "The Kid" wens die hoofkarakter sy hele lewe lank dat hy 'n Pilot kan word. Baie, baie dae wens ek ook dat daardie droom waar kon word in my lewe. Ek het dan alreeds die Raybans...
Saturday, July 9, 2011
Vir Anja, op haar 18e verjaarsdag
Liewe Anja
Vandag, presies 18 jaar gelede, het twee baie jong mense met ‘n geleende ou Mercedes na ‘n Provinsiale Hospitaal in die Vrystaat toe gery. In ‘n sekere sin was dit baie spannende tye in ons lewens. My pa is dood twee maande voor jou geboorte, en jy sou sy eerste kleinkind gewees het. Hy het so uitgesien na jou koms. Net twee weke voor hom is my oom oorlede, wat my mentor in die lewe was, en vir my gewys het hoe lyk Jesus se liefde baie prakties. Jou ma het ‘n goeie werk gehad, maar ek was op daardie stadium ‘n Proponent, wat vir ‘n beroep gewag het. Geld was maar skaars. Dit was soms baie rof op ons in hierdie dae met al die onsekerhede van hierdie tyd. Ek hoop nie daardie spanninge het jou lewe negatief beïnvloed voor jy nog hier aangekom het nie.
Want ek wil weer vir jou vandag sê: Jou koms in ons huis was so ongelooflik welkom! Ek het jou ma baie lief, en jy is uit ons liefde vir mekaar gebore. Ons was baie opgewonde vandat ons gehoor het jy is op pad, en ons het so uitgesien na jou koms! Jy was vir ons die simbool van HOOP, van ‘n nuwe toekoms wat binnekort sou aanbreek.
Die dag van jou geboorte was redelik rof op ons, veral op jou ma en jou. Dit was ‘n yskoue Vrystaatse wintersdag toe ons kraamsaal toe gery het. Ma se dokter was al klaar in die buiteland, want jy was ‘n week laat… Die sustertjie aan diens in die Provinsiale hospitaal het maar pas klaar gestudeer. Jy was haar eerste bevalling in haar professionele loopbaan. En sy was baie senuweeagtig, het selfs gesukkel om ‘n drup in jou ma se are te kry. Dit het ons ook nou nie baie gerus gemaak nie… Die dokter se vennoot het uiteindelik opgedaag, en toe is jy gebore. Met ‘n tangverlossing. Dit was vir my verskriklik. Ek weet nie hoeveel ‘n baba kan onthou van ‘n geboorte nie, maar ek kan glo dit het ‘n invloed op ‘n mens. Dit was vir my baie wonderlik om by jou geboorte te wees, en saam met die dokter die eerste mens te wees wat jou gesiggie gesien. Ek wou die dokter amper slaan, want dit het gelyk of hy jou koppie gaan afbreek met daardie tang van hom.
Ek was al lief vir jou die dag toe die swangerskaptoets twee strepies vir positief gewys het. Daardie liefde het nog baie dieper geword die oomblik toe ek vir die eerste keer in jou oë kyk.
Ek weet regtig nie of die geboorte ‘n invloed het nie, of dit krampe was of wat nie, maar jy was ‘n koliekbaba. Dit was vir ons ‘n groot aanpassing. Ons het so dom gevoel. Ek het so magteloos gevoel as ‘n mens jou vashou, en nie weet wat dit is wat jou seermaak nie.
Op ‘n manier het ons dit saam oorleef. En jy het deel van ons lewe geword, soos dit hoort- dit is wat ons nog altyd wou hê.
Daar was baie kere wat ek dalk oorbeskermend teenoor jou opgetree het. As ek ‘n kans sou gehad het om dit oor te doen, sou ek seker steeds dieselfde opgetree het. Ek hoor al hoe meer van my vriendinne se gru-stories hoe hulle seergekry het op plekke waar hulle veilig moes gewees het. Ek sou nog altyd, en sal vir die res van my lewe, my lewe enige dag met blydskap gee om jou te beskerm van alles en almal wat jou wil seermaak.
Ek het saam met jou deur die seer van die laerskool geworstel. Ek het baie dae skuldig gevoel. Want daardie sukkel wat jy ervaar het om vriende te maak, dink ek kom dalk geneties van my af- ek het net so gesukkel op skool om met ander mense te connect. Jy was baie selfbewus, en daarvoor het ek dalk vir jou die verkeerde voorbeeld gestel.
