Na twee wonderlike dae moes daar nou waaragtag so een soos dié ook wees. Hierdie dag het ek nie geniet nie. Dit het mooi begin, maar verby plekke met name soos Toxico gegaan, waar industriële goeters was. Maar selfs in die lelike dae was daar tog baie mooi oomblikke gewees- nog 'n belangrike lessie in die lewe. Hou jou oë elke dag oop vir iets om voor dankbaar te wees, jy sal dit vind... Het ek ooit gesê dat dit hierdie dag gereën het, en dat ek 'n poncho haat met 'n passie? Ek kan nogal baie vinnig verstrik voel, en daai ding wurg my die hele tyd!
Uit Portomarin uit stap mens oor 'n baie hoë ysterbruggie, wat vreeslik onder mens se voete rumoer- vroegoggend foto.
Vir 'n paar kilometer opdraande al langs die teerpad, langs die fabrieke verby- hierdie foto is vir 'n slag terugwaarts geneem, iets wat ek nie dikwels doen nie...
Daar was wel mooi stukke: sulke kuierplekkies langs die pad help nogal as jy 'n brood en kaas in jou rugsak het, en ietsie wil maak vir die pad. Of net die rugsak vir 'n rukkie afhaal en asem haal.
Op hierdie reënerige dag was dit dalk beter om soos 'n hond behandel te word...
Dis interessant hoe Spaanse honde 'n mens uitlos langs die pad. Maar dan het hulle ook nie Maltese poedels of ander lelike genetiese ongelukke soos mini dobermans nie!
Daar was ook mooi stukke om op te maak vir die lelike stukke:
Met mooi ou bome vir al julle treehuggers!
Daar was weer verdwaalde dorpies en plaasopstalle- hier loop 'n mens sommer gereeld tussen 'n boer se huis en sy skuur deur.
Ons, wat ons rugsakke self gedra het vir verder as die minimum, het soms gebrom oor die luukse toeriste, wat wel die roete stap, maar met 'n luukse bus wat hulle bagasie dra, en dan bly hulle net in luukse hotelle, luuks in hierdie konteks betekenende in sy eie kamer met sy eie badkamer. Was dit jaloesie? Nee, ek sou nie hierdie reis so wou aanpak nie. Die swaarkry vorm en brei 'n mens. John Brierley waarsku in sy gids dat 'n mens nooit 'n ander pelgrim moet veroordeel nie, elkeen het sy eie omstandighede en sy eie behoeftes. Ek respekteer dit. Maar as 'n mens in die reën verby so 'n bus stap, is dit darem baie lekker om hier in jou baard te loop en brom...
Daardie aand, na so 'n lang dag se ontberinge, het 'n mens baie om te gaan bely in die plaaslike kerk. Ek het toe nooit 'n koninklike paleis gesien in Palas del Rei nie?
Langs die pad het die eienaar van Albergue Meson de Benito by my gestop, en 'n pamfletjie van sy akkommodasie in my hand gestop. Ek het daar gaan bly, en dit was heel lekker. Lang, nat 25 km dag. Ook suksesvol voltooi- die moeilike dae gaan ook tree vir tree verby.

No comments:
Post a Comment
En jy daar, wat sê jy?