Amper 18 jaar gelede het ek hierdie jong man gedoop, en belowe om Hom groot te maak met die Here se liefde.
Ek het baie foute langs die pad gemaak. EK was nie altyd 'n goeie voorbeeld vir hom nie.
Elke dag was daar maar baie genade nodig.
Maar vanoggend het hy opgestaan voor die hele gemeente en sy geloof bely. Vir baie mense is dit onsin, en nog meer verstaan dit glad nie meer nie. In ons gemeente is daar geen druk op 'n kind om dit te doen nie, en ons doen dit ook nie in groepe nie. Na al die jare van sondagskool en by die ouerhuis van die Here se liefde leer, gee ons hulle die verantwoordelikheid. Party kom nooit terug om te kom sê dat hulle die Here liefhet nie. Ons plaas geen druk op hulle nie. Wanneer hulle gereed is, kom sê hulle dit in hulle eie woorde; Ek is lief vir Jesus. Ek wil graag deel van sy kerk wees, en 'n verskil help maak in die wêreld rondom my. (Ek gaan ook nie in allerhande argumente hieroor betrokke raak nie. Hier baklei ek met niemand oor teologiese/ godsdienstige/ ateïstiese verskille nie...)
Dit was vir my as pa baie kosbaar toe my seun vandag, in sy eie woorde, gesê het wat in sy hart leef.
Vandag was daar vir my genoeg rede om fees te vier. Ons gesin het 'n heerlike braai saam gehad, met rumpsteaks op die Weber, medium rare met 'n sampioensous.
Maar vir Bernard was die mooiste van die dag maar steeds "die besondere mense in sy lewe" of te wel:
Die jong man het BAIE goeie smaak in die lewe...