Jy het baie keer op skool uit gevoel. Ek wil vir jou sê dis omdat jy ‘n baie unieke mens is. Jy is nie soos almal anders nie. En dit is ‘n baie beter ding as wat jy nou sal verstaan. Jy is een van die beste kunstenaars wat ek ken. Jy is baie meer kreatief as ek en jou ma saam. Jou brein dink op ‘n ander manier as baie mense s’n, en dit is verseker nie verkeerd nie, dis ‘n gawe! Jy het ‘n melankoliese temperament, en is geneigd tot depressie, soos ek en ‘n paar ander van ons familie. Baie van die groot kunstenaars in die geskiedenis, en party van die sterkste leiers, het ook daarmee geworstel. Dit kan ook een van die groot dryfvere in jou lewe word, wat jou tot nog meer sal inspireer.
Ek was so bly dat jy jouself begin vind het in die Hoërskool. Jy het op sportgebied, met jou plek in die eerstespan, baie verder gevorder in spansport as wat ek ooit kon. Jou kultuurbydraes by die skool in drama, kuns was uitstekend. Jou verkiesing op die VLR was vir my die erkenning van ‘n potensiële leier in die lewe wat jy self nog sal ontdek. En die feit dat jy jouself in jou kamer kon vind- ‘n wonder!
Jou verjaardag vandag was vir my aan die een kant ‘n skok. Die skok is dat ek maar net weer besef dat ek besig is om ouer te word. Maar hierdie skrywe gaan oor jou. Ons besef dat jy nou wettiglik volwasse is. Ek het die afgelope ruk probeer om jou al meer en meer ruimte te gee om jou eie keuses te maak, en meer en meer verantwoordelikheid vir jou eie lewe te vat. En jy het my nie teleur gestel nie. Maar ons kom nader aan daardie punt wat jy jou eie lewe gaan leef, en ek net daar gaan wees om vir jou ondersteuning te gee. Ek gun dit vir jou met my hele hart, dit was so lekker in my eie lewe toe ek daar gekom het.
Jy het soveel wonderlike talente gekry om die lewensreis mee aan te pak. Ek weet jy gaan ‘n sukses van jou lewe maak, want jy het nog altyd hard geveg vir wat jy graag wil bereik. En nou lê die toekoms blink voor jou. Ek bid saam met jou vir die universiteitskeuring wat jy nodig het. Ek bid saam met jou dat jou loopbaankeuse, en jou koshuiskeuse vir volgende jaar mooi in plek sal val.
Ek weet jy is ‘n fantastiese mens, al glo jy dit as tiener nog nie self nie. Ek weet jy gaan ver kom, al sien jy nog nie die pad nie. Maar die een ding wat ek vir jou wil sê: solank ek lewe, sal ek daar wees vir jou. Ek sal jou altyd liefhê, ongeag die dinge wat ons vanweë die generation gap soms vir mekaar in warm oomblikke sê. Jy sal altyd by my welkom wees, maak nie saak wat die probleem is wat jou vreugde steel nie.
Ek sien uit na die toekomspad wat jy volgende jaar begin stap. So nou en dan bid ek vir jou huweliksmaat, wie en waar hy ook al mag wees. Ek bid vir iemand wat jou gaan leer ken vir wie jy regtig is, en al die mooi in jou gaan geniet. Ek bid vir jou vir iemand wat jou so gelukkig gaan maak, soos wat ek nou al 21 jaar die grootste geluk saam met jou moedertjie beleef. Kry vir jou iemand wat jou altyd respekteer, iemand wat jou ook sal dien, iemand wat vir die lang reis bereid sal wees om saam met jou die lewenspad te stap, deur dik en dun. As hy ooit sy hand teen jou lig, gaan ek en jou broers hom b...aje hard slaan! (Dit het jou broer al tien jaar terug vir jou gesê- ons staan daarby!)
My kind, jy is gemaak om met arendsvlerke te vlieg (Jes 40:31) Jy is meer as ‘n oorwinnaar (Rom 8:37) en jou ouers sal altyd in jou glo. Dankie dat jy ons dogter is, en ek is verskriklik, baie, baie lief vir jou!
Vir altyd!
Jou Pappa

| Eendag, lank lank gelede... |

| Drakensberge 17e verjaardag- nie een van jou gunsteling fotos nie, maar een van myne! |

| Op die 18e verjaardag by Zebula- 8 Julie 2011 |
Thursday, July 7, 2011
The last blog translated in English for Karin- by Google (and me...)
This is my last Blog on the subject of the Camino de Santiago (for now!)
On my Bucket List, I had this dream to walk the Camino de Santiago, enough of it anyway to earn the Campostela certificate. This Blog has told the story of my dream from the start and as I continued closer to the departure date. I could share every day on the Camino with you, when I somewhere along the route had the opportunity to find a computer with Internet access. I shared with you the best of my 992 photos. And now you have read my whole story about the Camino de Santiago. All that remains is to ask: was it worth it? Did I get what I was looking for?
