My vriende weet: die tweede naweek in Maart is ek altyd weg uit Nylstroom uit. Dan is dit tyd vir twee van die mees kosbare afsprake in my lewe. Die kleiner ene is om om Tafelberg met die fiets (trap) te gaan ry- so klein dingetjie genaamd die Argus, met sy 40 000 ryers, die Suid-Ooster ens. Maar die groter afspraak is met my vriend Marthinus en sy familie in Melkbosstrand- kosbare mense in my lewe. Dit kan dalk ook soms gebeur dat 'n bottel KWV 5 jaar oud per ongeluk sy *** sien, maar dis ook weer 'n ander storie.
Een van die liefdes wat ek en Marthinus deel, behels twee wiele en 'n enjin. So gebeur dit een jaar dat my foon lui een sonnige dag in Februarie. Dis Marthinus. En hy sê as ek weet wat is goed vir my siel, dan sal ek sorg dat ek al die naweek voor die Argus by hom is. Nou kyk, as daar een mens in my lewe is wie se aanbevelings ek dadelik vat sonder om vrae te vra, is dit Marthinus Britz s'n- 'n wyse man, voorwaar!
Ter wille van my sondige siel sorg ek toe dat ek al die naweek voor die Argus by sy huis in Melkbosstrand inklok. Die saak staan nou so: Marthinus en 'n paar vriende het 'n verjaardagklub gehad. Elke maand betaal elkeen so iets in. En as dit jou verjaarsdag is, dan maak hulle een van jou drome waar, solank dit nou nie Pamela Anderson of so iemand behels nie...
Marthinus se vriende het vir hom gehuur: 'n Haley Davidson Electra Glide- die oumeneer van die HArley's.
So ry ons na Kaapstad se middestad toe, en gaan boek die Harley uit. So 'n vormpie word ook geteken dat as jy hom beskadig, gaan dit jou R10 000 kos. Marthinus teken braaf, daarna trek hy en Elna weg met die Harley, en ek agterna in sy Tiburon (die dae voor hy BMW kon bekostig!)
Nou ja, om uit die familie uit te praat- daardie eerste draai om die eilandjie was amper rampspoedig. Want Marthinus sit hom netjies, versigtig op sy kant neer. Ek lag niks nie- ek belowe. Hardloop om hom te gaan help.
Die Saterdagoggend was pret. Die Suid-ooster het so liggies gewaai, nie te kwaai nie. Marthinus en Elna is op die Harley, ek in die Tiburon, en ons gaan Hermanus toe. Maar die ou windjie waai. Marthinus spook maar met die fiets. En ek sit lekker in die Tiburon, musiek kliphard. Lekker geëet in Hermanus, terug Melkbos toe. Daardie middag het die vriende wat help betaal het, ook kom saamspeel.
Sondag moes Marthinus preek. Maar ek was nie in sy diens nie! Een van my drome het toe ook waar geword. Lucy Jordan se ballade het mos gesê dat sy toe nooit deur Parys met 'n sportmotor gery het, met die wind in haar hare nie. Wel, ek het toe deur Kampsbaai se hoofstraat met die grootste Harley gery, geparkeer voor 'n koffieshop, en met so lekker windgat houding daar ingestap, asof die plek aan my behoort. Een ding van die Bucket List af!
Twee goedjies wat ek graag wil noem- kyk daardie helmet op die foto. Marthinus vat seker 'n Medium helmet. Ek het 'n XXL nodig. Ek moes my bakore so netjies opvou en probeer indruk. Toe die helmet met 'n tienpondhamer slaan om op my kop te pas. En dadelik hoofpyn gekry soos die ding my druk. Maar vir sekere sake is ek bereid om te ly! Drome waar maak is een van hulle.
Tweede ding: ek verstaan toe hoekom die Harley so maklik gaan lê het in die eerste draai. Die blêrrie ding weeg seker 'n halwe ton! En in die verkeer bestuur hy amper soos 'n Olifant tenk. Dis verseker nie 'n fiets wat ek sal koop om mee te "commute" nie! Maar daardie "potato-potato" klank, en die bleek outjies in hulle Merc's en Shitty Golfs se gesigsuitdrukking maak die intimidasie faktor so heerlik macho!
Ten spyte van die gewig was dit baie, baie lekker om Chapman's Peak se draaie te gaan vat met hom. En ja, hy pas in by Kampsbaai se hoofstraat (-strand!) Image het hy verseker.
So het Marthinus een van my drome waar gemaak. Thanks Pal! Wat nou van Route 66 in Amerika met twee sulke menere? (Onttrekkings by Nedbank met balaklavas en ons 9 mils sal seker dit kan finansier?)
'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!
Friday, July 16, 2010
Sunday, July 11, 2010
Met 'n rugsak reis jy op die "road less travelled"
Kan ek een ding van my hart af kry? Ek kry verskriklik swaar op 'n staptoer, my hele lewe lank al. Daar is iets aan 'n rugsak wat my doodmoeg maak. En al is ek hoe fietsryfiks, hierdie is 'n ander tipe fiks wat ek net nie bemeester nie.
Maar net so moeilik as wat dit is, so is daar iets wat my van kleins af trek rondom 'n rugsak, 'n blou gasstofie, en 'n pad waar my kar nie kan ry nie. Ek dink dit het al in Standerd 4 begin, toe ons met die Voortrekkers by Graskop Veldskool was. Ek het in Standerd 8 die Fanie Botha gestap saam met 'n paar vriende. EK het die Holkrans wandelpad op Lisa van Niekerk se plaas twee maal gestap- bestaan hy nog? Die Blyderiviers saam met Annelie toe ons nog net uitgegaan het. (FAmilie was bang ons gaan saam stout wees, maar ons was te moeg om daaraan te dink!)
