Die ander reisgenote langs die pad. Nee, die geel ene is nie my seun nie.
Anja, Bernard, Ewald en Stephan.
Groot vreugde, groot trane, groot bekommernis, groot uitgawe, groot hoop, groot toekoms!
Dis tog waaroor die lewe gaan!
'n Mens kry een geleentheid om te lewe- vier dit!
Thursday, May 27, 2010
Die wonderlikste reisgenoot wat ek ooit kon kry!
Soos ek ouer word, besef ek net meer en meer dat die dinge wat die lewe die moeite werd maak, nie met geld gekoop kan word nie. Ek bevestig deesdae baie paartjies in die huwelik. En ek sit soms ure saam met mense wat die seer van stukkende verhoudings beleef. 'n Wonderlike huwelik is nie vanselfsprekend nie! Daarom is ek so dankbaar vir my heel naaste! In Annelie se arms wil ek eendag doodgaan (dit wil nou sê as die plan om op 96 per ongeluk met die Harley te val, nie uitwerk nie!) Haar liefde is 'n baie stewige fondament in my lewe. Na 20 jaar se getroude lewe is ek nog steeds verlief op haar! Haar humorsin, haar wysheid, haar menswees maak die lewe vir my die moeite werd.
Hierdie foto was Stephan se heel eerste een in 2006, toe hy maar 6 was! Geneem op ons Kaapse gesinsvakansie in Kaapstad se Waterfront
Friday, May 21, 2010
Ek, Ewald
My lewensreis het begin op 1 Februarie 1967 in Pretoria. Ek is nog steeds besig om elke dag te reis die onbekende in. Ek het hierdie een lewe gekry, om daarmee te maak die beste wat ek kan. Ek weet nie wat my telling sou wees as daar 'n eksamen moes wees oor die sukses van 'n mens se lewe nie.
Al lees niemand hierdie ooit nie, wil ek my blog graag gebruik om my eie padkaart te vind, soms te verwoord wat ek ervaar. Ek wil geleentheid hê om maar lekker deurmekaar te wees, soos ek is. En as daar vriende later sou aansluit, baie welkom vir julle.
Al lees niemand hierdie ooit nie, wil ek my blog graag gebruik om my eie padkaart te vind, soms te verwoord wat ek ervaar. Ek wil geleentheid hê om maar lekker deurmekaar te wees, soos ek is. En as daar vriende later sou aansluit, baie welkom vir julle.
Subscribe to:
Posts (Atom)