Therefore I conclude the series with the following thoughts to share with you who have regularly read my blog:
Anything is possible!
2. Gratitude
You can so easily get caught up in negative thoughts and behavior. There is always someone better off than you in a certain area. Some guys can go through much less years of college education than I did, and still earn a lot more money than I do. Some people own the houses in which they live. Some people's dream of buying a new car become true so easily, and then it is not the most basic model (at the moment I am considering to buy a Toyota Aygo, but in my deepest heart, I wish that a Toyota Hilux 3.0 D4D DC would be possible!)
Some people are faster than me on a bicycle, most people attain fitness much faster than me. There are just so many things about which a person can compare yourself with others. And then you see only a fraction of the truth!
There may be other people who would love to be your position! The Camino is a great opportunity to lay down what lies behind you. It is the one opportunity to REALLY scale down in your life! For it to be a good experience, you really need to travel light. And that equalize us all. On the trail you can not judge anyone by their appearance, and think where he fits into society, or how much he owns. We all have approximately the same size backpack, we all have more or less the same quality boots (which some could buy with ease immediately and others on their credit cards, like I have paid mine on budget for 6 months.) We all have but 2-3 sets of clothes, and a poncho or raincoat on this journey with us. Rumors had it that the next Prime Minister of Ireland was on Camino with us somewhere on the French route, and Fernando Alonso are believed to bike 200 kilometres on the Camino over six days in August's three-week break in Formula One GP. You just never know who somebody next to you in the Albergue is in real life, and it really doesn't matter either! We are all just Pilgrims and therefore treat each other with the utmost respect. That's what we are- each one of us-just a pilgrim on a route towards the final destination. While each one of us is suffering with our own blisters on our feet! In our everyday lives this is also the truth. For Christians, life as a pilgrim in this world is a fairly common theme in the New Testament.
Because you only try to carry the minimum, like 10 kg, you learn gratitude for every night you have a bed available to you, so that you don't need to sleep on someone's porch. You learn gratitude for water along the way, and you are aware of how dependent you are of finding have half a liter of water every few hours. Sometimes sudden unexpected pleasure is found in a café that serves delicious coffee. Food is suddenly no longer taken for granted, and even a tin of beans and pork bellies gives you energy for another part of the journey. You are grateful when the Pilgrim's menu is well prepared, you are happy when the meal is just acceptable. And you miss a decent steak with mushroomsauce, as you least can afford once a month at home.
Because you leave your own people behind, the longing for them becomes a very loyal companion on the Camino. If you walk without your partner, then you wish he / she was seeing the sunrise alongside you, or the rising of the mist far below in the valleys. You miss the sound of your children's voices, and forget the shrill pitch that they use to yell at one another.
You miss your good friends, those few friends who over many years vecame part of your being, while sitting around many campfires, shared many bottles of red wine. Those midnight chats about the path we walk in life. If no one spoke your language today, and no one understands your Boertjie English, it's nice to suddenly meet someone from your own country! Then you realize how precious your own language for you.
Each of us is on a journey- the journey of life. Each of us has our own set of obstacles along the way , and each of us has a destiny we are trying to reach. Thank you walking alongside me for this great part of my journey! And now, in conclusion, I wish just for you, and your own trip, the old, old greetingthat generations of pilgrims have used for hundreds of years on the Camino de Santiago: Buen Camino!

David from Barcelona said at his stall on the way to Astorga. I have experienced it as true. If I must be honest, I was very scared of doing this challenge. This fear originates from Grade 6 in my life when we had to attend the Graskop Field School, where I regularly was the slowest person in the group in the field work. It has repeatedly happened in my life, that when I hike with a group, I am regularly the slowest person in the group. For some reason I have always had difficulty with a backpack on my back. I am also very prone to blisters on my feet. One of the voices in my head has always told me, 'You are not able to do this! " In a sense this pilgrimage was a direct attack from me on the one enemy who has for many years made me feel insignificant. I have conquered that enemy at the Iron Cross and at O Cebrero. He is talking nonsense! I can do anything that is humanly possible, if I want to badly enough, and if I continue long enough.
2. Gratitude
You can so easily get caught up in negative thoughts and behavior. There is always someone better off than you in a certain area. Some guys can go through much less years of college education than I did, and still earn a lot more money than I do. Some people own the houses in which they live. Some people's dream of buying a new car become true so easily, and then it is not the most basic model (at the moment I am considering to buy a Toyota Aygo, but in my deepest heart, I wish that a Toyota Hilux 3.0 D4D DC would be possible!)
Some people are faster than me on a bicycle, most people attain fitness much faster than me. There are just so many things about which a person can compare yourself with others. And then you see only a fraction of the truth!
