Ek soek vanoggend iets in my studeerkamer, en kom af op twee CD's van Photolab, wat nog saam met 35 mm filmontwikkeling gescan is van 2002 en 2003...
Hierin kom ek weer af op Bernard se eerste dag in Graad 1:
.
Dit was nog so groot dag vir ons, veral vir sy ma...
En dan is dit so moeilik om te dink hoe vinnig die tyd met ons vlieg! 11 jaar later- die leiers van Hoërskool Nylstroom word aangewys...
En van hierdie mannetjie
.
Het dit geword...
Ek skryf hierdie nie om te spog nie...
Saam met ons, verlede week, was die voorsitter van ons skool se Beheerliggaam, Louwrens van Aswegen, omdat sy dogter ook op die VLR gekies is. Die volgende dag is hy geopereer, want kanker is by hom gediagnoseer. Die vorige Woensdagaand het ons nog saam in 'n vergadering gesit, en niks geweet nie. Donderdag is die kanker gediagnoseer. Dis more drie weke terug. Ons begrawe Louwrens vanmiddag...
'n Mens weet net nooit hoe lang tyd jy op aarde het nie. 'n Mens weet net nooit of jy ooit kans gaan kry om vir jou mense eendag tot siens te sê nie.
Hopelik oor baie jare, as my kinders dalk eendag hierna terugkyk, wil ek so graag hê hulle moet weet hoe trots ek op hulle elkeen is, en dat hulle my lewe elke dag baie, baie beter gemaak het. Al moan ek so oor die stukkende fietse en die weggeblxmde goeters...
Bernard, ek is trots op die man wat jy besig is om te word!