|
Houtbaai- 25 Februarie 2011 om 12 uur
|
Wanneer die Atlantiese oseaan se koue water lank genoeg deur die Suid-Ooster deurmekaar geroer word, daar by die Kaap van storms, wanneer die nimmer-eindigende deining die horison verswelg, wanneer die visserskuit se ruim nie meer kan vat nie, wanneer die verlange na huis en haar te veel word, dan is dit tyd om hawe toe terug te keer. Om vas te meer teen die kaai, om weer op terra firma voetspore in die sand te los.
Daar is 'n tyd vir storms, en daar is 'n tyd vir rus. Daar is 'n tyd om te huil, en 'n tyd om te lag.
Here, ontmoet my in die storm. Bestuur my skippie na 'n veilige hawe. Of leer my om op water te loop. Here, wees U...
Nee, ek is nie suicidal nie! Kyk na die datum en die tyd van die foto...
ReplyDeleteVaste Rots op Wie ek bou, een op wie ek kan vertrou...