There may be other people who would love to be your position! The Camino is a great opportunity to lay down what lies behind you. It is the one opportunity to REALLY scale down in your life! For it to be a good experience, you really need to travel light. And that equalize us all. On the trail you can not judge anyone by their appearance, and think where he fits into society, or how much he owns. We all have approximately the same size backpack, we all have more or less the same quality boots (which some could buy with ease immediately and others on their credit cards, like I have paid mine on budget for 6 months.) We all have but 2-3 sets of clothes, and a poncho or raincoat on this journey with us. Rumors had it that the next Prime Minister of Ireland was on Camino with us somewhere on the French route, and Fernando Alonso are believed to bike 200 kilometres on the Camino over six days in August's three-week break in Formula One GP. You just never know who somebody next to you in the Albergue is in real life, and it really doesn't matter either! We are all just Pilgrims and therefore treat each other with the utmost respect. That's what we are- each one of us-just a pilgrim on a route towards the final destination. While each one of us is suffering with our own blisters on our feet! In our everyday lives this is also the truth. For Christians, life as a pilgrim in this world is a fairly common theme in the New Testament.
Because you only try to carry the minimum, like 10 kg, you learn gratitude for every night you have a bed available to you, so that you don't need to sleep on someone's porch. You learn gratitude for water along the way, and you are aware of how dependent you are of finding have half a liter of water every few hours. Sometimes sudden unexpected pleasure is found in a café that serves delicious coffee. Food is suddenly no longer taken for granted, and even a tin of beans and pork bellies gives you energy for another part of the journey. You are grateful when the Pilgrim's menu is well prepared, you are happy when the meal is just acceptable. And you miss a decent steak with mushroomsauce, as you least can afford once a month at home.
Because you leave your own people behind, the longing for them becomes a very loyal companion on the Camino. If you walk without your partner, then you wish he / she was seeing the sunrise alongside you, or the rising of the mist far below in the valleys. You miss the sound of your children's voices, and forget the shrill pitch that they use to yell at one another.
You miss your good friends, those few friends who over many years vecame part of your being, while sitting around many campfires, shared many bottles of red wine. Those midnight chats about the path we walk in life. If no one spoke your language today, and no one understands your Boertjie English, it's nice to suddenly meet someone from your own country! Then you realize how precious your own language for you.
3. Spiritual value to me
A man discovers how precious Silence is! During a long day of walking in nature, we realise how noisy life has truly become, when you experience true silence. At home, I struggle not to turn on the radio to break the silence. But on the Camino, you get to know silence personally. And it becomes a good friend. It reaches your busy heart, and quieten it down. The rush of life falls away, a peace descends on you. And in that silence you hear God whispering to you.
I have experienced a feeling of peace in cathedrals and churches, some even dating back to the 11th century. This is despite some friends who warned about Freemason symbols, and some who are very critical of the Roman Catholic church. But for me- this I saw: there are buildings that have for centuries been used by the common people to escape from their everyday life, with the belief that they can meet their Heavenly Father there. The high church steeples in small towns have proclaimed for generations of travelers that God is present here. My own belief is not built on sacred buildings. But in this space of silence and worship, I could often sit for very long, unhindered, and pray about things and for people whom I love dearly.
That experience is not limited to sacred buildings on the Camino. My most profound experience of God's presence was at a creek one Sunday morning just after 09h00, when I believe my church back home also prayed for me. Certain experiences in life can not be described using words, because it happens in the heart, and is larger than any human words. "Where peaceful waters flow" in Psalm 23 will never be anything else than a very powerful image in my mind in the future, I understand it much better because I have been there ... It's not because it is an old, old stream in Spain, it is because I tried to be quiet enough to hear God. "Draw near unto God and He will draw near ..." is one of the promises in the New Testament.
It could also have happened alongside the pond in our home town, the place itself is not important, the deeper thirst for more is.
Yes, this pilgrimage did cost me in many ways. But I think I have a made a good investment. I wanted some questions about my own life struggles answered, and I did find it. Hopefully my family, my friends and my church can experience the difference in my life. I realize how great the power of old habits and old thoughts can be, sucking me back into my old life. But I will try my best to continue thinking new thoughts, positive thoughts, and to live for what I believe in. Because I learned during the difficult days of the Camino that whining and complaining will never help me reach my goal. Focus on the end goal, and use all the power available to mem, keeping back no reserves, to go big or go home. And step by step my end goal will be reached. Although there may be a mountain or two between you and your destiny-even a mountain is not invincible when you're serious enough about reaching the top. Did I get what I was looking for? Yes, definitely.