Op Universiteit was ek saam met die Stapklub in die Drakensberge, tot bo- op Mount Aux Sources. Ek het in my eerste gemeente 'n staptoer gereël daar bokant Pelgrimsrust. EN in Nylstroom-Oos gemeente het my vorige kollega begin met die ding om die belydenisklas Drakensberge toe te neem. Ek was een keer saam na Cathedral Peak toe, maar dit was 'n baie erge ervaring, veral met hulle gewoonte om een nag 12 uur kamp op te slaan en na die piek toe te klim met rugsakke en al.
Vandat Lukas na Outjo toe terug beroep is, het ek drie keer die Belydenisklas na Monk's Cowl, daar net langs Champagne Castle hotel toe geneem, nou so onlangs as 5-9 Julie 2010 weer. En dit bly steeds lekker, al is my bene steeds seer soos ek hier sit en skryf! My rugsak was alweer anderkant 20 kg, en met my onfikse lyf was dit erg om hom na bo te sleep, veral daar teen die kant van die Sfinks uit. Maar om die tent in die rivierlopie op te slaan, die heerlike soet water daar bo te drink waar geen mens dit nog kon besoedel nie, en die sterre te sien waar geen elektriese lig hulle glans steel nie- dit bly die lewe!
Ek het die voorreg gehad om my dogter hierdie jaar saam te neem. En ek is baie trots op haar. Sy is nou nie heeltemal die grootste aanhanger van kampeer nie, en hierdie was haar eerste ervaring van 'n rugsak, en om 6 km van die naaste toilet af te wees. En tog het sy dit baie goed gevat, selfs haar 17e verjaarsdag opgeoffer om dit saam met haar pa te doen.
Die lekker van stap met 'n rugsak is om weg te kom van beskawing. Weg van televisie en internet, weg van brandstofrekeninge en geraas. Om weer vir 'n slag op jou rug te kan lê in die winterson, en te kyk hoe 'n arend hoog bo die bergpieke sweef- dit maak die lewe weer die moeite werd.
Die groot droom begin opbou- Die Camino de Santiago in Spanje, maar dis 'n ander storie.
Saturday, July 3, 2010
Reis soms buite die gemaksone...
Om op reis te wees, is nie altyd maklik nie. EK hou baie van my eie bed. Ek geniet dit as die stort 3 m weg is, en die naaste toilet nie verder as 10 m nie.
Maar van kleins af was daar ook 'n ander stem wat soms diep in die nag fluister. Daardie stem van die natuur, om te gaan waar my kar nie kan loop nie. Om onder die sterretjies te slaap. Om nie te bad nie, water uit die rivier te drink. Terug na die basiese ding van menswees.
Die een goeie ding wat ek by my vorige kollega geërf het, is die belydenisklas- daardie jong manne en dames in Graad 11, wat gereed maak om die grootmenswêreld self aan te durf. En Sondag na Sondag sien ek of my vriend Danie hulle na kerk. Sondag na Sondag het ons 40 minute om hulle rustig te kry, om die gejaag van die normale lewe stil te kry, en ietsie van 'n Hemelse Vader se liefde met hulle te deel. Amper onmoontlik. Maar in die Julievakansie kry ons die geleentheid van 'n leeftyd. Die goeie tradisie is dat ons almal wat kan, saamneem na die Drakensberge toe. Hoekom in Julie? Want ons is bang vir die weerligseisoen! Hoekom die Drakensberge? Want dit is 'n baie spesiale plek om die Here te ontmoet. 'n Plek waar jy nie anders kan as om stil te word, en oorweldig te word deur die grootheid van die mooi nie.
Voorheen was ons by Cathedral Peak- en dit lyk mos regtig mooier as enige katedraal! Deesdae gaan ons by Monk's Cowl- net veiliger, en net so mooi. Ons slaap die eerste aand onder, soos julle my op die foto kan sien. 'n Mens klim mos nie in daai tentjie in nie, jy trek hom aan! In elk geval, hier lyk ek op my mooiste, net voor alles in die rugsak kom. Dan klim ons teen eie pas op tot bo by Blindman's Corner. 'n Gepaste plek om outjies heen te vat, sodat hulle oë kan oopgaan...
Maandag 5 Julie sal my amptelike derde toer wees wat ek gereël het. Ek gaan weer self die Kinderhuis se bus bestuur. Ek gaan baie moeg wees as ons daar aankom! Die volgende dag gaan ek my onfikse bas teen die berg opsleep, en probeer om nie te lyk asof Saffas my enige oomblik gaan kom haal nie. Bo gaan ons kamp opslaan, kos maak, en dan net.... WEES!!! Ons gaan stil wees, ons gaan mens wees, ons gaan DAAR wees... Wat gaan ons doen? Ek weet nie regtig nie. EK gee ook nie om nie. EK het nie hierdie jaar 'n gedrukte program nie. In ons stil wees vertrou ek dat ons die sagte fluistering van die Heilige Gees, en die lied van die wind, en die teenwoordigheid van die berg sal beleef.
Vrydag 9 Julie sal ons waarskynlik, DV, teen sononder weer by die huis aankom. Ons sal warm kos eet, warm bad, skoon klere aantrek, en in 'n warm bed klim. Die jonge manne en dames gaan hopelik 'n nuwe waardering vir hulle Hemelse Vader, vir hulle eie huise, ouers, kos, menswees hê. Ek vertrou dat dit vir my net so blywend gaan aanraak- 'n nuwe stuk dankbaarheid gaan losmaak, net om weer te kan WEES...

Subscribe to:
Posts (Atom)