Op Pad na Bethlehem toe is ons deur sewe padverleggings. En hier volg die grusame, dog ware verhaal van een so 'n stop.
'n Dark and stormy day- tussen Villiers en Frankfort in die Vrystaat |
In die bakkie bulder die musiek kliphard- 80's Rock wat ek by die Grové's se sentrumpie in Pretoria gekoop het.
1. Die Ma van die Huis:
Die moeder- on the edge... |
Lyk baie vriendelik en opgewek. Sy sien baie uit na die vriendin by wie ons gaan kuier, hulle twee verstaan mekaar se harte mooi. Maar die foto is effens misleidend, want eintlik is sy effens gatvol vir die ousus langs haar, en vir die bestuurder se donker Afrikaanse woorde met die aankoms by nog 'n padverlegging.
Ousus, geïrriteerd, twee apies- giggelend... |
Middelboet- hoekom is sy bynaam Sparky?! Hy steek die vuur aan... |
Middelseun sit voor langs my. Hy kan baie snaaks wees, en mense baie goed na-aap. Maar hy kan ook die res van die kinders redelik in die rooi rev. Daarom sit hy nou voor op hierdie stadium- hy sê ook hy word karsiek wanneer dit hom pas.
En die bestuurder?
Pa: Derek... |
Ek het vir my dogter belowe ek sal 'n mooi foto opsit van haar- ek het niks gesê van die ou een afhaal nie...
Ousus: op pad vir aandjie uit... |
Na 'n ewigheid het die robot groen geword, en kon ons verder gaan op ons heerlike reis na die koue van Bethlehem, en die warmte van ons goeie vriende se harte en huis toe...
No comments:
Post a Comment
En jy daar, wat sê jy?