Thank you for taking this journey with me, on my blog. Thanks for those constructive comments and encouragement even during difficult days, it has meant much more to me than you will ever know. Thank you for the many who read it, even if you said nothing. It was nice to see how many people visited my blog. And thank you even for the people who do not share my belief, but granted me the opertunity in this public forum, to tell my story, without negative criticism.
A man discovers how precious Silence is! During a long day of walking in nature, we realise how noisy life has truly become, when you experience true silence. At home, I struggle not to turn on the radio to break the silence. But on the Camino, you get to know silence personally. And it becomes a good friend. It reaches your busy heart, and quieten it down. The rush of life falls away, a peace descends on you. And in that silence you hear God whispering to you.
I have experienced a feeling of peace in cathedrals and churches, some even dating back to the 11th century. This is despite some friends who warned about Freemason symbols, and some who are very critical of the Roman Catholic church. But for me- this I saw: there are buildings that have for centuries been used by the common people to escape from their everyday life, with the belief that they can meet their Heavenly Father there. The high church steeples in small towns have proclaimed for generations of travelers that God is present here. My own belief is not built on sacred buildings. But in this space of silence and worship, I could often sit for very long, unhindered, and pray about things and for people whom I love dearly.
That experience is not limited to sacred buildings on the Camino. My most profound experience of God's presence was at a creek one Sunday morning just after 09h00, when I believe my church back home also prayed for me. Certain experiences in life can not be described using words, because it happens in the heart, and is larger than any human words. "Where peaceful waters flow" in Psalm 23 will never be anything else than a very powerful image in my mind in the future, I understand it much better because I have been there ... It's not because it is an old, old stream in Spain, it is because I tried to be quiet enough to hear God. "Draw near unto God and He will draw near ..." is one of the promises in the New Testament.
It could also have happened alongside the pond in our home town, the place itself is not important, the deeper thirst for more is.
Yes, this pilgrimage did cost me in many ways. But I think I have a made a good investment. I wanted some questions about my own life struggles answered, and I did find it. Hopefully my family, my friends and my church can experience the difference in my life. I realize how great the power of old habits and old thoughts can be, sucking me back into my old life. But I will try my best to continue thinking new thoughts, positive thoughts, and to live for what I believe in. Because I learned during the difficult days of the Camino that whining and complaining will never help me reach my goal. Focus on the end goal, and use all the power available to mem, keeping back no reserves, to go big or go home. And step by step my end goal will be reached. Although there may be a mountain or two between you and your destiny-even a mountain is not invincible when you're serious enough about reaching the top. Did I get what I was looking for? Yes, definitely.
Thank you for taking this journey with me, on my blog. Thanks for those constructive comments and encouragement even during difficult days, it has meant much more to me than you will ever know. Thank you for the many who read it, even if you said nothing. It was nice to see how many people visited my blog. And thank you even for the people who do not share my belief, but granted me the opertunity in this public forum, to tell my story, without negative criticism.
Each of us is on a journey- the journey of life. Each of us has our own set of obstacles along the way , and each of us has a destiny we are trying to reach. Thank you walking alongside me for this great part of my journey! And now, in conclusion, I wish just for you, and your own trip, the old, old greetingthat generations of pilgrims have used for hundreds of years on the Camino de Santiago: Buen Camino!
Wednesday, July 6, 2011
Camino de Santiago- Voorlopig my laaste blog oor hierdie onderwerp!
Ek het op my Bucket List die droom gehad om genoeg van die Camino de Santiago te loop, dat ek die Campostela sertifikaat in die sweet van my aangesig kan verdien. Hierdie Blog het die storie van my droom vertel van die begin af- en ontwikkel soos ek nader aan die vertrekdatum gekom het. Ek kon elke dag op die Camino met julle deel, soos wat ek êrens langs die pad die geleentheid gehad het om my hande op 'n rekenaar te lê. Ek het met julle die beste van my 992 fotos gedeel. En nou het julle my hele storie oor die Camino de Santiago gehoor. Al wat oorbly is om te vra: was dit die moeite werd? Het ek gekry waarna ek op soek was?
