Ek en my gesin kyk in die aande met presies dieselfde vlakke van toewyding na die Paralimpiese spele in Londen. Dikwels het ons 'n traan in die oog en 'n knop in die keel.
Dit is aangrypend mooi hoe mense wat al baie seergekry het, of anders as ons gewone mense gebore is, hulle lewens nog steeds voluit aanpak. Om met daardie stukkende liggame met soveel entoesiasme vir jare lank te oefen, om steeds die heel beste te kan wees wat hulle kan wees- hulle droom ook oor Olimpiese Goud! En hulle elkeen verdien dit. Hulle het ons onverdunde ondersteuning- hulle is die ware kampioene in die lewenswedloop!
Vroulief merk nou die dag op- die gees van sportmanskap is baie mooier hier as in die ware Olimpiese spele. Hier is die atlete nie so vol van hulleself nie- hier is baie meer medelye en empatie met jou mededingers.
No comments:
Post a Comment
En jy daar, wat sê jy?