Daarom wil ek die reeks afsluit deur die volgende gedagtes met julle, wat gereeld gelees het, te deel:
2. Dankbaarheid
‘n Mens kan so dikwels vaskyk in die negatiewe van die lewe. Daar is altyd iemand anders wat beter af is as jy op ‘n sekere gebied. Party ouens kan met baie minder jare op universiteit baie meer geld as ek verdien. Party mense besit die huise waarin hulle bly. Party mense se droom van ‘n nuwe kar word waar, en dan is dit nie die heel basiese intreemodel (soos wat ek nou met begerige oë na ‘n Toyota Aygo kyk, maar in my donkerste hart wens dat ek ‘n Toyota Hilux 3.0 D4D DC kon koop nie!) nie. Party mense is vinniger as ek op ‘n fiets, ander word baie vinniger fiks as ek. Daar is so baie dinge waarmee ‘n mens jouself kan vergelyk met ander mense. En dan sien jy ook net ‘n deeltjie van die waarheid raak. Daar is dalk net ander mense wat begeer om in jou posisie te wees! Op die Camino is die een groot les om los te maak wat agter jou lê. Om BAIE af te skaal. Om met die minimum te gaan reis. En op die roete kan jy nie na enige iemand kyk, en dink waar hy inpas in die samelewing, of hoeveel hy besit nie. Ons almal het maar ongeveer dieselfde grootte rugsak gehad, dieselfde kwaliteit skoene (wat party dadelik kon koop en ander op hulle kredietkaarte afbetaal het- ek oor 6 maande op budget!) Ons het almal maar so 2-3 stelle klere gehad, en ‘n poncho of reënjas. Gerugte wou dit hê dat die volgende Eerste Minister van Ierland êrens saam met ons op die Franse roete was, en Fernando Alonso gaan glo 200 km te fiets doen op sy Camino oor 6 dae in Augustus se 3 weke breuk in Formule 1. Jy weet net nooit regtig wie iemand saam met jou in die Alburgue is nie. En daarom behandel Pelgrims mekaar met die grootste respek. Dis wat elkeen van ons is- net ‘n Pelgrim op ‘n roete op pad na die eindpunt toe. Terwyl elkeen van ons met ons eie blase op die voete sukkel! Ook in ons lewe is dit mos die waarheid. Vir die Christene is die lewe as pelgrim in hierdie wêreld ‘n redelike algemene tema in die Nuwe Testament.
Omdat jy net die minimum 10 kg wil saamdra, leer jy dankbaarheid vir elke aand wat jy ‘n bed het, en nie buite op iemand se stoep hoef te slaap nie. Jy leer dankbaarheid om water langs die pad raak te loop, en kom agter hoe afhanklik jy van net ‘n halfliter water elke paar uur is. Om soms skielik onverwags op ‘n plek wat heerlike koffie bedien, af te kom, was soms ‘n hemelse ervaring! Kos is skielik nie meer vanselfsprekend nie, en selfs ‘n blikkie botterboontjies en varkpense gee jou energie vir nog ‘n deel van die reis. Jy is dankbaar as die Pelgrimsmenu goed voorberei is, jy is tevrede as die ete net-net aanvaarbaar is. En jy mis ‘n ordentlike steak met mushroomsous, soos wat jy darem een keer per maand tuis kan bekostig in Rande.
Omdat ‘n mens jou eie mense agterlos, is die verlange na hulle ‘n baie getroue reisgenoot. As ‘n mens dit sonder jou lewensmaat doen, dan wens jy sy/hy kon die sonsonder saam met jou sien, of die mis beleef wat ver onder in die valleie opstoot. Jy mis die klank van jou kinders se stemme, en vergeet so gou hoe skril daardie geliefde stemmetjies op mekaar kan gil.
‘n Mens mis jou goeie vriende, daardie enkele vriende wat oor baie jare deel van jou wese geword het oor baie kampvure, baie gedeelde bottels rooiwyn, (en die gallonne KWV 5 jaar oud in Melkbosstrand!) baie middernag geselsies oor die lewenspad wat ons stap. As niemand jou taal vandag gepraat het nie, en niemand verstaan jou Boertjie Engels nie, dan is dit lekker om skielik iemand van jou land raak te loop. Dan besef ‘n mens hoe kosbaar is jou eie taal vir jou.
3. Geestelike waarde vir my:
‘n Mens kom agter hoe kosbaar Stilte is! In die heeldag loop in die natuur kom ‘n mens agter hoe geweldig rumoerig is ons alledaagse lewe tuis. Ek sukkel om nie ‘n radio aan te skakel êrens in die huis nie, sodat dit nie so stil moet wees nie. En dan kom daardie stilte, en word deel van jou menswees op die roete. Die gejaagdheid verdwyn, daar daal ‘n vrede oor jou neer. En in daardie stilte hoor jy die Here vir jou fluister.
Ek het ‘n sekere stuk vrede ervaar in katedrale en kerke wat soms selfs uit die 11e eeu uit kom. Dit is ten spyte van vriende wat allerhande Vrymesselaarsimbole probeer uitwys, en mense wat baie krities op die Rooms Katolieke kerk is. Daar is geboue wat al vir eeue deur gewone mense gebruik is om weg te kom uit hulle alledaagse lewe, met die geloof dat hulle daar die Hemelse Vader kan ontmoet. Die hoë kerktorings in klein dorpies het vir geslagte se reisigers die boodskap gegee dat God ook hier teenwoordig is. My eie geloof is glad nie op heilige geboue gebou nie. Maar in hierdie ruimtes van stilte en aanbidding kon ek dikwels vir baie lank sit, en onverhinderd bid oor die mense en sake vir wie ek baie lief is.
Daardie ervaring is egter ook nie beperk tot heilige geboue nie. My mees ingrypende ervaring van God se teenwoordigheid was by ‘n stroompie een Sondagoggend net na 09h00, ek vermoed toe my gemeente tuis ook vir my gebid het. Sekere ervarings kan ‘n mens nie in woorde vir ander beskryf nie, want dit het in die hart gebeur, en is groter as enige mensewoorde. “Water waar daar vrede is” sal nooit weer anders kan as om ‘n baie kragtige beeld in my gedagtes op te roep nie, ek verstaan dit nou baie beter, want ek was daar… Dis nie omdat dit ‘n ou, ou stroompie is in Spanje nie, dit is omdat ek stil genoeg probeer word het om God te hoor. “Nader tot God, en Hy sal tot jou nader…” is een van die beloftes in die Nuwe Testament. Dit kon langs die dam in ons dorp ook gebeur het, die plek is nie belangrik nie, die dieper dors na meer is.
Ja, hierdie Pelgrimstog kos ‘n mens redelik baie geld. Maar ek dink ek het ‘n goeie belegging gemaak. Ek wou sekere vrae in my eie lewe deurworstel, en ek het. Hopelik sal my gesin, my vriende en my gemeente ‘n verskil in my lewe sien. Ek kom agter hoe geweldig sterk is die suigkrag van ou gewoontes, en ou gedagtes. Maar ek gaan my bes probeer om nuut te dink, positief te wees, en aan te hou met wat ek in glo. Want ek het dit in die moeilike dae van die Camino geleer dat kerm en kla niks gaan help nie. Fokus op die eindpunt, gebruik alle krag wat ek het, moenie reserwes probeer terughou nie, gaan groot of gaan huis toe. En tree vir tree kom enige doelwit nader. Al lê daar ‘n berg of twee tussen jou en die eindpunt- selfs ‘n berg is nie onoorwinbaar as jy ernstig genoeg oor die doel is nie.
Het ek gekry wat ek gesoek het? Ja, beslis.
Dankie vir julle wat die reis saam met my op my blog meegemaak het. Dankie vir dié wat opbouende kommentaar en selfs aanmoediging na moeilike dae gegee het, dit het baie meer vir my beteken as wat julle ooit sal weet. Baie dankie vir die menigte wat saam gelees het, al het julle niks gesê nie. Dit was lekker om te sien hoeveel mense my blogs besoek het. En dankie vir julle wat nie eers my geloofsoortuigings deel nie, wat vir my ruimte in hierdie openbare media gegee het om my storie te vertel, sonder negatiewe kritiek- ook dit waardeer ek regtig baie.
Elkeen van ons is besig met ‘n lewensreis. Elkeen van ons het ons eie stel hindernisse, en elkeen van ons het ‘n einddoel waarvoor ons mik. Dankie dat jy hierdie stukkie van my groot lewensreis saam met my gedeel het. En nou wens ek net vir jou, en jou eie reis, die ou groet van die Camino toe-
Buen Camino!

- Enige iets is moontlik!

Tuesday, July 5, 2011
Camino Fotos deel 14- Finisterre- die einde van die aarde
s jy ooit die CAmino gaan stap in Spanje, beplan vir jou vier ekstra dae se stap. En dan stap jy van Santiago af tot by Finisterre. Hierdie voel vir my so die meer logiese plek om die Camino af te sluit- om te stap tot daar waar die pad ophou. Waar die Romeinse keiser gesê het- hier eindig die aarde- hier is niks verder om te verower nie! Behalwe as jy nou 'n swemkampioen is en gou die Atlantiese oseaan wil oorsteek, en verder in Amerika die Appalachian Trail wil gaan doen. Maar ek beveel dan eerder 'n vliegtuig van Madrid af soontoe aan!

Mag jy ook eendag hier staan, aan die einde van jou reis!
Buen Camino!
Soos baie ander gewaarsku het, het ek ook so half teleurgesteld gevoel in die bereiking van die katedraal. Die Heilige Jakobus se beendere in die silwer kissie onder die altaar het nou regtig niks vir my gedoen nie, al het ander mense voor daardie kissie gaan kniel en bid. (Ek het in elk geval eers die kissie later gesien, toe ek van Finisterre af teruggekom het, en moes wag vir my trein terug Madrid toe. Toe was die katedraal nie so vol mense nie, en kon ek rustig daar deurstap).
As jy in Santiago is, kry vir jou 'n kaart van die stad en kyk waar die Autobus Estacion is. Daar is daagliks busse wat na Finisterre toe vertrek. Maar nie te baie nie- ek dink twee in die oggend, en hulle ry heen en weer- so twee busse in die middag terug. Die bus self is baie mooi luuks, so groot dubbeldekker. Ek het nou nie uit die bus vreeslik baie fotos probeer neem van die reis nie, maar dis baie mooi, redelik vinnig is 'n mens by die see, en dan loop die pad deur baie kusdorpies, 'n mens kry amper daardie gevoel van die Argus- daar van Kalkbaai af langs Simonstad, Miller's Point verby- baie soortgelyk.
Die luukse bus by sy eindpunt in Fisterra, die vissersdorpie by Finisterre, die einde van die aarde.
'n Baie lekker plek om te bly is die Hotel Finisterre- ek het 25 Euro betaal vir die nag. Daar is ook twee albergues waar jy heelwat goedkoper kan bly, maar wil jy regtig op hierdie stadium van jou reis nog styf langs of onder 'n vreemdeling lê?
Ek het gewonder hoe op aarde gaan ek die Hotel in 'n vreemde plek kry, en toe is hy reg oorkant die bushalte. Ek het ingeboek, en toe gesien my kamer het 'n balkonnetjie, wat in die gebou oorkant vaskyk. Maar as jy nou regs draai, dan sien jy hierdie toneel:
Daar het die bus omgedraai, vir sy 11h45 vertrek terug Santiago toe. En die vissershawe net daar onder. Maar nou wil 'n mens eers gaan kyk hoe lyk die einde van die aarde. En dit is 'n twee kilometer klim. Maar jy doen dit sonder rugsak, en jy het nou fiks geword, die kilometers vlieg onder jou fikse voete verby...
Dieselfde standbeeld as net anderkant O Cebreiro wys vir jou die pad aan na die Vuurtoring aan die einde van die aarde.(Effens sigbaar daar op die horison.)
Die mees logiese plek volgens my om jou Camino te eindig, is by km 0 daar by die vuurtoring.
Dan kan jy, hoewel dit onwettig is, oorweeg om 'n kous/ ander ou kledingstuk van jou reis te verbrand-
Voor jy stil op 'n klip gaan sit, en jou hele reis tot hier bietjie sit en bedink, terwyl jy kyk na die magtige Atlantiese oseaan hier voor jou. Moenie hier kaalbas probeer swem nie, die vorige ou wat dit probeer het, het weke later in Ierland uitgespoel. Nie eers 'n Ierse pub kon hom weer red van sy dors nie...
Hier kry jy die gevoel- nou is my reis behoorlik voltooi. Verder as hier kan ek nie. Ek het alles bereik wat ek so graag wou bereik. En dis dalk een van die min kere in jou lewe wat jy daardie gevoel gaan hê: Taak suksesvol afgehandel! (dalk nie in jou werk nie, in myne is dit baie skaars om iets te kan klaarmaak!)
Dan verander jy van 'n Pelgrim in 'n toeris. Fisterra is 'n pragtige hawedorpie, om lekker te kan gaan verken. Baie fotogenies, dink ek altyd van vissershawens.
Daar, aan die einde van die kaai, kan jy die ander Caminotradisie gaan waarmaak...
Jy kan lekker gaan eet by een van verskeie seekosrestaurante wat uitkyk oor die hawe.
En dan vir 'n slag soos 'n koning gaan slaap in jou eie hotelkamer, met jou eie bad.
Om more weer die lang, lang pad terug huis toe aan te pak, via die 3 1/2 ure busrit Santiago toe, die aandtrein terug Madrid toe, die moltrein terug Barajas Internasionale lughawe toe, en die vliegtuig terug na jou land toe.
Die reis gaan jou kos. Jy gaan baie dinge agterlaat. Jy gaan soos Rod Steward sing in All for love ervaar: "through the wind and the rain, the hurt and the pain... "
Daardie linker kleintoontjie wat ek later wou amputeer met die Swiss Army knife- hier is hy nadat hy al 'n week gesond geword het: (op Santiago se treinstasie- daardie 5 ure wag vir die trein...)
Maar weet jy wat het dit alles die moeite werd gemaak? Om die eindpunt van die reis te bereik. Om vrede te ervaar. Om te weet: ek het dit reggekry!
Mag jy ook eendag hier staan, aan die einde van jou reis!
Buen Camino!
Subscribe to:
Posts (Atom)